Motsoeneng: ‘Ek laat wonderwerke gebeur’

Motsoeneng tydens die mediakonferensie. Foto: ANA

Motsoeneng tydens die mediakonferensie. Foto: ANA

Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, het Dinsdag teen sy kritici uitgevaar nadat hy as groepbestuurder van korporatiewe sake aangestel is.

Hy het tydens ʼn mediakonferensie gesê die media is “kwaadwillig” en “mislei die publiek” oor die hofuitspraak oor sy aanstelling as bedryfshoof. Volgens hom het die uitspraak kritiek gelewer oor die aanstellingsproses en nie sy geskiktheid vir die pos nie.

“Ek aanvaar die hof se besluit dat behoorlike prosesse gevolg moet word en natuurlik gaan ek aansoek doen vir die pos van bedryfshoof, net soos enige ander burger, aangesien ek kwalifiseer,” het Motsoeneng gesê.

“Ek glo ek verrig wonderwerke oral waar ek is en ek sal wonderwerke verrig in my nuwe pos en dit baie interessant maak. Julle het niks geweet oor die pos van bestuurshoof voordat ek hier aangekom het nie, maar nou weet julle.”

Motsoeneng het uitgevaar teen diegene wat beweer hy word deur magtige politici beheer om die SAUK vir eie gewin te gebruik. “Ek is ʼn anderse dier. Mense dink omdat ek ʼn plattelandse seun is, weet ek nie wat ek doen nie. Ek is nie deur die media of individue gemaak nie. Daar is net een Haludi. Ek het my eie brein.”

James Aguma, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, wou intussen nie kommentaar lewer op vrae oor wat met Bessie Tugwana, wat op 1 Augustus as groepbestuurder van korporatiewe sake aangestelis, gaan gebeur nie.

Motsoeneng wou intussen nie kommentaar lewer op mediaberigte dat hy ʼn bonus van R11,4 miljoen gekry het nie. “Moenie dit ophaal nie. Jy wil nie die partytjie bederf nie. Dit is kwessies tussen die werknemer en die werkgewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

NH ·

Jy sal moet roer met jou wonder werke seun van die platteland!!! Kan nie wag om daai briljante brein se plannetjies te sien nie!!!

Dark.O ·

Iemand wat aan ‘n grootheidswaan ly, is seer sekerlik gevaarlik vir homself sowel as vir ander?

Rynhardt ·

“EK laat wonderwerke gebeur”.Dit is Zuma en Anc wat wonderwerke vir Motsoeneng gebeur!n Onervare Motsoeneng kry R4miljoen per jaar plus meer R11miljoen boonus, en het 4huise van miljoene! Afrikaners julle mag geen toekoms he vir 22 jaar nie! Afrikaners jul word gevangene gehou deur n boewe-staat!!

Wonderwerk ·

Jys reg, jy laat die wereld WONDER hoe dom die oorblywende ANC stemmers is om hierdie wetteloosheid toe te laat.

PMB ·

Hoe kry hy dit reg om aanval na aanval te oorleef ? Wat van die arme joernaliste wat hy so geroskam het? Hy is geen leier nie! Die hele SAUK raad moet ontbind word.

Scalla ·

Die enigste wonderwerk wat hy moet laat gebeur is om homself van die aardbol te verwyder

Jakes ·

Mnr Motsoeneng, wys my daardie wonderwerk waar jy verdwyn.
Daardie een wil ek sien!

humor ·

Geraas………..hierdie blik is darem wragtig leeg. z verkies dit so. n Handige instrument.

Ander Koos ·

Sekere siektes kan die brein aantas. Waarskynlik hier die geval

Sarie ·

Hoekom lyk die ou vir my almeer na ‘n boef. Deel van die mafia hoedjie en al :))

popeye ·

Wonderwerker, ag stuur ons net so ‘n bietjie reën. Hoe groot is jou bonus? Umm, one and one million.

KP ·

Hy is reg hy kan wondrwerke laat gebeur, inteendeel het hy klaar. Hy het die SAUK verander na n groot gemors.

johan L ·

Hierdie man is gevaarliker as wat ons besef. Volgens beskikbare inligting het hy glad nie deur die ANC kanale gevorder nie. Sy ma is skynbaar ‘n sangoma en ou stortkoppie het haar glo al besoek. Die gevaarlike mag van bygelowe by ons mede landsburgers moet nie onderskat word nie. Iemand hoog op is bang vir hom. Kom ons hoop Thuli Madonsella kan nog die wonderwerk regkry om hom weg te kry.

Genoeg ·

Zuma-puppet, kom ons kyk of jy nog n wonderwerk kan op tower … finansier die SABC gravy-train van nou af SONDER die publiek se lisensie bydraes. #SABCfeesmustfall

Dark.O ·

Het Generaal Bheki Cele, voormalige nasionale polisiehoof, nie ook so tipe hoed gedra nie? En wat het van hom geword?

kat ·

ja ne korupsie is in order van die dag hy is famielie van zuma sy kyk is net korupsie

ANDRE ·

Sy arrogansie gaan hom vinnig verlaat as sy “tjom” nie meer daar is nie.

Uvonka ·

Daai gesig……..daai oe………daai houding, spreek boekdele!!!!!!!

Piet Pompies ·

Die naaste wat hierdie man aan “wonderwerke” kan kom is, “ek wonder waste werk doen hy”

Johanna Botha ·

Ag is die ou hoedtjie nie te kodig nie …onder die hoedtjie gaan daar egter nie veel aan nie. Ancyl indersteun hom nogal wys jou net op watse vlak hulle ook is ne

Sê maar net ·

Ek wonder wat die rakker se verbruik van JW Blue Label per dag is? As my oë so lyk, het ek ‘n allemintige en majestieuse babelaas van epiese proporsies. En jy jy wil nie my oë van die binnekant af sien nie. Vreesaanjaend!

Jean ·

Wat se wonderwerke? Jy is afgedank, respekteer asb die hof se besluit, hoe is een mens so dikvellig? Kan nie glo dat mense hom nog so ondersteun om sy aanstelling te steun nie. Julle gaan nog lang trane huil. Hierdie man het GELIEG oor sy kwalifikasies . wat se wonderwerke kan hy verrig? Hy kan mense FIRE ja, enigste wonderwerk wat hy probeer het wat toe ook in sy gesig ontplof het. Sy arrogansie verstom my, klink asof daar iets seriously fout is met hom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.