Motorwasser afgedank ná vrou sterf

Belinda Louw. Foto: Facebook via ILovPix

Belinda Louw. Foto: Facebook via ILovPix

Die werknemer wat die motor bestuur het toe dit Belinda Louw by die Sasol-motorwassery in Gezina, Pretoria, getref het, is afgedank.

Eduan Van As, bestuurder van die vulstasie, het aan Maroela Media gesê die werker het Maandag voor ʼn dissiplinêre tugverhoor verskyn en is met onmiddellike inwerkingtreding afgedank. “Daar was nie regtig veel anders wat ons kon doen nie. Dit is ʼn verskriklike tragedie wat gebeur het,” het Van As gesê.

Louw is Sondagnag dood nadat sy ná die voorval op 13 Augustus met kritieke beserings in die hospitaal opgeneem is. Sy het ook voor haar dood haar ongebore baba verloor. Sy was 38 weke swanger.

Kapt. Coba Britz, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die polisie gaan steeds voort met hul ondersoek in die saak van strafbare manslag. Sy het gesê die polisie het ʼn waarskuwingsverklaring by die bestuurder van die voertuig afgeneem en dat hy deurentyd sy volle samewerking aan die polisie gee met hul ondersoek.

“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die dossier aan die hof voorgelê word wat sal besluit of iemand vervolg sal word al dan nie,” het sy gesê.

Corne Hitge, Louw se verloofde, kon nie vir kommentaar bereik word nie. Lindi Calitz, ’n vriendin van Louw, het op Facebook hulde gebring. “Met ʼn baie swaar hart sê ek vandag totsiens aan my maatjie van die afgelope 28 jaar. Wat ʼn voorreg was dit nie om jou as vriendin te kon hê nie! So dankbaar dat ek jou aansteeklike lag vir ʼn laaste keer kon vasvang. Sal dit vir altyd koester. Rus sag, liefste Belinda xxx.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Theresa ·

Eerste stap in die regte rigting. Maar daar sal beslis meer hiervan moet kom. Twee onskuldige mense het hul lewens verloor. So vreeslik jammer vir die gesin en familie.

Pieter B ·

Split gedeelte van ‘n sekond wat jy ‘n verkeerde besluit vat!! Glo die man het ook berou nadat hy die verkeerde besluit van sy lewe geneem het,Twee onskuldige mense wat die reg op lewe verloor het sterkte aan haar familie, vriende en spesiale vriend jou lewe het in ‘n oogwink verander!!!

Rene ·

Hierdie is ongelooflik hartseer en n baie duidelike les uit te leer.
Motors word my karwasserye gelos en dan gaan die eienaar van die voertuig rustig voort met inkopies. Die voertuig moet beweeg van punt A tot B tot C.
Meeste werkers by so n besigheid is minimale loon met geen bestuurslisensies nie, indien wel het, is hul nie geoefen met met alle soorte voertuie met verskillende perdekrag te bestuur nie.

Dit is n les vir almal hieruit te leer.
Baie slegte les

Adeline ·

Ek hoop die volgende stap na sy afdanking is om hom tronk toe te stuur. Twee mense se lewens is tragies kortgeknip deur sy toedoen.

m ·

Hierdie is n verskriklike tragedie wat gebeur het. Sterkte aan die familie . Julle het baie om te verwerk………

Kiepie ·

Ek sou die reg sy gang laat gaan wat die manslag aanklagte betref maar ek sou beslis ook ‘n siviele eis teen te eienaar van die motorwassery ingestel het.

Ekke ·

Nes jy daar se, dis dinne wat elke dag gebeur het en hy as eienaar moes geweet het daarvan, ten to one dalk nog vir die werker gese het om die voertye te skuif.

Marianne ·

AFGEDANK?????? REGTIG?????
Nie veel meer wat gedoen kon word nie?????
Ek hoop die SAPS weet waar hy is en suite hom op!
Nee hemel watse geregtigheid is dit???
Gaan Sasol tenminste vir die hospitalisadie en begrafnis betaal????

charlene ·

Petro. Voor jy iemand in diens neem moet jy weet wat hulle kan doen en nie kan doen nie. Sasol het verseker geweet die ou kan nie bestuur nie – As dit iemand van jou was, kan ek jou belowe jy sou anders gevoel het!! Sasol kan ook maar bietjie hand bysit met die reelings en om die familie te ondersteun maar nee duidelik voel hulle minder as niks.

Ronell ·

Waar was die toesig wat moes keer dat ongemagtige personeel kliente se voertuie wederegtelik bestuur. BRAND DAARDIE WASSERY SE AGTERENTE AF. EK SAL HULLE RY TOT BY OOM DAANTJIE IN DIE KALWERHOK..

Sydney ·

Nou word die werknemer gefire, wat gaan gebeur met die toesighouer,besigheids bestuurder asook die eienaar van die kar wassery. Ja ek weet dit gaan die die mense nie terug bring nie. Maar die bogenoemdes moet ook boet dat hulle toelaat dat werknemers na goed denke voertuie skuif om plek te maak vir n ander voertuig. Gaan mos oor produksie en geld……. My gebede is saam met die families wat agter gelaat word

joanned ·

Waar kry die wasser die sleutels. Hou die bestuurder dit nie self veilig nie. So as die sleutels in die kar gelos is kan enige iemand dit kar vat en weg ry. Hy moet ook verantwoodlikheid vat hy nie onskuldig nie

thelsa ·

Die Bestuurder van die motorwassery is net so nalatig gewees deur die werknemer toe te laat om ‘n kliënt se motor te bestuur. Hoe kan hy (wat self skuldig is) ‘n tugverhoor hou teen een van sy personeel wat met ‘sy medewete’ opgetree het. Nou’s hy leliewit, met rein handjies.

WICUS ·

EN NOU GAAN DIT UITKOM DAT HY DIE ENIGSTE BROODWINNER IS …….. HOU DOP

Karma ·

@Wicus, ja dit mag nou so uitkom – “and what about it?”. Ten minste het die man (ek neem maar net aan dit is ‘n man) GEWERK en nie nutteloos rondgelê by die huis of in die strate nie. Wat gebeur nou? Die man is gebrandmerk as “daardie man wat daai vrou doodgery het”, hy het sy werk en inkomste verloor. Werk is so skaars – wat is die direkte gevolg? Miskien wend hy hom (soos baie ander) tot misdaad as hy nie weer werk kan kry a.g.v. sy “history” nie. A happy and fair ending? Nee, glad nie – nie vir hierdie man nie, nie vir me. Louw en haar babatjie, of haar familie, vriende en verloofde nie.

Dit was ‘n tragiese ONGELUK en twee mense is dood, maar ek dink die eienaar of bestuurder van die motorwassery moet ook aanspreeklik gehou word. Hulle moet toestien dat hul werkers instruksies uitvoer en verseker dat kliënte se voertuie met sorg heen-en-weer geskuif word ens. ens. Innige simpatie aan me. Louw se verloofde, vriende en familie.

Leeutjie ·

Ek stem 100% saam Karma. Dis ‘n tragiese ongeluk en niemand baat regtig hierby nie. ‘n Ma en baba is dood en ‘n ander gesin se pa is nou werkloos! Ongelukke gebeur en kindertjies word in hulle ouers se erwe doodgery! Om hierdie man te kruisig gaan ons geensins laat beter voel nie!

wonder ·

Ek dink nie mense wat n kar was plek het besef die implikasies indien n werknemer die voertuie bestuur nie, soos die geval is mense se lewens geneem, baie kere stamp hulle jou voertuig of krap dit. Baie mense los hulle voertuig by so karwas plek en gaan doen hulle inkopies, ek woon ook in dieselfde omgewing, en het by ‘n gewilde inkopiesentrum my voertuig ook laat was, maar ek het gevra of hulle die nodige versekering gehad het indien iemand my voertuig so bestuur, ek was so sleg behandel omdat ek dit gevra het. Mense besef nie die risiko om jou voertuig net te los nie, die voertuig is dan nie meer onder jou toesig en beheer, as jy gaan inkopies doen nie, Sjoe dis n tawwe een, my innige meegevoel met die gesin.

Sinies ·

En 2 jaar verder ontvang haar verloofde ‘n brief van die hof om hom mee te deel “Case closed perpetrator/s unknown”

Wonder ·

Vergeet om te vra! Hoe weet n eienaar dat sy werknemers nie die voertuie bestuur nie, hulle ry dit rond, want party voertuie word daar gelos, sodat die sitplekke en alles gewas kan word. Ek glo die wergewer is bewus daarvan.

Karma ·

@Wonder – vergeet om wat te vra? (Jou eerste sin: wie het wat vergeet om vir wie te vra?).

Lizelda Janse van Rensburg ·

Hierdie is sekerlik een van die mees hartseerste berigte wat ek nog gelees het. Ek kan nie glo hoe n mens dit aan n ander kan doen nie. (jammer ek kan nie sien hoe dit perongeluk gebeur het nie) Dit kon nie n ligte stampie gewees het nie wat se hy het VOET in die hoek gesit. Al wat my bietjie beter laat voel is mamma en baba is saam. Baie baie sterkte aan die familie en vriende. Ek glo nie enige woorde bestaan om hierdie mense troos te gee nie…

Elsa Parkes ·

Gaan n lang ruk neem voor iets met hom gebeur My skoonseun is al 2 jasr oorlede agv n nie-blanke met n Tshwane Emergency Service bakkie wat voor skoonseun ingery het, Ek het al by speurder navraag gedoen die een is nog nie eers vervolg nie hul wag nog vir dokumentasie op leer En die judge sal besluit of hy skuldig is of nie

Sylvia ·

Dit was ‘n tragiese ongeluk en al my simpatie aan die naasbestaandes, geliefde en ook die goeie vriendin. Ek het ook jare gelede ‘n dierbare vriendin verloor en tot vandag toe kon niemand haar plek vervang nie. Hierdie was ‘n ongeluk en nie moord nie – al was dit baie onverantwoordelik. Maar ek verstom my altyd hoe mense om wraak roep.

Millie ·

Mag die Liewe Vader gee dat nie een van julle wat so hard met klippe gooi ooit in so situasie kom nie. Daai man het vir seker nie die oggend opgestaan en gedink vandag ry ek ‘n swanger vrou dood nie!! Jitte mense, regtig! Dit wat ‘n ONGELUK

Ronell ·

NEEE…. hy moes nooit toegelaat gewees het om die voertuig te bestuur nie. Daar was geen toesig nie…… hy en die eienaar van die besigheid is ewe skuldig. Dit is nie ‘n ongeluk nie. Hy het geweet hy het nie die toestemming of die kennis om die voertuig te bestuur nie en iemand moes hom gekeer het om dit wel te doen. Niemand kan nou net handjies in die lug gooi en se sorry nie. Waar was die toesig….??? ALBY PARTYE IS SKULDIG.

WitBlits ·

Twee waarnemings:

1) Voorval het op 13 Aug plaasgevind en die werknemer word nou eers afgedank – gruwe nalatigheid omdat die werknemer iets gedoen het waarvoor hy klaarblyklik nie gemagtig was nie is ‘n oortreding waar hy summier afgedank moes word binne ‘n dag of twee. Ek ruik ‘n rot en die wassery eienaar is dalk nie so onskuldig as wat voorgegee word nie!

2) SAPS ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en dit kan sommer summier in dubbele moord verander word, want geen redelike person sou aanhou ry en as hy nie gemagtig was om te bestuur nie moes hy voorsien het dat sy daad tot iemand se dood kon lei!

se maar net ·

Skuus maar ekt nie n goeie houding hieroor nie…die werknemer was ongemagtig om die voertuig te bestuur en tog het hy. So waar was die sleutels? Dit maak die werkgewer net so skuldig in die saak. Ek stem saam hy moes beslis weet sy mense bestuur die voertuie. Hierdie arme man moet langs die oop graf van die vrou en kind staan, nie sy kat of hond ni. Jammer maar as ons sap hul sout werd is moet werkgewer, werknemer beide vervolg word want nie net is lewens verloor nie maar defnitief hou hul ook nie by company policy dat werknemers nie kliente voertuie sal bestuur nie maar tog doen hul. Was dit my gesin wat gesterf het was die hel wragtag in 50 rigtings los!

josephine ·

so maklik om te oordeel. bid eerder vir die slagoffers,
. ook vir die oortreder. h

hy is ook n mens.

Clyvia ·

Dit is baie tragies. Ek voel net dat die eienaar van die Sasol motorwassery net so skuldig is. As ek my kar laat was moet ek die sleutels inhandig as ek nie in die kar sit en wag nie en dan skuif ‘n gemagtige persoon die voertuig soos nodig. Daar moet vir seker weer na hulle reëls gekyk word. Net jammer dit is te laat :-(

Clyvia ·

Jy is altyd vry om te kies, maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuse nie ………..

Niemand wil die man kruisig nie maar hy het ‘n besluit geneem om daardie voertuig te bestuur al het hy geweet hy mag nie. Nou moet hy ongelukkig die gevolge dra.

charlene ·

Strafbare manslag??? Dit was moord, dubble moord!!!!
Ek kan verstaan hoekom haar verloofde nie bereik kon word nie, hy wil seker met niemand praat nie. Stekte aan hom, aan haar familie en sy familie. Ek hoop die ou word van dubble moord aan gekla want 2 mense is vermoor!

poot ·

charlene
As jy iemand doodry…en dit was nie jou bedoeling nie. Sou jy wou aangekla word vir moord of strafbare manslag. Dink bietjie voor jy sommer jou vingers op die “keybord” slaan.

Andrea ·

Ag nee, Charlene, hierdie geval is tog sekerlik in n ander kategorie as moord? Dink jy regtig die werker het dit doelbewus gedoen? Alhoewel daar seker n vae moontlikheid is, dink ek eerder hy kan nie bestuur nie, maar was dalk te bang om dit aan die eienaar te noem. Ek het ook gelees dat dit n outomatiese voertuig was. Dit is eerder n baie, baie tragiese ongeluk en dalk nalatigheid van die wassery eienaar.

Heidi ·

Dis dubbele moord en nalatigheid vir die wassery se bestuurder. Defnitief nie net manslag nie.

poot ·

Heidi
Ek dink nie jy ken die Strafreg so lekker nie. Met moord moet opsetlikheid bewys kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.