N1-ongeluk: ‘Hy was nie onder invloed van drank’

‘n Skermskoot uit die video.

Die man wat op video vasgevang is waar hy glo van ʼn ongelukstoneel op die N1-snelweg in Centurion probeer wegry het, is nog nie in hegtenis geneem nie.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê die bestuurder van die motor is op die toneel vir die gebruik van alkohol getoets. “Die resultaat was negatief.” Mahamba het bevestig die polisie ondersoek die saak verder.

Die ongeluk het op die N1-snelweg noord naby die Ou Johannesburg-afrit gebeur en is op video vasgevang.

Maroela Media het vroeër berig Stehan Cloete (30), ʼn inwoner van Lyttelton, was op die snelweg ten tyde van die voorval en was een van die motoriste wat gehelp het om die persoon wat die ongeluk veroorsaak het voor te keer.

Volgens Cloete het hy eers die man stadig benader om te kyk of hy dalk gewapen is of aggressief voorkom. “Hy was aanvanklik nie aggressief nie, maar beslis nie by sy sinne nie. Ek het in ʼn stadium nader gestap om te ruik op hy dalk alkohol gebruik het, maar ek kon niks ruik nie. Hy was heel kalm, maar het bietjie rondgetrippel. Hy was wel baie deurmekaar en dit het gelyk of hy nie weet wat hy doen nie.”

Cloete het gesê die twee insittendes wat in die bakkie was wat gerol het, het geringe beserings opgedoen. “Hulle het gebloei, maar het self uit die bakkie geklim en langs die pad vir bystand gewag.”

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Veritas ·

Die ou was seker maar bang dat hy iemand se dood veroorsaak het en het toe maar uit vrees probeer wegkom.

DMC de Koker ·

Dis ‘n misdaad om ‘n ongelukstoneel te verlaat so dit maak nie ‘n verskil of hy besope was of nie, alhoewel ek saamstem dat hy daarvoor ook getoets moes word. Die video lyk vir my na sterk genoeg bewyse vir die misdrywe van verlating van ‘n onglukstoneel asook roekelose en nalatige bestuur!

Kosie ·

Die man is dalk ‘n diabeet. Sy vreemde optrede, en die agressie wat daarop volg is alles tekens. Dit maak nie saak hoe mooi jy na jou suikervlakke kyk nie, soms reageer jou liggaam onverstaanbaar. Baie bly daar was geen lewensverlies nie.

Anika ·

Moet liewers nie met daai verskoning kom nie, netnou sê Grace Mogabe ook sy het ‘n suiker aanval gehad toe sy so onbeheersd opgetree het! Flou verskoning …. hy het geskrik en gedink hy gaan wegkom en nie gedink die motoriste gaan hom vastrek nie.

Alta van Zyl ·

Nee, regtig, Veritas…niks kan hierdie motoris se optrede regverdig nie! Dink weer!! Dis skokkend!! Well said DMC – stem 100% saam.

Wat? ·

Ek verstaan seker maar nieons regstelsel nie. Mense wat aggresief raak by n spur / kfc word dadelik gearresteer en word soos honde gejag vir hul optrede en dade, maar die man wat weg jaag en vlug van n ongeluk wat hy veroorsaak het is steeds nie inhegtenis geneem nie… ? Hy breek die wet en dit is duidelik op kamera vasgevang. Wat ondersoek hulle nog?

Asb ·

WomderNet…Kan nie MEER met jou saamstem nie…TOETS asb vir al Daai moontlikhede. Asb.

ken van benoni ·

As hierdie nou in Europa of Amerika gebeur het was die ou agter tralies en deeglik ondersoek vir vele dinge, insluitende tereur! Al gedink wat ISIS sou kon doen op snelweë met hierdie soort van optrede! Tyd dat mense wakker skrik en dink aan aldie moontlikhede!
Hierdie mag vergesog klink maar dit is tog moontlik!

Jack Russl ·

As hy regtig wou wegjaag van die toneel sou hy meer van ‘n poging aangewend het toe die ander hom afgedruk het. Daar is dalk ‘n rede hoekom alles gebeur het, laat ons maar net eers hoor wat die uitkoms is voor ons oordeel

Frans ·

Lyk baie soos iemand wat op sy selfoon besig is en nie kyk wat om hom aangaan nie…

Sê maar net ·

Frans…heeltemal reg. op ‘n stadium lyk dit of hy sy foon in die hand het

JayLut ·

Ek wonder net hoekom het die man n kamera gereed gehad om die af te neem, want die lyk nie soos n dash cam nie want hy beweeg rond. Wat het gebeur voor die man die bakkie gestamp het dat die een met kamera gereed was vir aksie?

Jack Russl ·

Dit was op Jacaranda, ek dink. Het nie die hele onderhoud gehoor nie, so weet nie wat het die persoon gebruik om dit af te neem nie. Al wat ek gehoor het is dat hy die man al ‘n hele ent lank volg en hy is blykbaar die heeltyd heen en weer oor die baan geswaai. Ek het nie die hele onderhoud gevolg nie, maar dis wat ek uit die bietjie verstaan wat ek gehoor het

EkPleitBewusteloos ·

Dit was die passasier wat die video met ‘n foon geneem het, en nie die drywer self nie.

Hmmmmmmmm ·

Hmmm Repost

Op die 8ste Sec in die video in lyk dit asof daar iets onder die kar afbreek “maar hy het skielik versnel en in die bakkie voor hom se agterkant ingejaag”… Kon dit dalk die oorsaak wees dat die persoon reg van agter in die Bakkie in ry??? Die feit dat hy van die toneel af wou ry bly verkeerd, dankie tog die ander motoriste het hom gestop :-)

Hmm nou wonder ek net, hoekom ons mensdom altyd dadelik na die negatiewe kyk m.a.w #ONDER INVLOED van wie weet wat, DIT bly probleem. #Baie bly die man het nie ‘n wapen gebruik nie. #maar ek wil net graag weet op wat se goed was daai drywer. #wetsoortreders nie wegkom nie!! #wat saamstaan teen misdaad

Opinie – Konsentrasie Demper
Meskien was daar fout met die kar
Meskien het hy ‘n slegte werksdag gehad
Meskien het hy ‘n famielie lid verloor
Meskien het hy sy werk verloor
Meskien het hy finansiele probleme
Meskien het hy aan sy jong dae gedink en wou “Bumper Cars Speel”
Wie weet nou regtig…. NIE EK NIE…

Net bly dat AL die betrokke persone veilig en dat daar nog mense is wat saam staan.

Wonderlike Dag Mense

Jack Russl ·

Ek sien waarvan jy praat, onmoontlik om op die video te sien of dit iets is wat afgebreek het en dalk iets wat op die pad gelê het wat sy bande opgegooi het. Ek dink as iets gebreek het, sou die persoon heelwaarskynlik gestop het om te kyk of die persone beseer is en om te help aangesien die ongeluk gebeur het omdat hy nie die kar kon beheer het nie agv iets wat gebreek het. Daarby gesê, mense doen soms onverklaarbare goed

Christo ·

Ek het ook dadelik gedink die manier wat hy bestuur is tipies van iemand wat met sy selfoon besig is.

Salome ·

Ek sê nie wat die man gedoen het was reg nie. Ek dink hier is n paar lesers wat niks weet van diabetes nie. Jy kan 1 moment nog heeltemal normaal wees en die volgende glad nie. Jou suiker vlak vra nie waar of saam wie jy is as dit val nie en ja as jy alleen is is dit lewens gevaarlik. Daai man was so deurmekaar, na die ongeluk gebeur het het hy tot vir die man wat die video geneem het bedank omdat hy hom plek gegee het om verder te kan ry. Hy het nie n idee van wat gebeur het nie. As dit is dat hy n diabeet is dan kry ek hom BAIE jammer want dis nie n lewe wat mens wil ly nie. So ja asb, die mense wat niks van diabetes af weet nie, hou asb op om sulke kommentaar/opmerkings te maak. Ek is seker ons gaan voor volgende week weet wat fout was met die man.

jaap ·

So diabetes gee hom die reg om ander se lewens en eiendom in gevaar te stel? Twak man. Dan moet hy nie bestuur nie.

jack daniel ·

Nog nie in hegtenis geneem? Hy het met mense se lewens gedobbel deur agter in die bakkie in te gejaag het wat gerol het. Dit is ‘hit and run’ en poging tot moord. Hy was miskien nie onder die onvloed van drank nie maar drugs of dagga.
1. …maar beslis nie by sy sinne nie.
2. …maar het bietjie rondgetrippel.
3. …Hy was wel baie deurmekaar en dit het gelyk of hy nie weet wat hy doen nie.”
Is dit nie bloedtoetse waardig nie of gaan hy weg kom tot ‘n volgende keer?

martien ·

Ja, ek is n diabeet en het ook die gevaarlike “low” al deurgegaan. Dit is n gedisorieenteerde situasie en jy verllor beheer oor die werklikheid. Met my ervaring van ‘n “low” het ek die gevoel vereenselwig met die dood van die liggaam. Indien jy dit nog nie ervaar het nie, kan jy jouself nie uitlaat daaromtrent nie. My ondervinding ook as diabeet wat n “high” moet deurgaan, is my aggressie vlakke onbeheersd. Ek kon nog nie besluit welke een vd 2 die ergste op due spige is vir my nie. Wat ek wel baie beslis besef, is dat ek wat n diabeet is nie die 2 toestande kan gebruik as verskoning vir dade gepleeg in hierdie toestande nie. Jou grootste verpligting teenoor die samelewing en jou geliefdes is om te VOORKOM dat jy in die toestande ingaan. Ek spuit myself 5x per dag volgens dokters voorsjrif, maar moet ook 6x eet per dag om die suikervlak dan normaal te hou. As jy insulien spuit en nie eet nie, wel ek het my les geleer. As hy jou vergryp aan suiker ja, ook my les geleer. Indien hierdie persoon n diabeet is, wat ek wel baie seker van is, verskoon dit nie sy optrede nie. Hy moes voorkom het dat hy in n low of n high toestand moet ingaan. Kla hom aan mense kon dood gewees het. Martien♌

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.