Nersa gee goedkeuring vir 9,4%-verhoging vir Eskom

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Eskom goedkeuring gegee om ʼn 9,4%-verhoging in 2019/2020 te implementeer. ʼn Verhoging van 8,1% is vir 2020/2021 goedgekeur en 5,2% in 2021/2022.

Die kragvoorsiener het aanvanklik ʼn 15%-verhoging oor die volgende drie jaar versoek weens finansiële probleme, insluitend ʼn skuldlas van meer as R400 miljard.

Eskom se verhoging sal nog meer druk plaas op verbruikers wat pas getref is deur ʼn groot petrolprysverhoging en van 3 April waarskynlik ʼn ekstra 29c per liter sal moet betaal vir staatsheffings, soos aangekondig deur Tito Mboweni, die minister van finansies, se begrotingsrede verlede maand.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het intussen Nersa se besluit veroordeel en gaan redes van Nersa versoek vir hierdie verhoging wat ver bo inflasie is.

AfriForum is van mening dat jaarlikse tariefverhogings soos hierdie onvolhoubaar is en dat Eskom se staatsgewaarborgde monopolie op elektrisiteitsvoorsiening uiters ongesond vir die land, sy mense en die ekonomie is.

Nersa het ook ’n bedrag van R3,869 miljard toegestaan vir die regulatoriese aansuiweringsrekening (RAR) (Regulatory Clearing Account) nadat Eskom vir R22 miljard gevra het.

AfriForum het hierdie tariefverhoging uit die staanspoor teengestaan deur skriftelike kommentaar aan Nersa te lewer. Die burgerregteorganisasie se bydrae tot die openbaredeelnameproses was ’n voorlegging wat aanvoer dat die koste van Eskom se beweerde korrupte aktiwiteite en wanadministrasie by die berekening van die verhoging in die komende jaar se elektrisiteitstarief uitgesluit moet word.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê dat Eskom nie kon bewys dat hulle groter verhogings verdien nie. “Die regering gebruik Eskom se alleenheerskappy as hefboom om die publiek en die sakesektor gyselaar te hou, wat met beste praktyke elders ter wêreld strydig is. Eskom se dominante posisie – dit verskaf 95% van die land se elektrisiteit – laat die organisasie ook toe om voortdurend aansoek te doen om buitensporige verhogings in kragtariewe. Die swak bestuurstyl en die feit dat verantwoordelike amptenare nie aanspreeklik gehou word vir wanadministrasie en korrupsie nie, is grotendeels wat die probleem by Eskom veroorsaak.”

Brink het bygevoeg Eskom se wanbestuur rondom munisipale skuld was ’n groot besprekingspunt tydens die openbaredeelnameproses. “Indien Eskom nie die bestuur van munisipale kragrekeninge kan hanteer nie, moet Nersa strenger teen partye optree wat lisensievoorwaardes verbreek. Suid-Afrika het ’n meer gedesentraliseerde kragsektor nodig.”

Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, het gesê Eskom moet verkieslik geprivatiseer word, maar selfs indien dit in staatsbesit bly, moet dit uiteindelik slegs een van vele kragvoorsieners wees. “Dit moet, nes talle ander firmas in verskeie ander sektore, aan markkragte blootgestel word sodat verbruikers uiteindelik meer en beter keuses kan hê. Dít sal Eskom dwing om vermorsing en korrupsie uit te skakel om sodoende beter mee te ding, of die risiko te loop om onder te gaan,” het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kolle ·

Mooi man. Leeg gesuigte belastingbetaler is nie die woord nie. Parasitisme op sy heel beste!

PaulV ·

Daar is sekerlik ‘n fout by die 6de paragraaf wat lees: Nersa het ook ‘n bedrag van R3,869 miljard toegestaan… nadat Eskom vir R22 miljard gevra het.

Cherokee ·

Nee Paul, ek lees dit (waarskynlik reg). 3 komma 869 miljard.

Werner ·

Dis reg, Cherokee. Paul, in Engels sou dit R3.689 billion wees. In Arikaans is dit R3,689 miljard. Dankie Maroela vir die mooi Afrikaans!

James ·

So as mens mooi dink betaal ons nou vir adisionele 9.4% van die bevolking wat nie vir krag betaal nie??????

Ai. ·

Dit was altyd hul plan met die wittes James…Betaal of emigreer…
Jy sal wel dit een of ander tyd oorweeg aangesien hul sosialistie parasitism jou gasn leeg suig tot daar niks oor is nie…belaglik ne..

BlinkStephaans ·

Dit was tog alles tewagte… nersa het geen tande nie… en totaal onbevoeg om eskom in die bek te ruk. Indien dit ooit sou gebeur dat ander kragvoorsieners tot die mark toetree sal eskom dieselfde pad loop as die lugdiens… totaal onbevoeg om mee te ding… en n jaarlikse inspuiting van die belastingbetaler dat die warboel tog net nie moet vrek nie. Ons gaan aanhou betaal om onbevoegde staatsinstansies aan die lewe te hou.

Koos de Meyer. ·

Nee lees mooi, 9.4%plus die ander 4. 41 alles tesaam 13.81% 1 April en dis nie ‘n April grap nie.

Chris ·

So nog n 15 % verhoging vir die onbevoegde korruptenare om weg te dra . So begin sakeondernemings personeel afle om die parrasiet te voed want daar is net nie meer genoeg geld n wins , vir werkers en die parasiete nie

sinies ·

Ek het sonpanele en battrye aangebring. Ek is heetemal ‘off grid’. Dis die enigste uitweg.

sinies ·

Ek het minder as R70,000 betaal en my krag kos nou 85%% minder. Ek is nou verlos van die swart EKSDOM monopolie.

Ai. ·

Stem sinies..druk daai parasiete een vet put..een vet een ek se jou!…go off the grid en n donkiekar……Hul sal wel dan weer daarvoor opmaak met verhoogte persoonlikke belasting en verhoogde petroleum pryse…Dekselse sosialistiese parasiete ek se jou!

George in Bloem ·

Maggies man maar dis lekker om ander mense se geld weg te gee. En dan nogal te weet dat dit wanaangewend en gemors gaan word deur onbevoegdheid,korrupsie asook nepotisme. Lekker man lekker. Viva.

Andre Coetzee ·

Dus ten spyte van duisende versoeke en voorleggings met publieke inseg en duisende Sms boodskappe en petisies staan Nersa steeds ‘n verhoging toe.Ongelooflik.Dit is tyd vir belasting revolusie.Kom ons begin beplan en reelings tref.Wat dink julle?

John ·

Onthou ons gaan ook nie net hierdie % by ons maandelikse behoefte betaal nie maar alles… alles wat ons koop se pryse gaan ook op wat ‘n nagmerrie gaan wees. En die rentekoerse gaan glo ook op weens die stygende inflasie. Baie winkels voel die druk en wil reeds hul besighede inkrimp… En mens wil nog sien of Eskom presies daardie % gaan byvoeg. Kom winter dan word hul rekeningkunde al swakker en gou is swak kole en reèn weer die rede vir kragonderbrekings. Daar is darem ook niks soos ‘n bonus voor ‘n verkiesing nie…

Manie ·

Ek sal graag wil weet wat is die resep om jou ligte aan te hou en nie te betaal soos die hele Soweto. Dan is dit nogal onder n DA stadsraad.

P G Slabbert ·

En voeg nog die ekstra btw ook by die rekening , geen wonder jy sien net tande en hande wat gevryf word . En so ploeter hul voort , tot die volgende verhoging . Die sg. nersa is net nog kader ontplooing en werkskepping vir die anc , en die wat nog kan betaal , sal so aanhou . Daar sal nooit van hierdie gierigheid van die gespuis .ontslae geraak word . Die wat baat by die diefstal en plundery van die staats entiteite , sal aanhou stem vir die anc , miljoene baat by dit ! En dis nie net die wat in diens van die belasting betaler is . Hierdie web is groter , as wat ons besef ,

Cobus.panther ·

Weet van n gesin in Springs wat 300/ maand aan krag bestee….en 100 eenhee gratis kry sowel as 6kl water gratis per maand….Gesin is 2 volwassenes en 2 kinders met ondervloerse verhitting gedurende studie tye…pal aan….one net twee en moet look werk met R 1000 se krag n maand….

Thinus ·

Nersa is net nog ‘n anc puppet. Totaal onbevoeg en ‘n klug. Hulle dien geen doel meer nie.

SjN ·

Wie is hulle om namens my te besluit, in mooi suiwer afrikaans, gaan ver weg, sal met behulp van sonkrag sonder julle klaar kom, verwyder asb jul eeu oue aansluitings sodat die basiese heffing ook geskrap kan word.

willie ·

Een van die dae sal ons seker vir suurstof ook moet betaal

Jack Sadie ·

Hierdie was die laaste strooi vir my. Spaar al lankal vir alternatiewe verhitting. Watch this space! Eskom is Vrekdom en gaan nou nóg minder krag verkoop!

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom bied Solidariteit en Afriforum nie aan om Gerrie Nel beskikbaar te stel om Eskom by te staan om elke munisipaliteit wat geld skuld daarvoor te dagvaar nie? As ek iemand geld skuld word ek “oorhandig vir invordering”……….maar as munisipaliteite nie die geld oorbetaal wat hulle van hulle kliënte ontvang nie……..dan doen Eskom niks daaraan om die geld te probeer invorder nie. Hoekom nie?

Hanna Hoekom ·

En die miljoene parasiete gaan maar net aan met hul lewens, want geen verhoging in elektrisiteit gaan hulle raak nie: het in elk geval nog nooit vir elektrisiteit betaal nie! Middelvinger vir die vuisvoos belastingbetaler. En sommer nog een.

Elsa ·

Ek werk saam mense wat hulle eie huis het en hulle betaal glad nie elektrieseteit nie. hulle prepaid meters is uitgehaal en kry nou verniet elektrisieteit As ons nie in tyd betaal nie word on elektrisiteit afgesit. Maar ander mense kry veniet elektrisiteit wat nie eers arm is nie.. So ons betaal vir hulle wat nie betaal nie???????

Mariana ·

Nersa maar ook net nog ‘n marionet vir die revering. Revering trek sy toutjies en hy dans. Eskom weet hy sal die verhoging kry anders word krag maar weer net afgesit. Ons moet gewoond wees aan betaal. Krag, petrol, kos, ens gaan mos ook nou styg. Ons word uitgesuig tot daar niks meer oor is nie en ons doen dit nou maar want hoe anders. Die maklik om te sê gaan Off the grid maar daarvoor moet daar ook geld were wat die meeste mense net nie het nie, nou ploeter ons maar so voort en die regering suig en suig tot als opgesuig is. By sommiges word gevat om vir ander te gee. ‘n Klein groepie sorg vir die menigtes wat als verniet wil hê.

Elsa ·

Ek dink ons moet ook optogte hou , dan kan ons ook alles regkry. Ek dink maar net aan n droom wat nooit waar kan wees nie. Ons betaal omdat ons afhanklik is van Eskom, maar Soweto betaal amper nooit. hoekom word hulle nie afgesny nie????. nou moet ons betaal vir korupsie ????? hoekom

Db ·

@Anton. Welkom by die partytjie want jy het nie genoeg stroop gebruik nie. Myne verdwyn ook soos mis voor die son

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.