Name bekend van twee wat in motor sterf

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Limpopo-polisie het Donderdag die name bekend gemaak van die man en vrou wat Woensdag dood in ʼn motor in ʼn parkeergebied in Polokwane gevind is.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het die oorledenes geïdentifiseer as Tebogo Maenetja (24) en John Ranganga (37) nadat hul naasbestaandes van hul dood in kennisgestel is.

Maroela Media het Woensdag berig Maenetja en Ranganga se liggame is in ʼn motor in ʼn parkeergebied op die hoek van Biccard- en Jorissenstraat gevind.

Daar word vermoed dat Ranganga omstreeks 15:00 vir Maenetja geskiet het, voordat hy homself geskiet het. Otto het gesê die ondersoek duur voort oor wat die motief vir die voorval is, en wat die twee se verwantskap was.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oom Boer ·

Ai-tog sulke gebeure is tragies en mens kan net wonder wat dryf mense tot sulke dinge. Sterkte aan hul families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.