Nederlander op Mpumalanga-plaas vermoor

Peet van Es. Foto: Facebook.

Arine Prins gaan haar man se liggaam terug Nederland toe vat nadat hy wreed op ‘n plaas in Mpumalanga vermoor is.

Peet van Es (54), sy vrou, Arine, en ‘n vriend is Vrydagaand op die plaas Moseley in Barberton deur vyf gewapende mans oorval.

“Dit was so 20:30 en daar het ʼn vriend van ons by ons gekuier. Ek en hy was onder in die huis en Peet het op die boonste verdieping geslaap. Drie gewapende mans met balaklawas aan het daar ingestorm. Hulle het my en die vriend met elektriese kabels vasgebind, hom beveel om in die hoek te ‘slaap’ en is toe op boontoe na Peet toe,” het Prins gesê.

Volgens Prins is haar man erg gemartel. “Hulle het hom vir vyf lang ure gemartel en sy lyf rondgesleep op die vloer, ek kon dit hoor. Daar het intussen nog twee aanvallers bygekom. Hulle het hom met golfstokke geslaan, gesteek met messe en stokke en met spykers gemartel … vir vyf ure lank. Hulle het sy kop oopgeslaan, selfs van sy tande was uit,” het Prins gesê.

Prins het gesê die twee aanvallers wat onder in die huis was het haar ook gemartel. “Hulle het my met ʼn plastieksak probeer verwurg en aanhoudend geslaan. Hulle het my ook probeer verkrag. Hulle het álles gesteel – skootrekenaars, tabletrekenaars, selfone en juwele wat ek by my ouers gekry het.”

Volgens Prins was daar kontant in die huis aangesien die mense wat in die tweede huis op die plaas bly daardie dag hul huur betaal het. “Hulle het selfs die bad opgelig om te kyk of iets nie dááronder weggesteek is nie. Hulle het al my klere met ʼn tipe swaard afgesny, hulle het al die sakke in die huis ook oopgesny en gesoek na geld of ander besittings; hulle het selfs my waterbed oopgesny.”

Van Es en Prins het in 1999 Suid-Afrika toe geïmmigreer van Nederland af. “Ons het ʼn African dream gehad, weet jy, ons wou net gelukkig hier kom lewe. Peet was ʼn siviele ingenieur en het baie werk in Mosambiek gedoen; ek wens hy het daar gebly.”

Volgens Prins sal Van Es in Nederland begrawe word. “Ek gaan beslis net ʼn paar goed stoor en die res verkoop, ek gaan terug huis toe. Ek sal hom ook nooit hier laat begrawe nie. Ek gaan hom huis toe vat … Ek het soveel vrae. Hoekom ons? Hoekom net vir hom? Het iemand hulle betaal om dit te doen? Hy was so vredeliewend, hy het nooit enige mens of enige dier seergemaak nie. Ek is sat vir hierdie land. Ek wil geen verbintenisse meer hier hê nie. Ek gaan dit nie net hier laat en maak asof my man se lewe niks werd was nie.”

Prins het gesê die moordenaars het eers probeer om haar voertuig, ʼn Land Rover, te steel, maar kon dit nie aangeskakel kry nie. “Hulle het toe ons vriend se Chevrolet-bakkie gevat en gevlug.” Maroela Media het vroeër berig die voertuig se registrasienommer is FVD 843 MP.

Die moord op Van Es het intussen die internasionale nuus gehaal. Die meeste van Nederland se media het ook daaroor berig. Martin Bosma, lid van die Nederlandse Tweede Kamer en die Partij voor de Vrijheid, het in ‘n e-pos aan Maroela Media gesê hy het Nederland se minister van buitelandse sake versoek om antwoorde te gee oor hoe hulle Nederlanders se veiligheid in Suid-Afrika sal verseker.

Lt. Kol. Ruben Pilusa, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar is nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Dit blyk dat die verdagtes buite ons polisiëringsgebied is, maar ek belowe jou dat iets gaan gebeur,” het Pilusa gesê.

ʼn Saak van roof en moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Caru ·

Dis reg Me Prins laat die wêreld weet wat werklik nou in SA gebeur. Daar is geen respek meer nie.

L Meyer ·

Die wêreld moet weet. Net soos hulle geweet het van apartheid. Dalk sal hul dan druk op die regering plaas om iets aan plaasmoorde te doen.

Reinhardt ·

Ek begin al hoe meer Mev Prins se sentiment te deel… Nederland moet sien wat in SA aangaan. Hulle moet onthou dat ons almal (meerderheid) afkomstig is van Nederland. Hopelik sien Geert Wilders dit raak en bied ons burgerskap in Nederland, vir alle afstammelinge.

So het ons almal n Afrika droom gehad wat besig is om in n nagmerrie te ontaard. ·

So het ons almal n Afrika droom gehad wat nou in n nagmerrie ontaard.

D. ·

Gaan vertel dit aan die buiteland, dis reg. Laat almal weet waardeur ons burgers gaan.
Ek en my man is besig om ons dinge so agtermekaar te kry dat ons ook buiteland toe, my ma is daar gebore (Nederland). In hierdie land is daar nie ‘n toekoms vir ons dogtertjie nie.

Charl du Plessis ·

D.- Jy praat groot waarheid- Ons het dit vir ons kinders gedoen en kyk nie terug nie.

lilla B ·

Verlede week gesels ek met “vriende” op ‘n whatsApp groep oor veiligheid. Ek het die vrymoedigheid gehad om ‘n stelling oor veiligheid te maak en is skerp gekritiseer oor my negatiwiteit wat blote realisme was. ‘n gedagte gedeel dat hulle meer waaksaam moet wees. Die slotsom waartoe ek kom, daar is werklik nog mense wat in kammaland woon, wat glo gebed alleen is die antwoord want dan sal die Hemelse Vader jou versorg. Hierdie is niks met negatiwiteit of vrees of ongelowigheid te doen nie, hier word openlik oorlog verklaar teen ons, ons lewens sowel as eiendom en lewensreg in hierdie land word bedreig. Gisteraand het ‘n persoon op TV gesê hul strewe daarna dat die blankes nie meer die besigheids eienaars is nie, want oral is hul mense die delivery boy of net gewone werkers. Dit is wel moeilik om nie soms negatief te voel nie, wat is die vooruitsigte? Waar is ons leiers? het ons leiers? of is hul hande ook afgekap?

cjm ·

Ek verstom my oor die onvermoë van mense om die toestand in die land te evalueer, hoe hulle jou aanval as jy enigsins wys op wat aan die gebeur is. Gebed is goed en wel maar die Jode in Nazi -Duitsland het seker ook gebid voor hulle uitgewis is? Leiers: De Klerk en Roelf kan nie genoeg beklemtoon hoe gelukkig ons is om hier te krepeer nie. Die vorige uitverkopers skryf nou nog boeke oor hoe hulle hul roem op hul agterbakse geknoei met die ANC. Die DA jaag koloniale spoke en die FF+ bestaan net tydens verkiesings. Net Solidariteit bied darem hoop maar hulle word erger deur ons eie mense gekniehalter as deur die magte van duisternis.

RIANA BRITS ·

Kyk wat na 22 April met ons land gaan gebeur.
Al kan ons nie in Bloemfontein wees nie, kan ons saam bid dat die sinnelose geweld sal stop

Chris ·

Ek is jammer skaam kwaad en hartseer oor die man se moord. Dit is verbasend wat die buitelandse reaksie is wanneer een van hulle iewers anders as in hul eie lande vermoor word. Dit is die harde realiteit wat die inwoners van daardie lande gaan tref en hopelik tot die besef gaan kom wat in die land aan die gang is wat hulle vroeër verguis het en terrorists beweging befonds het. Daardie klein mistige eilandjie aan die Franse Weskus gaan ook nog hul dade van terrorisme begin smaak.

ken benoni ·

Chris:
Ek stem saam met jou hulle het reeds probleme met die Morakane.
Ek hoop die dame sal wel vertroosting kry en rus vind. Sterkte vir u.

Thelma ·

Hulle is altyd meer as die wat hulle aanval! Lafaards!! En ja mevrou hulle is betaal, met leë beloftes. Moet sit nie ‘n stille dood laat sterf!

Alida ·

Ai vroutjie my hart bloei vir jou. Asb stuur die fotos wat die SAPD geneem het die wereld in en MRK toe ook. Baie sterkte vir julle.

M'Lady ·

Ongelukkig bestaan die “African Dream” net in Vicky Sampson se liedjie. In die praktyk is dit n heel ander storie. Eerder “African Hell.”

Anoniem ·

So oneindig jammer vir jou verlies, mevrou! Hopelik kan jou man se dood internasionale aandag fokus op die gruwels van plaasmoorde, en die marteldood van andere voorkom.

Equalizerwc.com ·

Help ons om jou pro-aktief te beskerm. Niemand anders gaan dit doen nie. Bring jou kant, maak jou bydrae nou. Kla, kerm, bang en geskok wees speel net in die Kriminele se hand. Ons roei hulle uit. Nou is die tyd, waarvoor wag jy? Equalizerwc.com

Cecilia Tjaden ·

In Februarie het ek in my selgroep genoem wat aangaan met plaasmoorde. Detail gegee. Ek wou dat ons n vasdag uiroep en bid vir die slagoffers. Ek was uiters geskok oor hulle reaksie. “”Äg, moet tog nie vir hulle kwaad wees en hulle nie haat nie” en “”Dis nie hulle nie dis die bose”(En net die vorige week het die ds. gese”Jy kies self om die sondedaad te doen, do nt blame the devil”
Daar is toe vir my gepreek deur n jongeling in die sel, die jeugleier- om nie na die sites te kyk waar dit geplaas is nie, dis negatief en sal my siek maak. Daarby, moet ek dadelik vergewe en daar is toe vir my gebid dat ek sal vergewe. Niks vir die slagoffers nie! Hulle lag en gaan net aan. Voel net mooi NIKS! Hulle is besig met kosprojekte vir swartes – en vir my om te se, wat van ons eie mense in die wit plakkerskampe, was die laaste strooi! Ek is daar uit!Baie hartseer. SAD.

Intussen, is die hele kerk verbied om in opstand teen Zuma te kom, dis RASSISTIES!

Helene ·

Ag, nee wat n selgroep. Die Liewe Vader het ons juis verstand gegee om te gebruik! Wat verkeerd is, is verkeerd!! Gee pad uit daardie selgroep. Moenie n ketter word nie. God verdra nie onreg nie, Hy SAL vergeld maar die hier en die nou met Sy opstandingskrag moet ons n verskil maak. Dis n goddelike opdrag om jouself en jou geliefdes te beskerm. Bid, vat mekaar se hande en met die Krag wat God ons gegee het laat ons hulle beveg met hand en tand. Ons mag nie stilbly nie. Dan doen jy jou deel aan jou medemens en almal om jou.

Werner ·

Jammer dat so iets moet gebeur om Nederland se oe oop te maak. Mag hulle nou kennis neem van die Nuwe SA wat op ons afgedwing is voor 1994. Die werklikheid en die realiteit. So word liewe dierbare vredeliewende blanke mense oral in SA vermoor, verkrag, mishandel en gemartel. Sien is glo, hoe skokkend ookal, wys daardie fotos asb. Innige simpatie en baie sterkte!

Geregtigheid ·

Gaan vertel asb. oral in die buiteland wat in ons land aangaan. Die onbeskryflike wreedheid en onmenslikheid waarmee ons mense gemartel word. Die buitewèreld se oè MOET OOPGAAN en Sanksies teen hierdie Regering instel.

Pik ·

Stem wys die wereld deel op facebook dalk sal hulle sien waamee ons sit

Gawie ·

En jy reken ons moes maar net aangegaan het met die apartheidstorie. Die land het gebrand en was ‘n kruitvat. Jy moet jou sterre dank dat ons ‘n vreedsame oorgang gehad het anders was jy nie meer hier nie. Hierdie mense wat wil oorlog-oorlog speel het geen benul waarvan hulle praat nie.

Hannelie ·

Lilla B Hierdie is vir jou; Daar is ‘n stryd om te stry – teen die wêreld, teen die vlees, teen sonde, teen Satan en al die teëstanders van die Christelike geloof– maar daar is ook oorwinning te verkry in die Naam van Hom wat alle mag in die hemel en op aarde het (Matt. 28:18). Dit is egter net wanneer ons só met die kruis van Christus identifiseer dat ons vir die wêreld sal sterf (Gal. 6:14), dat die Here Jesus meer sal word in ons lewe en dat ons kragtig sal word in die Here en in die krag van sy sterkte (Ef. 6:10)

Heidi ·

Dis so jammer dat sulke dinge in ons land gebeur. My man is ook laasweek vrydag oggend 3 uur in sy kamer by lalapanzi lodge oorval deur 5 . hulle het hom ook gskiet. Ek dank die Here net dat hy nog met ons is. As ek kon en finansies gehad het het ek sowaar ook oorsee gegaan. Dinge gaan baie rof hier en dis so hartseer…

VANNA ·

Ai Heidi, so jammer om te hoor van jou man. Dit is vreeslik. Net bly jou man lewe ;(

MANIE ·

Dit is vreeslik dat enige mens so dood moet sterf aan die hand van die duiwel. Maar ek weet nie of hierdie mense deel van dit was wat ek nou wil se. Nederland was n groot voorstaander en n wereld boikoter om n swart regering hier te sien. Vat die man se lyk terug en gaan wys jou land wat hulle aan S.A gedoen het.

Deloris ·

My hart is stukkend saam met jou vrou. Laat weet die hele wereld wwt in SA aangaan. Sterkte vir jou.

Aart Kool ·

Sterkte en Gods kraag vir die komende tijd! Ons weet hoe voel. 10 april is n swart dag vir ons. Precies 8 jaar gelede is ons ouders vermoor op hul plaats in Boschkop. Die van den Bosch egpaar. Ook Hollanders. … @Martin Bosma: As ons minister bewijse soek vir wat plaasmoord beteken, sal ons hom persoonlijk vertel!

Piet ·

Dankie Aart, daar is baie goeie mense in Nederland. Ek vertrou dat mense soos jy nog die hele Weste se oe sal oop maak.

Elke Janse van Rensburg ·

‘n Vrou se man is dood. Wreed van haar weggeruk! Sy het haar lewensmaat, haar drome, haar bestaan en ook haar vertroue in die mensdom verloor. En wat raak mense kwyt? Nou sal die buiteland kennis neem. Nou sal hulle sien wat werklik aangaan. Die kommentaar wys op mense se vrees, radeloosheid en bitterheid. Maar dit ook ook hulle harte: vol van hulself en hul eie probleme. Mense, plaas julself asseblief ‘n oomblik in daardie vrou se skoene! Ek is so jammer vir die verskriklike dinge wat jou en jou man aangedoen is. Mag jy iewers langs die pad vrede kry en genesing ontvang.

Derik ·

Ek het SA 9 jaar gelede verlaat. Ek is geskiet voor my huis in Lanseria naby Muldersdrift. Niemand wil meer in die omgewing bly nie. Die aanvalle gebeur daagliks. Die mense in die omgewing sal jou nie bystaan as dit met jou gebeur nie. Die besre ding wat ek ooit gedoen het is om te immegreer. Dieland is ten gronde. Al jou regte in S A is van ons weg geneem. Ek voel jammer vir almal wat aangeval word. Dit gaan nie verander nie.

Beatrix ·

Ek is bitter jammer oor jou verlies. Wees braaf en wys fotos van wat gebeur het aan die buiteland sodat hulle kan sien wat aangaan. Nederland vra dat SA Nederlanders se veiligheid waarborg? Word wakker mense, DUISENDE mense in ons land is al so vermoor en daar is nie genoeg bronne om enigiemand te beskerm behalwe ons geagte president en sy kaders nie.

Estelle ·

So jammer om van jou verlies te hoor. Dis hartverskeurend. Mag hy rus in vrede. Dank die Vader ons en ons kinders is binnekort ontslae van hierdie siek land en sy
“siek mense”

jean ·

Die buiteland stel geensins belang in S A…hulle weet nie eers waar dit is nie. “I have family in Ethopia”…..dis die vreemde dinge wat jy hoor as jy sê jy is van S A. Selfs die expats lees nie eers meer die nuus. En as ons sou vergeet…Nederland was een van die lande wat sanksies ingestel het en die struggle ondersteun het….

Natie ·

Hoekom sal 5 aanvallers net die een man vir 5 ure lank so afgryslik doodmartel en niks aan die ander een doen nie. Help my asseblief sin maak daaruit.

OudSA ·

Eks nou eers 28, maar nou al n goeie 5jaar in NZ, beste besluit nog ooit, van ons lees nog die nuus, maar die buiteland het absoluut geen verantwoordelikheid teenoor SA nie. Dan het die oud SA burgers almal n verantwoordelikheid teenoor die anderkleuriges wat gesukkel het deur apartheid.

Piet ·

Natie ek wonder watter realiteit die ergste sou wees, as mens sou uitvind dat die aanvallers eintlik huurmoordenaars is, of die besef dat een uit elke 2 swartmense ‘n potensiele huurmoordenaar kan wees. Ons almal weet mos nou al dat ‘n selfoon of ‘n R100.00 noot is meer werd as n witmens se lewe.

Charlie ·

Baie hartseer dat die man so gemartel was.Daar is net een iets wat ek nie verstaan nie,sy is saam n vriend onder en haar man slaap bo.Die man word gemartel
en dood gemaak waar sy amper verkrag en amper gewrg word.Maar die vriend word niks aan gedoen nie.

Rynhardt ·

Wanneer n blanke vir vyf lang ure gemartel word, wys dit vir jou dat dat plaasaanvalle word opsetlik gedryf agter die skerms! Hierdie aanvallers is vol van demone! Alle moorde en aanvalle op blankes moet op n webwerf aangebring word dat die hele wereld dit kan sien.Word dit nie gedoen nie, gaan die volksmoord(wat lankal reeds aan die gang is) ontken word.Mense, moorde gaan nie stop op blankes nie.Julle sal ruggraat moet toon of uitwissing is jul voorland.Onthou dat parlement het reeds die verkeerde sein na buite gestuur oor plaasmoorde.Gister op Radio Helderberg het Zuma gese:$ Blankes dink dat swartes is nie mense nie”. Duidelik word die rassekaart weer gespeel.

Attie ·

Die Nederlanders is te naïef om te besef wat werklik tans in SA gebeur. Ek merk egter dat hierdié moord wel opslae in die Nederlandse media maak, maar dat daar verder niks genoem word van plaasmoorde wat buite beheer is en dat die deur sekere politici goedgepraat word.

Pop ·

Die hele wêreld weet wat hier aangaan. Hulle gee bloot nie om nie. Kry daai waarheid in julle koppe.

Michelle ·

Dit is hartseer. Ek is net baie dankbaar dit is nie net nog ‘n Suid Afrikaner nie. Al hoe die wêreld sal begin besef hier is ‘n volksmoord aan die orde van die dag, is as dit hul burgers is wat ook so wreed vermoor. Sterkte aan die familie.

Peet J ·

As Mnr. Bosman dink dat die Ministerie van Nederland die dood van een Nederlandse immigrant in die NSA ernstig gaan opneem, maar ander pad kyk in verband met duisende Afrikaners wat tot datum vermoor is, moet hy homself eers afvra of hy dink Nederland onskuldig is met betrekking tot die kriminele situasie wat tans hier heers.
Jammer dat Van Es op so ‘n barbaarse manier aan sy einde moes kom. Die swaard waarvan melding gemaak word laat ‘n mens dink.

Reinhardt ·

Ek weet dit is ‘n vreeslike tragedie, maar hopelik sien Nederland nou wat aangaan in Suid-Afrika met hul afstammelinge. Hopelik begin hulle om te gee vir ons en bied ons burgerskap aan in Nederland.

Fanie ·

Die Hollanders is liberaal, jong. Hulle duld nie dinge soos apartheid en rassisme nie. Dit sluit ongelukkig die meeste kommentators hier op Maroela uit. Holland sal nie rassiste wil huisves nie. Vergeet maar.

Waldo ·

Die Nederlanders duld nie apartheid-apologete en rassiste nie. Meeste kommentators hier sal dus toegang geweier word.

Andre ·

Byna elke land het verteenwoordigers en agente in hierdie land. Hulle weet presies wat hier aan die gang is .Hulle sal nie betrokke raak as dit nie vir hulle eie gewin of voordeel is nie . Dit het oral in Afrika so gewerk en sal steeds so werk , minderhede tel nie .

Siener van Melbourne ·

Die wereld kan so polities korrek probeer wees as wat hulle wil, hierdie is rasgedrewe haat. Hoekom was apartheid so goddeloos maar die tipe onmenslike afsku is verskoonbaar? Op watter stadium mag die huidige onderdrukte minderheid weer wraak neem oor hierdie tipe optrede? So neuk ons voort op wedersydse wraak want dis geregverdigbaar. So patrioties as wat jy dink jy is, Afrikaner, as jy op n doring staan, skuif. Dit sal die seer stop.

Reinhardt ·

100% Knapie. 4 vermoorde Afrikaners kry nie eers dekking in die Engelse Suid -Afrikaanse media nie. As ons gelukkig is lees ons van dit op MaroelaMedia.

Gerbrandt ·

wonderlik gese maar daar is kla n organisasie waar daar teen veg maar as die bal in die mense se hande gesit word dan wil niemand niks weet nie staan saam en sluit aan by afriforum

Skim ·

JA SO LYK JULLE AFRICAN DREAM. Die NEderlanders is steeds van die mense wat die grootste KRITICI op SA is, veral op die vorige bedeling, so ja, nou sien julle seker die saak van ‘n ander kant af. Ek is verskriklik geskok oor die marteling en die pyn wat hierdie arme man moes verduur en my innige simpatie aan die gesin. Voordat die goed nie met buitelanders gebeur nie, is die wittes in SA wat kla RASSISTE< so gaan versprei dit asb in die buiteland ook, in NEDERLANDS, gaan wys fotos, gaan dra die woord uit, hoe misdaad in SA oorgeneem het en die wittes nie onnodig kla nie. Baie boere wat vermoor is was net so vredeliewend, ook die ou tannies in die rolstoele wat wreed verkrag en vermoor is, jy hoef nie 'n 'wrede boer' te wees om gemartel te word en te sterf nie, so GAAN DRA UIT DIE BOODSKAP, dat jy vermoor word omdat jy wit is. Darem het jy 'n huis om hom heen te vat, STERKTE. Kyk ook maar daar is 'n INSIDER wat die informasie uitgee, hoe weet hulle jou huur is betaal? Die makste honde byt die seerste!!

Theresa ·

Lees al hoe meer van buitelanders wat hier vermoor word. Dan is dit groot nuus (want uit die aard van die saak is dit vreeslik en bitter sleg vir daardie familie) maar dit verdwyn gou en word daar nie verder gebodder om die daaglikse moorde, brutale aanrandings en verkragtings van Suid-Afrikaanse burgers te ondersoek tot op die been van die oorsprong nie. Meer as tragies wanneer ‘n volk so tot nietgemaak word en die wêreld draai gesig weg…

ZEEBEE ·

Baie jammer om te hoor van die erge marteling wat so ‘n pragtige man moes deurmaak. Mev Prins jy het sowaar ‘n PRINS verloor. Sterkte ek bid vir jou.

Ansie ·

Het nou net van die moord gelees op die Nederlander…waar kan ek die foto’s sien wat gepubliseer is, ek woon in Nederland en wil graag dit onder die aandag bring, iets wat ek trouens al steeds doen, egter sonder sukses, die rede is dat hier geen berigte uit S A kom van wat daar gebeur nie, en as daar wel berig gewing is dan is dit nie korekte berigte nie, iets wat my steeds woedend maak. Is daar miskien ‘n manier om met Mev. Prins in aanraking te kom, miskien kan ons saam iets regkry hier in Nederland. Ek verstaan sy beplan om terug te kom. Miskien kan Maroela daar help

Reinhardt ·

Hi Ansie, ek dink wat jy doen is die regte ding. Ons mense moet hier uit, en ek wens Nederland kan ons terugneem. Ek gaan ook kyk wat ek aan hierdie kant kan doen, dit kan nie so aangaan nie.

Liza ·

Weet jy dit sal nie ophou nie, dis reg Mev Prins gaan terug en vertel die wereld van Suid Afrika, maar nou ja hulle sal niks oorkom nie…..Sterkte Mev Prins……

Bloekomboom ·

Hy het in Mosambiek gewerk? Wed julle dit was weer Mosambiekers..

w ·

Niemand sien ons probleme in SA raak nie. Almal het geweet dat SA die res van Afrika sal volg. Kani glo die arme mense het tydens die Nuwe SA na SA geimmigreer nie. Sjoe.

JA W ·

Ja maar soos jy self daar lees, die AFRICAN DREAM. Afrika word verkoop aan die buitelanders as hierdie UTOPIA waar daar geen crime is nie, die enigste crime was apartheid en noudat dit ‘verslaan’ is nou is daar geen misdaad meer nie. Die mense is vredeliewend, hulle jag nie renosters of olifante nie, hulle maak nie mense dood nie, almal drink saam in shebeens en sing Nkosi Sikilele Afrika, almal skreeu vir die Bulle en almal braai en kuier saam, daar is geen antagonisme tussen wit en swart nie, die enigste BOELIES is nog die wittes wat mense in kiste toemaak. Die massas is lieflike mense wat nie skole afbrand en universiteite met bakstene bestook nie, hulle is pro rekonsiliasie en ‘n Mandela droom, die REENBOOGNASIE waar almal goed oor die weg kom, waar die President na die minderhede ook omsien en sy voters ondersteun en na luister. Hier is nie stakings nie, die engiste stakings was in die Apartheidsera, ons het die GROOT 5 hier, hulle wandel in die strate van jhb, die enigste mense in hokke is die wat agterop die boer se bakkie vir ‘n lift gevra het .. so JA … die oorsese lande DROOM nog saam met Mandela !

Lotty ·

Dit verstom my hoe party van julle mense van Nederlanders praat. Dat hulle nie weet wat terrorisme is nie ‘want waar hulle bly is dit so veilig’ , meanwhile sit en wag hulle net wanneer die IS-aanslag op Amsterdam gaan gebeur. Want dit is al wat hulle kan doen – wag. Hulle weet dat dit gaan gebeur, net nie wanneer nie.
Plaasmoorde word nie deur enige iemand in die politiek daai kant goed gepraat nie, is julle mal?! Die nuus kom daar net nie uit nie. Die enige wat daar uitkom, is propaganda van ons liefelike regering hierdie kant wat vir die witmens soos ‘n monster laat lyk. Wanneer was julle laas op Robbeneiland? Enige buitelander wat daar in stap, word half gebrainwash oor wat die wit mens ‘aan die swart mens gedoen het’. Dit is die enige informasie wat hulle kry. So AS daar enige misunderstandings is oor wat hier aangaan, dan is dit nie noodwendig die buitelander se skuld nie. Maak julle oe oop en skaam julle self vir hoe julle van ander mense/’n ander nasie praat terwyl julle die regte situasie nie eers ken nie. Was julle almal al daar?
Michelle – jy is net dankbaar dit was nie weer een Afrikaner nie?! WAT?! Dit is ‘n mens vrou, maak jou oe oop! Maak nie saak waar hy vandaan kom nie, dit is tien teen een nog jou bloed ook!

apie ·

dir ia afgryslik om te dink waardeur hier man is, Dit is onaanvaarbaar

Ansie ·

Reinhardt, ek stel voor jullie kom almaal hiernatoe (NL) Dan vra julle asiel aan, dalk word die politisie eindelik wakker. Martin Bosma van die PVV , en vd Staay van die SGP het al in 2012 ‘n mosie ingedien in die 2de kamer ( parlement) waarin aandag word gevra vir die plaasmoorde , maar hulle het die mosie verwerp. In Junie 2016 was Steve Hofmeyr hier om sy verhaal te doen, maar het nerens gehoor gekry nie,uiteindelik was hy toegelaat in ‘n restaurant in Scheveningen, daar het die publiek omtrent van hulle stoele geval van verbasing oor wat hulle gehoor en gesien het.Martin Bosma het ‘n boek geskryf oor die geskiedenis van SA, oor die ANC en al die plaasmoorde, die titel is, ” Minderheid in eigen land “. Ons wat bekend is met SA probeer steeds aandag vra vir die toestande in die land, hulle net nie ‘n idee wat daar aan gaan nie, nuus is skaars hier uit SA, ek was verbaas dat die nuus van Zuma se onlangse manewales die 8 uur nuus hier gemaak het. Ek hoop die moord op die Nederlander gaan oe oopmaak.
.

janneman ·

Voordat ek ‘n paar jaar terug ge-emmigreer het het ek in die Tuinroete gewoon. Dit was opvallend hoe baie mense van Nederland, Duitsland, Engeland en selfs Amerika hulself kom vestig in die Tuinroete om die “African Dream” uit te leef waar hulle in weelde kon leef met hul Euro’s , Ponde en Dollars. Die meeste van hulle het binne 3-5 jaar skielik opgepak en teruggetrek oorsee nadat hulle ontnugter was oor die ware stand van sake in Suid Afrika…
Jip, Afrika is nie vir sissies nie . My raad is om te emmigreer indien jy kan, veral as jy jong kinders het. Ons woon in ‘n woonbuurt waar daar nie ‘n enkele huis diefwering het nie en vandat ons hier bly het ek nog nooit gehoor/gelees van enige moorde of inbrake in ons buurt nie. Kinders en vroue stap en draf alleen, selfs in die donker. Dit is ‘n voorreg maar dit is ongelukkig hoe dit behoort te wees, ongeag waar mens woon. Daar sal drasties iets gedoen moet word want dis elke burger se reg om veilig te kan voel, veral in jou eie huis.

tamboti ·

Baie jammer aan Arine, en al die ander skrywers wat van hulle persoonlike verliese of aanvalle vertel. Ons is almal onskuldige slagoffers in die ware letterlike betekenis van die woord SLAG-OFFER. Ons offer is egter nie meer vir volk en vaderland, reg en geregtigheid of vir ‘n Goddelike verheerliking nie, maar ons lewens en geliefdes word vermors as wraaksugtige, jaloerse en daardie “R” woord, bloeddorstige luste van die aardse barbare.
Net soos Piet Retief en sy gevolg.
Tot en met een man opstaan en leiding neem, en ‘n streep trek en verklaar dat ons nou hierdie moord stryd teen ons met mag en gereg gaan bestry, is alle slagoffers bloot net statistiek in die banale anale van Afrika donker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.