Nóg ʼn herrie oor Steve-video

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat klagtes ontvang is dat ʼn hommeltuig glo onregmatig gebruik is in die vervaardiging van Steve Hofmeyr se jongste musiekvideo, “Feeslied”.

Die musiekvideo is verlede Dinsdag in die aansluiting van Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambesi-rylaan) en die N1-wisselaar verfilm. Hofmeyr en sy span het ʼn “flash mob” gereël om beeldmateriaal te skiet.

Verkeer is vir nagenoeg drie minute tot ʼn stilstand gebring terwyl hy vir niksvermoedende motoriste gesing het. Hy is daarna as deel van die video deur Tshwane-metropolisiebeamptes “in hegtenis geneem”, wat sosialemediagebruikers laat gons het.

Hofmeyr het kort ná die voorval aan Maroela Media gesê hoewel hy van die toneel af weggelei is, is hy nie in hegtenis geneem nie en alles was vooraf beplan. Hofmeyr het gesê hulle het vyf kameras gehad, talle mense het selfoonvideo’s geneem en daar was selfs ʼn hommeltuig.

Die video is dieselfde dag vervaardig en bekendgestel. Kommer is daarna uitgespreek dat die hommeltuig glo bepalings van die BLO oortree het en onder meer ʼn gevaar vir vliegtuie kon inhou wat van die Wonderboom-lughawe gebruik wou maak.

Kabelo Ledwaba, die BLO se kommunikasiebestuurder, het Vrydag by navraag aan Maroela Media bevestig die owerheid is bewus van beweringe dat ʼn hommeltuig glo onregmatig gebruik is.

“Suid-Afrika het in Julie 2015 een van die min lande geword om omvattende regulasies vir die gebruik van afstandbeheerde vliegtuie in te stel. Dit is gedoen om toe te laat dat dié vliegtuie wettig gebruik kan word en in ʼn lugruim bekendgestel word wat oorweldigend net vir bemande vliegtuie toeganklik was,” het Ledwaba gesê.

Hy het gesê ingevolge die burgerlugvaartwet word dit verbied dat ʼn hommeltuig nader as 50 m aan ʼn mens of groep mense, strukture, geboue of openbare paaie mag kom, tensy daar aan spesifieke vereistes voldoen word.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of enige reëls oortree is en of spesiale toestemming verkry is. Die ondersoek sal onder meer bepaal of die hommeltuig wel by die BLO geregistreer is en dat die operateur die nodige permitte en lisensies het.”

Hy het voorts gesê ʼn hommeltuig se vlieënier moet ʼn lisensie hê om ʼn afstandbeheerde vliegtuig te bedryf en het die verantwoordelikheid om geen mens of ander vliegtuie se veiligheid in gevaar te stel nie. Die hommeltuig mag ook nie gebruik word om enigiemand se privaatheid te skend nie.

“Eienaars of operateurs van hommeltuie moet soos enige ander lugruimgebruiker aan die BLO se regulasies voldoen. In dié geval mag versuiming daarvan tot ʼn boete van R50 000 of 10 jaar gevangenisstraf of albei lei.”

Ledwaba het gesê die uitslag van die ondersoek sal bepaal watter, indien enige, strafmaatreëls teen die eienaar of operateur van die hommeltuig opgelê sal word.

Die tydperk wat ondersoeke duur, verander van saak tot saak en word bepaal deur die ingewikkeldheid daarvan. “Ons doel is eerder om seker te maak dat elke ondersoek deeglik gedoen word as om dit af te rammel, asook dat mense verantwoording vir hul dade doen as hulle verkeerd opgetree het.”

Gerhard van Rooyen, eienaar van die produksiemaatskappy GVR wat die video verfilm het, het aan Maroela Media gesê sy maatskappy doen nie self hommeltuigverfilming nie en daarom het hy ʼn kontrakteur daarvoor gehuur.

“Volgens my wete is die kontrakteur wel gelisensieerd. Ek het die kontrakteur daaroor uitgevra voordat ons die video geskiet het omrede ons die regte roete wou volg met ʼn goed voorafbeplande en veilige produksie.”

Hy het gesê die video is in die algemeen goed ontvang en hulle kry net goeie terugvoer van aanhangers af. Die video was teen Vrydag 850 000 keer op Facebook gekyk en 30 000 keer gedeel. Volgens Van Rooyen is dit ʼn rekord vir so ʼn video – en nog ʼn rekord is dat dit in slegs een dag verfilm en vervaardig is.

Ledwaba het ʼn beroep op operateurs en eienaars van hommeltuie gedoen om hulle te vergewis van die nodige wetgewing.

Feeslied

En hier is hy! Die FEESLIED flashmob video van vanoggend op Zambesi-rylaan. 'n Trêffic jêm, 'n video en amper 'n halfmiljoen kykers met 4.2K kommentare, Alles binne 9 ure… Dankie vir soveel pers en media wat saamspeel. Dis tog alles ook fun. As jy deel was, dankie! As jy laat was, jammer!Dankie vir die brawe manne en dames by Gerhard van Rooyen, ons vrinne by Coleske Artists, Afrikaans is Groot en die Pretoria Metro. Tjoekie sou 'n antiklimaks wees…. #Feeslied #Skree

Posted by Steve Hofmeyr on Tuesday, October 3, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Speedguard ·

Die BLO soek nou ook ‘n hap van die koek, wat van die karre wat so jaag in die Getto’s wat hulle afneem of Carteblanch met die perde, Kom nou mense doen wat julle moet doen en moet asb nie so ooglopend met EEN OOG moeilikheid soek nie !!

Pieter ·

Ja en al die vliegtuie vlieg op n hoogte van 50m bo zambesi…..dis net ouens wat nou suurgat is

Wow! Love It! ·

Awesome! Fantasties! Dankie, Steve! You MADE my day. Wow!

Leahim ·

You go Steve…..n man en volksheld vir wie ek groot respek het.

Jacques ·

White men’s MAGIC!!! Hoendervleis lekker, sorry vir die suurgatte

Dawid ·

As hy nou uit die tjokie uitkom kan hy regmatig ons presdent word. Hy het dan al die regte getuigskrifte in plek :)

Mielie ·

Hierdie mense soek vir Steve. Alles wat hy doen word fyndopgehou. Hulle besef seker die man kan baie vermag. Wees behoed Steve.

Boerseun ·

Moet nie so skreeu nie jy gaan n hart aanval kry, en staat hospitale is nie die of plek waar jy vir wees nie

Jan ·

Dit is nou kleinlik, seker ‘n klomp liberaliste wat nie van Steve hou nie, ai siestog.

Andre ·

Jan, jou held is self ‘n liberalis. Gaan lees sy boek as jy my nie glo nie. Kyk spesifiek ook wat hy gestem het in die ’92 Referendum – dit was nie “nee” nie.

Allet Venter ·

Ag asseblief. Hou julle eerder besig met n ondersoek oor plaasmoorde en ander kriminele dade

Johannes van Rooyen ·

Nou wat van die GUPTAS ANC EN ZUMA wat die land onregmatig besteel is dit nie baie erger as om ñ hommeltuig onregmatig vir 3 min te gebriik nie

Kobrie ·

Steve jy kan!!! Sal jou altyd ondersteun! Doen so voort. Halleluja en Amen ?

Katy ·

Steve jy mag maar sing, maak net voor die tyd seker jy kom nie in moelikheid nie.

Koos ·

Vergeet van die hommeltuig. Vervolg hom vir die doelbewuste verkeersontwrigting wat hy veroorsaak het. Kinderagtig verby.

Pieter ·

Koos,
Die lewe is suur genoeg die Zupta paradys, moenie nou oorboord gaan en jou vir Steve vervies nie. Word eerder kwaad as die taxibestuurders en Zuma alles doen wat verkeerd is en niks oorkom nie.

Ann ·

Siestog. Was jy ook vir 3 minute ontwrig? Wow, dis vreeslik, hoor.

Persoonlik ·

Koos het ook ‘n probleem gehad met die bekende paartjie wat 2 pienkvoete verwag??
Kry ‘n lewe Koos. Jy sit duidelik net en wag om negatiewe kommentaar te lewer waar jy ‘n kansie kan kry.

Gert ·

Nie gesien Koos het iets gese toe die taxis die hoof weg toegemaak het , seker maar net suur vir homself oor iets of iemand.

Johan Oberholzer ·

Ek het so tuig en daar is plekke wat jy nie kan vlieg volgens FIA. Die sagteware word gereeld opgegradeer na waar jy is en sal glad nie eers aan sit as dit n vlug beheerde gebied. Oom Zuma soek net n stukkie pie vir niks doen

Boerseun ·

Snaaks hoe vinnig Steve gevang word maar Plaas Boere moordenaars kastig oor die Lesotho greens gaan

Kaspaas ·

Lekke suurdruiwe van die sogenaamde vervaardigers wat nie aan die Flashmob konsep kon dink nie

Kobus ·

Steve jy is my held.hulle moet so fokus op plaasmoorde.dan sal dit beter gaan.

S ·

Like nie die ou nie, egotripper, dink hy kan baie reg kry maar eintlik kry hy niks reg nie, aandagsoeker.

Piet Pompies ·

Die hele herrie rondom Steve se oorspronlike idee is ‘n oorlog op ‘n rekenaar sleutelbord.

Alida ·

Suur druiwe. Steve is koning. Skouspel bestaan nie eers meer nie want Steve is nie daar nie. Hy verkoop die kaartjies by AIG . As jy nie van hom hou nie ignoreer hom dis maklik.

Catryn ·

Wat het van die ondersoek geword van die GUPTAS by Waterkloof landing – hoeveel boetes was daar toe uitgereik, sien nie dat een van die Guptas in hegtenis geneem is nie. Twee stelle reëls vir ons – EEN vir jou EEN vir my – net soos as daar ‘n aanval teen ‘n boer is, dan is dit besigheidsroof en nie poging tot moord nie, en as iemand in ‘n kis geplaas word, is dit poging tot moord.

willie ·

Presies net so Catryn, hulle het meer as een boek met reëls waarvan hulle self net een boek se reëls toepas en daardie boek is ………… !

Elsje ·

Ja nee so steek ons ou wit volkie mekaar in die rug. Hoekom doen ons dit ?

Grotman ·

Steve ons staan 100% agter jou. Jy het guts en dis skaars in die land. Gaan so voort.

Anti Steve ·

Ek is geen Steve aanhanger nie … Maar ai – live and let live. Niks het gebeur en niemand het seergekry nie, en ek waarborg julle die wat in die verkeersknoop vasgesit het, het elke oomblik daarvan geniet. Jaloesie is n lelike ding!

FM ·

Ag ou Koos, die verkeer is 3 minute ontwrig. Het Steve en sy span se oorspronklikheid jou ook ontwrig. Sal plaasmoorde jou ook ontwrig? Ek salueer Steve en sy span. Sommige ouens het seker maar met die verkeerde voet uit die bed geklim en nou word Steve blameer daarvoor. Mooi Steve!! Wat n goeie gedagte. Doen so voort.

Magdalena ·

Oooooo Ai Ai toggie…….die groen oog monster…………ek stem saam met “Kaspaas”…….dié wat kla is net jaloers en afgunstig!!!
You GO Steve!!! Jy is en was nog altyd “anders”….. welgedaan Steve

Zelda ·

Die Ghuptas wou seker weer kom land het by Wonderboom . Ek kan ook nie sien dat daai hommertuig so hoog gevlieg het dat hy in die pad was van n vliegtuig wat wou kom land het nie. Jis hulle kan hulle tyd en geld mors op onnodige goed .

Francois ·

Loutere twak. Lugvaart het geen benul oor hoe om hommeltuie te hanteer nie. Die uitlating is leeg en hommel

Andreas ·

Steve kon nie vir beter bemarking gevra het nie. Maklik 1 mil werd. Well done

Michelle Nel ·

Regtig? Ek dink die positief wat hieruit gekom het, oorskadu ENIGE negatiwiteit wat daar mag wees. SUUR DRUIWE!!!!!! Blê………

Suzette ·

Ganade mense, paaie word toegemaak vir optogte wat heeldag vat, taxi’s versper paaie vir dae en Johannesburg se paaie word vir weke aaneen geblok vir flieks maar as Steve ‘n liedjie maak en die pad versper vir 3-5 minute dan wil almal ‘n herry opskop.

Niemand se privaatheid is geskend nie. Wat die hommel tuig was “met smaak” gebruik en geen gevaar ingelaat vir niemand nie.

As jy my vra gaan “investigate” eerder goed wat saak maak en hou op om ons belasting betalers se geld te mors op onbenullighede.

MP ·

Wat van die Guptas wat onregmatig op Wonderboom lughawe geland het ….geen haan het daarna weer gekraai nie!!!! wat van al die taxibestuurders ea wat bestuur SONDER n lisensie !!!!

Robot ·

‘n Stukkende verkeerslig op daardie pad is ‘n groter ontwrigting.

Realis ·

Ek het niks teen Steve nie, hou nog altyd van hom. Maar om verkeer so te ontwrig is baie onverantwoordelik. 3 Min klink na min tyd maar in nood tye kan dit die verskil tussen lewe en dood veroorsaak. Dink so daaraan, as jou kind in ‘n swembad geval het en nooddienste is laat omrede hul vasgevang was in die verkeer, sou jy dieselfde duuntjie gesing het?

Gatvol verby ·

Jou redenasie is verregaande. Wat as die hemel val dra ons almal blou kleertjies. Soos vorige skrywes wat van al die stukkende robotte, optogte, stakings v taxis geskryf is. Wat dan????

Chantal ·

Ag asb tog. Die was alles vooraf beplan gaan lees tog net bietjie daar was bane gewees juis vir lewe en dood situasies. Suurdruiwe kom tog asb by goeie genugtig???

PJC ·

Ai hoe lekker kry ek as Steve die liberaliste soos ou Koos so irriteer. Hy slaag elke keer perfek daarin. Sal iemand dalk op ń manier kan uitvind presies wie het hierdie aksie begin sodat ons kan weet met wie ons te doen het.

Anna Smith ·

Onthou mense…daar is nie so ding soos slegte publisiteit nie, die hele storie is goeie publisiteit. Laat hul maar “rand and rave” soos hul wil, hul speel reg in die vervaardigers se hand….dié is gratis publisiteit……en ek gun dit vir Steve….hy is n ware man.

Oplettend ·

Ek is bly die BLO doen hulle werk. Niks teen Steve gemik nie, maar die drone gevaartes pla my al ‘n goeie rukkie. Mense het geen respek vir ander se besittings en/of privaatheid nie

Omw ·

Ai toggie as jy die volle storie weet dan sal jy nie nonsens kwyt raak nien. Daar is hoeveel keer al gese dat noodbane oop was en enige noodvoertuie sou verby kan kom. As dit n optog was wat dan?

Anoniem ·

Se wie is die mense wat gaan kla het dan kan ons hulle ook boikot.

Fransie Rowles ·

Mooi lied, dankie Steve!!
Stem saam spandeer eerder jul tyd en geld aan ondersoeke oor plaasmoorde, Zumpie en Guptas!

Ongelooflik ·

As ‘n vliegtuig so laag oor die verkeer vleig soos die hommeltuig dan moet die lughawe liewers boete kry. Hommel tuig kan skade doen as hy val, maar as ‘n vleigtuig so laag vlieg en val kan hy verseker klomp lewens eis, dis belaglike verskoning. En watse wet? Jy kan die hommeltuig enige speelgoed winkel of oor die web bestel en nêrens keer hulle jou voor of sê dat jy jou lensie moet wys voor jy kan koop nie!

Mads ·

Rerig? Het hulle nie meer belangriker dinge om hulle aandag op te vestig nie? Niemand is beseer of aangeval nie. In elkgeval, as jy op die hoofweg in n voertuig is, is ju nie meer in n private plek nie. Hemel! Gun niemand meer ons Suid Afrikaners n bietjie ontspanning en pret nie? Almal soek 5.min van roem maak nie saak op wie hulle trap nie. Word wakker man! Ek dink dit was n great video. Dankie Steve.

Boet Fasie ·

Mooi Steve, jy is nou behoorlik in die sop, onthou jy is wit en die ANC soek witmans in die tronk!!!! al is dit nou ook oor ‘n hommeltuigie. Ek dink jy moet nou maar ‘ n liedie skryf oor die hommeltuig. ?

Domvraag ·

Hoe belaglik. Die volgende is dat as jy n elektriese speelgoed kar het dan moet jy n bestuurslisensie hê, of n skippers om jou aasbootjie te gebruik en die vrou met die stootkarretjie met haar baba moet nie net n bestuurslisensie hê nie maar ook n publieke lisensie want sy vervoer n mens. Belaglik maar wat van die mense met hul trollies wat kartonne en plastiese bottels bymekaar maak en dit per pad stoot en n gevaar inhou vir motoriste…. Hoekom word daar niks aan hul gedoen??

Boet Fasie ·

Domvraag – die ouens met die trollies het niks nodig nie want hulle kleur is feitlik korrek

Ronel ·

Kan die geld, tyd en ondersoekspan nie liewer gebruik word om plaas moordenaars of verkragters op te spoor nie. Julle mors ons belasting geld en dit nadat iemand net bietjie n smile ten midde van al die hartseer en dood wou bring! Jis mense word wakker

SARIE VAN HEERDEN ·

Enige kommentaar oor Steve se sondes wat nouweer seker ondersoek sal word? NEE. Net omdat sy naam Steve is want hy is ‘n seer kol in baie mense se binneste.. Ons soek hom as President van hierdie vervalle land.

Marinda ·

Ek kan nie glo wat ek nou gelees het nie. Hulle pas regtig hierdie wet toe? Ek dink nog die hele tyd ons bly in ñ wetelose land. Of is dit nou ñ kwesie van suur druiwe? Steve jy is ñ doring. Ek like jou nuwe song. Jy rock.

Apache ·

Om n hommeltuig (drone) of rc (radio controled) vliegtuigie te kan vlieg is daar sekere reels waar die operateur aan moet voldoen en om n lisensie daarvoor te he is na my mening n moet.
Ek het my lisensies vir alle afstand bestuurbare bote,vliegtuie en drones want ek neem deel aan kampioenskappe oorsee.
Beskerming van mens en dier en ander man se besittings staan by ons hoog in die vaandel en my mening is dan ook dat die hommeltuig nie gevlieg moes word nie want daar was mense in die direkte omgewing en ek het al gesien watse skade n hommeltuig en vliegtuig kan aanrig by mens en dier.

Ina Enslin ·

ag vrek…jy mag ook nie steel nie…en daar word biljoene gesteel…mag ook nie oor die spoedgrens ry nie…mag ook nie… en ooknie….o ja wat van…..nee wat kry maar eers die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter in ander wil raaksien…

GPC ·

BLV is in elk traag vir n rede, julle wil nie weet hoeveel aansoeke by hulle lê vir goedkeuring om gesertifiseer te kan wees nie. Hulle dink elke “Drone” wat opstyg soek n vliegtuig/helikopter om in vas te vlieg. Bietjie vertraagde denkwyse…….

Rooinek boerin ·

Loved it. You even got the gogos dancing. Thanks Steve you made my day. Ons moet meer geleenthede kry om te kan glimlag!

Steve fan ·

Love, love, love dit! Ten minste het mense vir 3 min gesmile en vergeet van al die gemors wat in SA aangaan! Ek sien nie eers een mens in die video wat nie gesmile, gelag of saam gedans of gesing het nie. Hoe pragtig was dit nou om vir 3 minute mense “gelukkig” te sien! Dis net die ou bitter bekke wat nou nog sal sanik!!! Kry n lewe gal brakers, braak liewer oor die kriminele wat so lekker in SA lewe! You go Steve, wat n pragtige “feel good song”

Ada ·

Ai die libs…oor n paar jaar is julle n vergete spesie.En die wat so kla …..dis vervelig.Kry n lewe.Wat doen julle om n vrolikheid inSA te kry?Het niks anders om te doen as om te kla nie?Kry julle jammer.
Knap gedaan Steve! Hou so aan! En vir die polisie wil ek net se gaan soek die plaasmoordenaars.Dit is belangrik dat julle julle tyd daarop spandeer.

Gerrit ·

Die vlooimark net om die draai waar Steve video gemaak het is vol hommeltuie wat hul heeldag vir moontlike kopers rondvlieg en geen haan kraai daaroor nie. Klink na suur druiwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.