Molesteerder het met kinders ‘gestoei’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat drie jong boeties, wat nou volwassenes is, gemolesteer het, is Vrydag skuldig bevind op vyf aanklagte van onsedelike aanranding.

Die winkelier Maximiono Sontana (58) het in die hof vir seksuele oortredings in Parow in die Wes-Kaap voor landdros Elsa van Zyl verskyn.

Van Zyl het gesê die slagoffers ondergaan tans sielkundige behandeling weens die voorvalle.

Die die boeties uiteindelik hul ma vertel het wat ongeveer 20 jaar gelede met hulle gebeur het, het hul ma Sontana via ʼn SMS-boodskap in kennis gestel dat sy bewus is van sy oortreding. Sontana het skuld ontken op die aanklag. Hy het egter ingestem om die mediese rekeninge te betaal.

Daar is bewyse dat Sontana en sy vrou hegte bande gehad het met die seuns se ouers. Toe Sontana se vrou hom oor die voorvalle konfronteer, het hy verduidelik hy het met die seuns op ʼn bed gestoei, en hy het dalk in die proses onwetend onbehoorlik aan die kinders geraak.

Die landdros het gesê ʼn siviele saak is in die hooggeregshof hangend teen Sontana. Sy het die beskuldigde se bewering, dat die kriminele klagte gelê is om die siviele eis te ondersteun, verwerp. Sy het bevind dat die slagoffers die waarheid vertel het toe hulle getuig het, en het daarom Sontana se skuldontkenning verwerp.

Dit is algemeen dat die hof ʼn beskuldigde persoon se borgtog kan terugtrek, wanneer hy of sy skuldig bevind word. Sontana is vroeër vrygelaat op ʼn waarskuwing, en sy prokureur, Reuben Liddel, het gesê dit is nie in die belang van geregtigheid om hom nou in aanhouding te hou nie.

Op versoek van die verdediging is Sontana weer op ʼn waarskuwing vrygelaat. Hy moet op 6 Mei weer in die hof verskyn vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Dit is skandelik dat ‘n volwasene hom op minderjariges af forseer. Wat se regdenkende sal dit doen?

HEVW ·

Die gebeure het 20 jaar terug gebeur en hul was moontlik so 10 jaar oud. Is moontlik nou 30 jaar en daar word van hul gepraat as drie boeties. Daar moet seker nou gepraat word van die drie broers.

Peet J ·

Die voorval het 20 jaar gelede plaasgevind en die broers kry nou eers sielkundige behandeling wonder of die behandeling betrekking op die voorval het daar kon baie ander dinge gedurende die 20 jaar gebeur het. ‘n Siviele saak sal beslis beter daaraan toe wees sou die kriminele saak slaag .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.