Motsoeneng skuif na dié pos in SAUK

Motsoeneng tydens Dinsdag se mediakonferensie.

Motsoeneng tydens Dinsdag se mediakonferensie.

Die SAUK het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat Hlaudi Motsoeneng, die uitsaaier se voormalige omstrede bedryfshoof, herontplooi word.

James Aguma, die SAUK se waarnemende uitvoererende hoof en finansiële hoof, het aangekondig dat Motsoeneng steeds ʼn werknemer van die SAUK is en dat hy voortaan sal dien as groepbestuurder vir korporatiewe sake, ʼn pos wat hy voorheen beklee het.

Aguma het gesê die openbare uitsaaier ontvang baie klagtes maar neem dit nie ernstig op nie. Prof. Obert Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, het gesê daar is ʼn persepsie dat die openbare uitsaaier nie die howe of Openbare Beskermer respekteer nie. Volgens Maguvhe is dit egter onwaar en het hulle interne verhore gehou teen Motsoeneng soos vereis, maar was die publiek nie gelukkig met die uitkoms nie.

Maguvhe het gesê hulle het regter Dennis Davis sê uitspraak bestudeer en volgens dié uitspraak kan Motsoeneng enige pos in die SAUK beklee, insluitend bedryfshoof, indien daar aan die nodige vereistes voldoen word. Davis het bevind Motsoeneng se aanstelling as bedryfshoof was onwettig en irrasioneel.

Maguvhe het ook ʼn beroep op “ander partye” gedoen om nie in te meng en die SAUK te “destabiliseer” nie. Hy het gesê Motsoeneng kan vir die pos van bedryfshoof aansoek doen wanneer dit geadverteer word.

Motsoeneng het ʼn hoed gedra tydens die konferensie en tydens sy spreekbeurt gesê dit is sy nuwe styl vir sy nuwe rol by die SAUK. Volgens hom is sy nuwe posisie van kritieke belang en hy sal daarop fokus om inhoud in al 11 amptelike tale beskikbaar te maak. Motsoeneng het gesê hy sal weer vir die pos van bedryfshoof aansoek doen sodra dit geadverteer word.

Mediaberigte het aan die lig gebring dat Motsoeneng onlangs ʼn bonus van R11,4 miljoen ontvang het, slegs een deel van ʼn verwagte R33 miljoen-uitbetaling oor die volgende drie jaar.

Die appèlhof het verlede week Motsoeneng se aansoek om verlof tot appèl teen Davis se uitspraak, met koste van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Cherokee ·

Hoor net hoe stil is ons. Besig om die nuutste verwikkelinge te bestudeer alvorens kommentaar gelewer sal word.

Johnny ·

Ek hoop van harte hierdie man is ‘n verleentheid vir elke Suid-Afrikaner , ongeag ras of intellek. Anders het ons net so groot probleem as Stortkop..

JG PRETORIUS ·

Die man is duidelik baie lief vir homself en sy stem. Darom die nuus konferensie om homself op te hemel as die beste wat die Sabc ooit beleef het.

Jan maak n Plan ·

JG daai man lei aan n vreeslikke erge siekte – dit word genoem verbale diaree!!!!

Lourens ·

Niemand hoef matriek te he om ‘n vet salaris te kry nie hoe laer hoe beter ‘n ou met std 3 is dan die president in SA en nog beter as jy onwettige burger ook is

Oosie ·

Herontplooi met behoud van salaris en verdagte bonusse, sonder matriek, kan weer aansoek doen vir bedryfshoof, ens?????? Intern verhoor en al die nonsens. Ag nee wat, dis so belaglik as wat kan kom. Duidelik verstaan sy ‘hoofde’ nie wanneer ‘n mens onbevoeg of omstrede is nie en dit is duidelik dat HY eintlik sy ‘bestuurders’ bokant hom se hoof is.

Daniel ·

Ek glo nie die hoofde is gekwalifiseer nie veral nie met een oog nie hehe

andrea van vuren ·

Soos ek verstaan gaan die volk die advertensiemaatskappye vrae om SAUK te boeikot. As dit gebeur, gaan hy sy bonus verloor. Kyk net hoeveel advertensies is daar deesdae in die koerante. As jy dit verwyder bly daar feirlik geen leesstof meer oor nie!

leon - Centurion ·

Boikot die SAUK en hul jammerlike lisensiegeld! Dit help so bietjie dat die nar nie my geld kry nie.

Cherokee ·

As jy ‘n idee sou hê wat daardie advertensie van die mooi meisie wat lipstiffie of so iets adverteer en daai ene van die Audi of BMW, sou jy vir geen oomblik dink dat jy hulle bankrot gaan maak deur jou TV-geld terug te hou nie. Die laaste TV-lisensie wat ek gekoop het was in 1990 en hulle het dit nie eens opgemerk nie. Hulle ry steeds BM’s en Merc’s , hou steeds oorsee vakansie en sloop steeds die SAUK van miljoene.

ToffieProffie ·

Ek dink hulle moes hom in sy ou pos terug sit, omdat enige ander pos, TEGNIES, ‘n nuwe aanstelling is en waarskynlik kwalifikasievoorwaardes gaan he, en wel, weer vuur gaan trek. Dit sal sommer baie interressant wees om te sien of die posbeskrywing vir hoof van die SABC oorgeskryf gaan word….

Liewe heksie ·

Hy gaan nie n sent van my kry nie hier is n rot en hy stink

Lance ·

Dit is net ongelooflik hoe skelm hy en die om hom is …verontagsaam en maak die hof belaglik !

pieter ·

HIERDIE MAN IS SLIM BAIE SLIM.ONS AS LESENSIE HOUERS IS DOM BAIE DOM. WED JULLE NIE EEN VAN ONS GROOT BEKKE SAL ONS LESENSIES STOP NIE

Charmaine ·

Ek het hul brief gestuur om te vertel hoekom ek nie my lisensie hierdie jaar sal betaal nie en sjoe nou is hul op my. Dis 30 Sept 2016 betaalbaar – die hele R265 en jy wil nie weet wat hul als wil he as bewys dat my TV’s dood, stukkend, gesteel, verkoop ensovoorts is nie. Wil NIE betaal maar as hul my eers begin ry en daardie swartlys van skuldenaars …… en eks ‘n ouma en kannie opgesluit word nie. HELP wie stem saam en hoe gaan ons dit doen? Nog net paar dae oor voor 30ste

Piet Pompies ·

Dit slaan my dronk dat iemand homself so ‘n bonus kan regverdig ten spyte van sy swak werk.

Verwonderd ·

Hoeveel kaders is daar tog nie in die broederskap van nommer een nie? Tog kan hierdie man nie vervang word nie… Wat weet hy tog, wat so belangrik is vir sy herontlpooing?

Netek ·

My lisensie is al 4jr terug gestop. Ek dra nie by in die soustrein se geld nie. Ek kyk nie eers tv nie, mis dit ook nie.

humor ·

Om so n krimineel weer aan te stel in enige pos in die sauk bevestig maar net dat die die sauk in sy geheel n donker hool is wat tot die uiterste toe sal gaan om hul ideologie te bereik. Duidelik sit die anc agter dit. Hul is nie bereid om hierdie wapen sommer so prys te gee nie. Die verbruiker sal op die end moet besluit.

Cherokee ·

Hulle wil nie vir Zuma aan die spits hê nie maar sal veg om hom daar te hou om die witman te verpes. Hulle wil ook nie motsoneng as hoof van die SAUK hê nie (hy het reeds gefaal in afdankings) maar hulle sal veg en betaal om hom daar te hou omdat hulle teen alle koste die geveg wil wen. Hulle ken nie die uitdrukking ‘cut your nose to spite your face’ maar pas dit toe op hulself sonder om dit te verstaan.

Sus ·

Nie geweet jy kan jou lisensie stop nie – sonder ‘n doodsertifikaat? Ons moet net almal ophou betaal!

Johanna Botha ·

Toe die man kom met sy nonsens het ek ophou betaal en gaan veseker nie nou begin nie ! As ek nou skielik betaal se dit mos ek stem saam met wat daar gebeur met my bydae …so nee jammer !

Ander Koos ·

Hy herinner nogal sterk aan Idi Amin. Die was mos net so vol van homself en hy het Uganda net so vernietig soos hierdie nar met sabc doen

John ·

Ek dog mans haal hul hoede uit respek af in geselskap, maar hoe sal ons nou weet. Hierdie is duidelik ‘n kader-ontplooiing. Die tv en radio is nou regerings-adventensie-borde en reklame, reklame is die nuwe manier om die oogmerke van bevrydingsbeweging verder uit te dra. Baie planne word gesmee. Die oom met grys hoed en rooi oe het baie ambisie. Hy oorskadu selfs vir Malema op sy beste tov grootdoenerigheid en praat selfs meer nonsens. Hou maar dop.

Foxi ·

Ek is jammer…ek kan hierdie gierige grootprater nie verdra nie. Het meer respek vir n slang as vir hom. N VERSKRIKLIKE BOSE GESIG!!!!!

Marie Salzwedel ·

Dink net hoe baie “zolle” hy kan rol met 11.4 miljoen rand. Sy oë sal nog rooier word!!!

Irene ·

As hy slim was met st 10 sertifikaat sal daar beter programme op sabc wees

PMB ·

Wat kan n mens se van die sirkus? Dink die mense dat ons almal blind en onnosel is?

Johan ·

Was die pos van Groepbestuurder Korporatiewesake vakant of die pos ontruim om plek te maak vir Hlaudi?

faan ·

Lyk my die ANC en hulle uitverkorenes het of wil nie lesse uit die afgelope verkiesing leer nie.

Nico ·

As genoeg mense hul TV lisensiegeld weerhou kan ons ‘n drukgroep skep soortgelyk aan E-tol. En niemand brand enigiets af nie! ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.