Minstens 7 vas oor Meyerton-betogings

'n Betoging het op Dinsdag (19 Julie 2016) in Meyerton uitgebreek. Foto: Twitter via @Philly24492571

‘n Betoging het op Dinsdag (19 Julie 2016) in Meyerton uitgebreek. Foto: Twitter via @Philly24492571

Minstens sewe mense is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn betoging oor dienslewering in Meyerton in die Midvaal, suid van Johannesburg, gewelddadig geraak het.

Kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie, het Vrydagmiddag gesê polisiebeamptes kon daarin slaag om die situasie grootliks in bedwang te bring, hoewel daar steeds sporadiese onderonsies tussen polisiebeamptes en betogers was.

“Tot dusver is sewe mense in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld, maar ons volg tans verskeie ander gevalle op en neem hulle ook in hegtenis,” het hy gesê. “Daar is nog steeds mense wat in die gebied saamdrom en die polisie jaag hulle uiteen. Ons is besig om te wen.”

Funda het gesê die polisie gebruik traangas om die betogers uitmekaar te jaag. Hy het berigte op sosiale media ontken dat voertuie met klippe bestook is, dat joernaliste se toerusting afgeneem en gebreek is en dat verslaggewers met klippe gegooi is. Daar is ook nie Vrydag nog sake van opsetlike saakbeskadiging aanhangig gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van die Sicelo Shiceka- informele nedersetting betoog sedert Dinsdag oor ʼn tekort aan huise, water en sanitasiegeriewe. Hoewel die betoging skynbaar Donderdagaand tot ʼn einde gekom het, het die geweld weer Vrydagoggend opgevlam nadat betogers die R59 met brandende bande en klippe afgesper het.

Inwoners was ook ontevrede omdat die burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, Bongani Baloyi, nie Vrydag opgedaag het om terugvoer te gee rakende die kwessies waaroor hulle ontevrede is nie.

Midvaal is die enigste munisipaliteit in Gauteng wat deur die Demokratiese Alliansie (DA) bestuur word.

Lees alle vorige berigte oor die Meyerton-betogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karin ·

Alles propaganda teen ñ stadsraad wat werk! Enigste skoon dorp in die Vaal en boonop sonder potholes.

johann cb ·

Wat gaan nou met die sewe gebeur? Gaan dit die opstote stop? Gaan hulle gedwing word om vir die skade te betaal?!

pieter ·

Kry die ouens wat dit gereel het en laat hulle betaal en boet anders moet ons belasting betalers weer opdok

Frans ·

Jule speel seke die mense het die reg om te verniel hule word so groot gemaak

CR ·

Ja, ander politieke partye probeer Midvaal onregeerbaar maak want dis die enigte munisiplaiteit wat werk. Meyerton het GEEN slaggate, met die stakings het die kontrakteurs in die nag ons vullis verwyder. Water en erf belasting is billik. Als is mooi skoon en die verkeers department is van top gehalte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.