Munisipale verkiesing gaan voort ongeag hofuitspraak

Argieffoto

Argieffoto

Die munisipale verkiesing sal nie uitgestel word nie, ongeag of die konstitusionele hof bevind dat elke kieser se woonadres ook op die kieserslys moet verskyn of nie.

Só het Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag gesê. Van Rooyen het joernaliste toegespreek in aanloop tot sy begrotingsrede in die parlement.

Hy het gesê die departement sal na verwagting op 9 Mei in die konstitusionele hof verskyn om te versoek dat die verkiesingshof se vroeëre bevinding dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie die fisieke adresse van mense op die kiesersrol vir toekomstige verkiesings moet bevestig, opgehef word.

“Indien ons die verkiesing sal uitstel, sal dit ʼn grondwetlike aanpassing verg, so dit is nie ʼn opsie nie,” het Van Rooyen gesê. “Dit is beslis vir ons kommerwekkend dat so baie mense hul demokratiese reg om te stem op hierdie manier ontneem sal word.”

Die verkiesingshof het in Februarie beslis dat die tussenverkiesings wat in Potchefstroom (Tlokwe) gehou sou word, uitgestel moet word nadat van die kandidate gekla het dat al die kiesers se fisieke adresse nie op die kiesersrol verskyn nie. Die OVK is tans besig om teen die uitspraak te appelleer en word deur Van Rooyen se departement ondersteun.

Andries Nel, Van Rooyen se adjunk, het gesê ongeveer 12 miljoen mense op die kieserslys het nie ʼn adres by hul naam en van vir die munisipale verkiesing nie en om dit reg te stel “kan nie oornag gedoen word nie”. Volgens Nel moet die verkiesingshof se besluit óf omgekeer word óf die munisipale verkiesing toegelaat word om voort te gaan terwyl die OVK ʼn paar jaar gegee word om die saak reg te stel.

“Ons kan nie direk of indirek Suid-Afrikaners van hul burgerregte ontneem nie, veral nie die armstes van die armes wat die meeste weerloos is nie,” het hy gesê. “Die meerderheid van die kiesers wat geen adres langs hul naam en van op die kieserslys het nie, stem al by daardie kiesstasie vir die afgelope tien jaar, so dit is nie die een of ander slinkse truuk om stemme van een plek na ʼn ander te skuif nie.”

Nel het gesê aangesien miljoene Suid-Afrikaners nie straatadresse het nie, oorweeg die departement om van geokodering gebruik te maak. “Geokodering is een van die Plan B-scenario’s wat ons ontwikkel het in afwagting op die konstitusionele hof se uitspraak om te kyk hoe ons as die regering in die kortste moontlike tyd ʼn adres aan elke kieser kan koppel. Dit sal nie amptelike adresse in die tradisionele sin van die woord wees nie, maar iets wat hul woonplek aan ʼn geografiese koördinaatstelsel koppel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Is dit nou maar nie weer n geval dat die regering hulleself hoer as die hof ag nie. Fikile het mos nou die dag gese hulle is aan bewind. Eintlik meer wind ja.

Asjas ·

Wat van die mense wat op straat bly maar tog wil stem in die hoop vir ‘n beter toekoms???

Wiebo ·

Ek huur by n trust, en baie moeilik om bewys van woonadres te kry, so ek kan nie stem nie…….

Joann ·

Dis nie snaaks nie want sommige het nie adres nie is soos skilpad dwaal oral

Francis Linstrom ·

HOEKOM IS SOKKER NIE INGESLUIT BY DIE ANDER SPORTSOORTE NIE?

Sjors ·

Toen ek in de FS gebly het had ons ook nie adres nie, maar in baie lande is een adres normaal.
Hoekom gaan SA niet naar een normaal stelsel so as andere lande he.
In baie lande is jy verplig een adres te he, sonder adres kan jy nie belasting betaal nie ( ook nie terug vorder) jy kan nie medicijne koop als jy nie bewijs van adres he nie.
In die hospitaal seg hun more en dan direct het jy een ID so dat ons jou adres kan kontroleer?

Als jy wil stem het jy een stempas nodig, jy kan die alleen kry als jy een adres het.
Als SA ook gaan start dit te doen sal in 5-6-7 jaar dit normaal wees en sal niemand meer vra nie.

Mensen sonder adres werke is sleg baie sleg op baie vlak.

Ons het nie een bewijs nodig om een cd van Kurt te koop nie, maar wel om te kan stem.

Groete van Holland

TDW ·

Ek wens ek kon Holland toe gaan, ons vrees vir ons lewens hier, maar nou ja, ons moet maar blom waar ons geplant is. En op die Here vertrou.

LTVW ·

Dit is n grap die regerinkie van ons.
Daar is GEEN kontrole om adresse te bevestig nie. Jy kon enige adres gee, solank dit in jou wyk is.

Gert ·

Die “armstes van die armes” loop elkeen met ‘n selfoon. Sovêr ek weet moet jy fica om ‘n simkaart te kan koop en om te fica moet jy ‘n adres verskaf.

John ·

Hoeveel mense het nie adresse nie? Wie is hulle? Hoeveel boemelaars wil ten alle koste stem en het geen familie erens met ‘n adres nie? Diegene in plakkerkampe weet wat die kamp se naam is. Nie? Waarom verdwyn sommige witmense se adresse uit die sisteem? Gaan blankes sonder adresse kan stem of net swartes sonder adresse? Hoe gaan vals name uitgeskakel word? Hoe gaan lyste onbekende name wat ingevoer word, wat nie teen ‘n adres getoets kan word nie, uitgeskakel word? Wie verskaf die rekenaarsisteem en wie gaan die miljoene gegewens nagaan en dit sonder ‘n konstante riglyn? Wie gaan Eksom se kragstelsels waarborg? En wie gaan die stempunte se gereedheid verseker as skoolhandboeke nie eers betyds afgelewer word nie? Mnr Des van Rooyen het nou die dag die rand laat tuimel. Hoekom?

Ben Prinsloo ·

So ken ek die nasie: kan net leef in chaos. Wanorde is die leefwyse van die dag. Sal hom nooit verander nie al is sommige van ons nog steeds baie optimisties na al die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.