Modelbaas hoor sy lot

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Uitspraak is Woensdag gelewer in die saak van Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat teregstaan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit.

Regter Cassim Moosa het De Villiers skuldig bevind aan verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking, bedrog, die wys van pornografie aan kinders en toegang tot kinderpornografie.

Die staat het ná De Villiers se skuldigbevinding versoek dat sy borgtog teruggetrek word. Regter Moosa het nietemin sy borgtog verleng, maar die borgtogbedrag met R5 000 verhoog tot R15 000. Hy moet ook nou vyf keer per week by sy naaste polisiestasie rapporteer.

De Villiers het op 38 aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog tereg gestaan. Hy is op 32 van die aanklagtes skuldig bevind.

Die saak is tot 8 Maart uitgestel vir vonnisoplegging.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Christa ·

Ons regstelsel is die grootste grap!!! Hy is skuldigbevind op 32 van 38 aanklagte maar is steeds op borgtog totdat hy gevonnis word!!

henry ·

Geen tronk straf nie…? Hoe is dit moontlik…? Hy gaan aan met sy lewe en rapporteer net man-vry dag by die polisie! Dit kan mos nie wees nie..

henry ·

Skuus… Sien hy moet nog eers gevonnis word! Hoop hy kry n stewige vonnis

Annie ·

Ek dink dit is tyd dat borg nie meer toegestaan word nie. Dan kan die klomp siek kriminele/pedofiele/ verkragters/ hi jackers mekaar besighou

Oom Johan Willemse ·

Pdofiele moet geen genade kry nie. Lewenslank (nou glo 20 jaar) op elk van die klagtes, opeenvolgend uitgedien. Die grap van vonnisse wat gelyklopend uitgedien word is om ‘n spoterny van die regsproses te maak. As hy vir vyf klagtes gelyklopend 20 jaar elk kry, is dit in effek net 20 jaar ipv 100 jaar. Dan kry hy afslag vir goeie gedrag en sulke dinge; na vier jaar begin hy voor. Ons soek nie sulke mense in die samelewing nie.

jaco ·

En jy moet byvoeg hy kom “kragdadig” in die tronk tot bekering. Maar wag tot hy vrygelaat word…

Justice ·

Ek dink dat de Villiers self verbaas was oor die borg. Sy oornag tassie was al klaar gepak en langs hom op die bank.

Alida ·

En wat verhinder die gemors om aan te gaan totdat hy gevonnis word. Borg is n joke.

Andre ·

DOODSTRAF!

Hoekom moet ons wat tax betaal vir sy tronk geriewwe betaal. Betaal eerder elektrisiteit vir die stoel…

M ·

Sommer n Laaaaangngngn vonnis asb – ons het genoeg gehad van verkragtings en alles wat daarmee saam gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.