Nóg ʼn aanval op Mpumalanga-plaas

Die gesteelde bakkie wat teruggevind is. Foto: Verskaf via Kasselman-veiligheidsdienste (KSS)

Die gesteelde bakkie wat teruggevind is. Foto: Verskaf via Kasselman-veiligheidsdienste (KSS)

Skaars vier dae ná die wrede moord op vier lede van die Smuts-gesin op hul plaas in die Balfour-omgewing, is nog ʼn vrou op ʼn Mpumalanga-plaas aangeval.

Henry Geldenhuys, die nasionale voorsitter van die TLU, het Donderdag aan Maroela Media gesê die vrou, Emily Schoeman, is Donderdag in die vroeë oggendure buite Standerton op die hoenderplaas waar sy werk, aangeval.

“Schoeman woon alleen in die huis op die plaas en is al ʼn geruime tyd ʼn werknemer van ʼn plaaslike boer. Sy is omstreeks 02:00 na die hoenderhokke om roetine-inspeksie te gaan doen,” het Geldenhuys gesê.

Hy verduidelik dat die hoenders 24 uur per dag vreet en sy moet daagliks omstreeks 02:00 gaan seker maak dat alles by die hokke vlot verloop.

“Ons vermoed sy is dopgehou en die aanvallers het haar roetine geken. Sy is deur twee verdagtes in haar huis ingewag toe sy teruggekom het van die hokke af. Die aanvallers het een van die ander deure oopgebreek as die een wat sy altyd gebruik, so sy het niks vreemds vermoed toe sy by die huis aangekom het nie. Sy beweer ook haar honde was kalm terwyl sy teruggestap het.”

Sy is in die huis aangerand en onder meer met ʼn blompot geslaan. Die mans het aangedring op die kluissleutels en het gevlug met haar bakkie, bankkaarte en ʼn 9 mm-pistool.

Geldenhuys het gesê Schoeman het alarm gemaak en die plaaslike veiligheidstrukture is geaktiveer, waarna verskeie boere van die gemeenskap, die polisie, die honde-eenheid en veiligheidsbeamptes van onder meer Kasselman-veiligheidsdienste (KSS) spoedig reageer het.

Die aanvallers is agterna gesit en die bakkie is by die ingang van ʼn informele nedersetting buite Standerton opgespoor. Die verdagtes het uit die bakkie gespring en op die mense wat op hul hakke was, geskiet. ʼn Veiligheidsbeampte van KSS het teruggeskiet en die verdagtes het op die vlug geslaan.

Na wat verneem word, is niemand tydens die skietery beseer nie. Die bakkie en van die vrou se bankkaarte is teruggevind. Die vuurwapen word egter nog vermis. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en alle leidrade word opgevolg.

Volgens Geldenhuys is Schoeman gelukkig nie ernstig beseer nie, maar wel getraumatiseerd.

In die lig van ʼn vlaag plaasaanvalle die afgelope tyd oor die land, het Geldenhuys namens die TLU ʼn beroep op almal wat op plase woon, gedoen om ekstra paraat te wees en seker te maak hulle is by veiligheidsnetwerke ingeskakel.

Maroela Media het vroeër berig Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is Dinsdagoggend op die plaas Modderbult gevind nadat hulle Maandag deur ʼn onbekende aantal verdagtes aangeval en beroof is. Al vier is glo op teregstellingwyse geskiet.

Belinda en Paulina se liggame is met komberse tot onder hul kenne bedek en Louis en Gert se liggame albei met swart seile toegegooi.

Vier mense is Dinsdag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Twee verdagtes, onder wie ʼn werker op die plaas, word moontlik met die moorde verbind. Hulle verskyn Donderdag in die hof op aanklag van moord. Daar is gesteelde ware in die ander twee verdagtes se besit gevind. Hulle het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde eiendom.

Buiten die aanval op Schoeman, was daar reeds minstens 30 plaasaanvalle in Februarie in Suid-Afrika. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdagoggend in reaksie op die Smuts-gesin se moorde gesê 11 mense is reeds hierdie maand in plaasaanvalle vermoor.

“Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom of die regering nie bereid is om landsburgers te beskerm nie,” het Cameron toe gesê.

Hy het gesê gemeenskappe sal self moet begin optree om plaasaanvalle te voorkom en dat die wet genoeg ruimte laat om dit te doen.

Van die vrou se bankkaarte wat gesteel is, is teruggevind. Foto: Via Kasselman-veiligheidsdienste (KSS)

Van die vrou se bankkaarte wat gesteel is, is teruggevind. Foto: Via Kasselman-veiligheidsdienste (KSS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

karlin ·

liewe hemel!!!! genoeg is genoeg!! no gaan ons terug moet gee wat hulle gee!! beskerm is al uitweg.. hou maar jul wapens gereed!!! want nog n lewe van ons wit mense gaan nie op so manier gevat word nie!!!!!!!! wees wakker en moenie nalatig wees nie.. dit sommer no genoeg!!!!!

Cherokee ·

Wat presies bedoel jy by ‘genoeg’? Die eerste keer was al te veel.

AL ·

Dankie tog Here, dat daar n beter uiteinde is op hierdie aanval en sy nie gedood is nie. Soos U u genadige hand uitgesteek het om ons smeekgebede te verhoor vir reen tydens die knellende droogte, net so glo en vertrou ons dat U ons sal help met die land se probleme.
Ek wonder hoeveel opportunistiese aanvalle daar was en hoeveel is daar wie jou en jou roetine eers dophou voordat hul toeslaan?

kwaad ·

Moenie kla as mense die reg in hulle eie hande begin neem nie!!!!!!!

Dr Elize ·

Mag ek vra hoekom ‘n VROU 02h00 in die oggend roetine inspeksie moet gaan doen??????
wat dink daai boer

Lalla ·

Dr Elize – die vrou moet gaan werk vir haar inkomste.
As jy al ooit by ‘n hoenderplaas betrokke was, sal jy weet dat hoenders soos goud opgepas moet word.

Johan ·

Hoekom nie ‘n VROU nie? Daar is baie vroue wat deur die nag werk of wat snags uitgeroep word om te gaan werk. Wil ons nou terug gaan na mans werk en vroue bly in die kombuis?

Marieta ·

Dr. Elize ek wonder oor dieselfde ding. Of dit nou Haar werk is of nie hy moet Darem gedink het dit gaan nie werk nie!

QL ·

Dr. Elize, as dit n man was, sou die aanval heelwaarskynlik nogsteeds plaas gevind het, en soos Johan genoem het, daar is baie vrouens wat in die nag werk, by keuse. Daar is nie werk vir mense daar buite nie en dit is haar keuse om daar te werk, dalk omdat sy dit geniet op die plaas en dit klink ook asof sy n ervare vrou is met wat sy doen, anders sou die broer nie die pos aan haar toevertrou het nie. Dit is ook dalk die rede omdat die boer n vrou aangestel het en nie n man nie.

Louis ·

Hierdie aanvalle neem toe.
Kom ons dink so bietjie aan wat in ZIM gebeur het.
Plaasaanvalle het stelselmatig toegeneem.
Die president het ook begin praat oor herverdeling van grond.
Daarna het hy grond begin onteien
Later het sy veiligheidsmagte en polisie ook deelgeneem aan die geweld en afsetting van mense op hulle plase.

Die ooreenkoms is so dieselfde. Ons president tree dieselfde op. Plaasaanvalle word nie as ernstige misdaad beskou nie Daar is ‘n plan om grond en nie net grond nie maar ekonomiese beheer oor te vat met geweld in die naam van geregtigheid.
Hierdie oorname en swartbemagtiging gaan nie oor die voorspoed van die land nie. Dit gaan eerder om ‘n klein groepie wat in die regering is om hulself te verryk.
Die ekonomie en landbou kan maar vernetig word solank dit nie in wit hande is nie want daardie suksesvolle wit boere en besigheidsmense herriner hulle net aan hulle eie onvermoee. Hulle onvermoee om ‘n land te regeer is nou al bewys. daar is nie een departement wat goed bestuur word nie (miskien finansies)

Heleen ·

‘n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Miskien moet ons boere só maak – vir elke boer/boervrou/kind wat vermoor word, moet ‘n lid van die ras wat die moord gepleeg het, ook vermoor word – op dieselfde manier as wat die boer/boervrou/kind vermoor is. Dalk radikaal, maar dit is skynbaar al taal wat dié “mense” ken.

Jean ·

Wat is DAADWERKLIK OPGETREE WORD? Wag ons vir Zuma of vir die Minister van Veiligheid en Sekuriteit of die Kommissaris van Polisie om iets te doen? Want ekt vir julle SLEGTE nuus, hule het nog nie op EEN van hierdie moorde op Blankes gereageer nie. Hulle het nog nie EEN hulleself uitgespreek teen die VLAAG van moorde op blankes nie, maar is gou om rassisme op FB vas te vat. VIR WIE WAG ONS? Want ‘ONS’ gaan lank wag. As Afriforum en Solidariteit (wat ek ondersteun) nie hulle ding doen nie, is daar nie juis enige kans dat IETS gaan verbeter nie. Mense moet BETROKKE raak, maar hulle kritiseer eerder Afriforum as wat hulle BETAAL en deel word van ‘n PLAN!

AL ·

Ek stem saam met jou. Tree daadwerklik op en word deel van Afriforum en Solidariteit. Ons maak hul saak sterker deur ondersteuning te gee – en hul het heelwat suksesstories om dit te bewys.

AL ·

Leer selfverdediging aan van manlief tot die hond! Dis jammer dat ons nie ou weermagopleiding het wat die mense bemagtig nie. Wees paraat, jy kan soveel dinge opmerk deur net te observeer. Ons het net vir 2dae so roetine, dan val ons terug in ons gemaksone.

Pensioenaris, Koos ·

Sal dit help om by Afriforum of Solidariteit aan te sluit, volgens my praat en debateer hulle ook maar net. Waar is hulle kommando of enige saamkom punt, sodat ons kan oorgaan tot aksie.

pieter ·

en so gaap gaap en slaap slaap word die wittes vermoor.want se ons die boere kan nie saamstaan nie anc weet dit WANNEER SAL SIENER SE MAN IN DIE GRYSPAK AANKOM HOOP GOU.

Betda ·

Praat ons hier van siener van Rensburg..
Man in grys pak…herinner my gou bietjie..het sy boek jare terug net vinnig gelees

Leana ·

Wat bedoel jy met ons moet saamstaan? Saamstaan met wat? Gee asb n paar voorbeelde van hoe ons moet saamstaan. Ek hoor al vir jare “ons moet saamstaan” maar daar word nie gesê in watter opsig ons moet “saamstaan” nie.

vermeende ·

Maroela Media, hoekom poog julle in die berig om wantroue te saai. Is daar enige rede hoekom julle (die skrywer van die artiekel) haar woord in twyfel trek oor die gebeure.

Die slagoffer het haar kant van die gebeure gegee na die beste wat sy kan en julle se sy BEWEER!!!!!

Heleen ·

Maroela Media is maar lekker selektief in wat hul plaas en wat nie, al voldoen ‘n spesifieke kommentaar aan al hul vooropgestelde vereistes. Hul beriggewing is baie keer deurspek met tik- en taalfoute en inligting wat op ander web-nuustuistes gegee word, verskil radikaal.

Caja ·

Is dit net ek of voel ‘n mens die ongelooflike spanning tussen almal aan oral waar jy beweeg? Selfs die winkels en op straat… HKGK!!!!!

Andre ·

Caja, jy is nie die enigste een wat dit agterkom nie, ons het dit maande gelede al opgemerk. Daai ouens met die oorpakke het laasjaar lank in die nagte, in al die dorpe ook, vergaderings gehou terwyl die skapies voor die TV gesit of geslaap het. En vertel nou vir die skapies dat hier in Desember en Januarie ‘n ongelooflike toestroming van mense was wat nie toeriste is nie, en hul maak dit af as regse propaganda. Die ogies is gesluit want die volk is vervalle, en die afgode word gedien.

Zanie ·

Ek voel dit ook al vir so 2 tot 3 maande nou.Dis asof hulle net erger en erger aggresief raak en daarop uit is om iets aan jou te doen.

Magda ·

Dink neem gereg in eie hande – want ONS HET NOU GENOEG GEHAD – NIEMAND BESKERM DIE BOERE NIE – Wat staan ons anders te doen????

Aster ·

Genade ek kan dit nie meer vat nie!
Wat help dit om die gereg in eie hande te neem, doen jy dit dan word jy aangekla van moord. Ons is “screwed” soos wat jy kan kry! Ons moet opstaan en aksie neem, laat die opposisie kan sien ons staan op vir ons regte. As hulle kan opstaan vir hulle regte, hoekom kan ons nie?

Rochelle ·

Ek wil net graag weet of iemand enige iets weet wat die hof uitspraak was van die twee verdagtes in die Belfour moorde?

Piket ·

Ons is presies in die toestand soos uiteengesit in Deut.28: 15-68.
Ons het afgedwaal van GOD en SY bevele.
Hoe lank nog kan ons nog uithou?
Sonder HOM?

Hannie ·

Ek slaan my oë op na die berge, waar sal ons hulp vandaan kom, nie die mens, net GOD, ons enigste uitweg.

Penny ·

Mooi so Koos dis die enigste wat gaan werk ,hulle lag vir mooi praaitjies !!

Zeus ·

Man of vrou maak nie saak nie as jy 2:00 die oggend op n plaas rondry sonder n vuurwapen vat jy n baie groot kaans.

Peet J ·

Ek sien maroela media wil nie my kommentaar plaas nie, maar ek stem saam met Pensioenaris.Koos .

peanut ·

toemaar, jys nie alleen, join the club. Ek dink hulle is bang ons het solutions wat gaan werk en dan is baie kommissies van ondersoek, spesiale taakmagte ens ens oorbodig en baie meer mense werkloos. Onthou, geweld maak geld . . . . en nuus

balao ·

Liewe MM
Sensor julle elke liewe brief wat nie polities korrek genoeg is tot die punt van algehele ‘boikottering en blokkasie’ of net party van ons s’n wat dalk tot wesenlike oplossings, sonder konflik en bloedvergieting kan lei, want dan gaan daar nie meer sensasionele nuus wees om te versprei

Jaco ·

Balao join the club! MM is maar soos Media24, moet tog net nie waag om iets teen ons regeringtjie te se of die ware stand van politiese sake te debateer nie…Dink eerlik waar nie hul staan vir wat hul se hul doen nie….en die kans dat hul hierdie gaan publiseer is ook seker nul.

Boervrou ·

Daar is een stukkie gare wat deur al hierdie berigte trek. Die aanvallers soek WAPENS en geld. 1.) Hoekom die ernstige siektog na wapens? Ek weet dis nie nuut nie, maar dit smaak my die soektog raak al meer intens. Wat is die doel? Om ons geheel en al te ontwapen en/of maak hulle reg vir iets waarvoor ons maar salig & aan die slaap onbewus is? 2.) Hoekom dra nie een van die boere enige wapens by hulle nie? Genade tog! As jy nie bekend genoeg is met jou wapen aan jou sy nie en hy moet in ‘n kluis toegesluit bly, raak ontslae van die ding. ‘n Wapen toegesluit in ‘n kluis maak van jou ‘n teiken. Jammer vir die hulle & ons, maar dis ongelukkig realiteit. Dit is ‘n hulle teen ons ons geveg hierdie. Sterkte vir die slagoffers en hul familie. Mag die Here genadig wees teenoor ons almal!

Heleen ·

@PeetJ, peanut, balao &Jaco – ek stem 100% saam met almal van julle. Jy moet POLITIES korrek wees voor MM jou kommentaar plaas en moet tog net nie die regerende party kritiseer of enige rasverwysings maak nie – jou kommentaar word nie geplaas nie. Maroela is SELEKTIEF in die plasing van kommentare; soms plaas hulle goed wat mense warm onder die kraag maak a.g.v. persoonlike kritiek en opmerkings, maar as ons mense wat dik is vir die situasie in die land net melding maak van ras of krities teenoor ‘n sekere rasgroep of die regerendeparty is, is die “Koebaai Meraai” met jou opmerking – reguit asblik toe!

Nommerplaat ·

Is dit nodig dat die voertuig se nommerplaat ook verskyn?

André ·

Vra eerder hoekom was haar vuurwapen by haar nie, maar in ń kluis.

Mariaan ·

Ek verstaan heeltemal dat ń hoenderplaas sekere vereistes het, maar watter veiligheidsmaatreêls is daar om enige persoon te beskerm wat so blootgestel word en ń sagte teiken is.

James Bravery ·

Ek verstaan nie hkom die plaas moorde nie opgebring word deur die partye se verteenwoordigers in die parliment?.Die TV media ook nie betrokke nie..Die ANC is meer bekommered en praat oor die skade van army worm in parliment maar wat van die boer wat gemoor word..sonder boer geen oeste om oor te bekommer nie!..die wurms kan dan maar als op vreet..daar moet n boere polieties party gestig word wat punte tel en verandering kan maak!..die regering moet aanspreklik gehou word ..kan ons nie hof aksie bring teen die regering nie?..ons word uitgewis…

dirk L ·

Elise daar is baie vroue wat hulpbehoewend en manloos is. Daar is geweldig baie afrikaners sonder werk en pensioen. Hulle verkondig dit nie luidkeels nie. Pensioenarisse is volop, hul kinders expats. Tragies. Die land loop leeg en almal weet die geweld gaan meer word, die kos minder, die water nog skaarser

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.