Nog twee vas vir Krugersdorp-moorde

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die drie opspraakwekkende moorde in Krugersdorp aan die Wesrand.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn 20-jarige man en 18-jarige vrou is Donderdagaand in Krugersdorp vasgetrek. Die inhegtenisnemings volg ná drie weke se intense ondersoek deur die polisie, het sy gesê.

Die twee verdagtes sal Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Hanle Lategan (52), ʼn eiendomsagent van Roodepoort, het op 30 Mei verdwyn nadat sy ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys het. Haar liggaam is die volgende dag deur skoolkinders in ʼn veld langs ʼn spruit buite Randfontein gevind.

Kevin Mc Alpine (29), ʼn versekeringsmakelaar by InSHoor, se liggaam is die aand van 27 Mei in die kattebak van sy motor gevind op die hoek van Sivewright- en Francisstraat. Hy is kort voordat sy liggaam gevind is as vermis aangegee nadat hy ʼn kliënt sou ontmoet, maar nooit teruggekeer het huis toe nie.

Anthony Schofield (67), ʼn versekeringsmakelaar by Momentum, se liggaam is op 10 Mei in die kattebak van sy motor in Premierstraat gevind. Schofield moes ook vroeër die dag ʼn kliënt ontmoet waarna hy verdwyn het.

Christian Kruger (29) en Fabian Luff (36) is op 2 Junie in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hulle het Vrydag weer in die Krugersdorp-landdroshof verskyn waar die saak tot Maandag uitgestel is wanneer hulle weer saam met hul medebeskuldigdes sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pops ·

18 & 20 jaar oud, en jy gooi jou lewe weg? Vir wat!!!! Mag al die skuldiges aan die pen ry, en mag die wat skuldig is, SWAAR gestraf word. Om ienmand anders se lewe te neem is verkeerd, maak nie saak of jy wit, swart, pienk, grys, oranje of watter kleur ook al is nie!!!

Veritas ·

Een van die vier moet ‘n baie sterk persoonlikheid hê om die ander te kon betrek by sy planne. Ek vermoed alvier is dwelmslawe en indien hulle nie so gou vasgetrek was nie, sou nog ‘n paar mense teen hierdie tyd al vermoor gewees het.

Witseun ·

Ons het jare in krugersdorp gebly die hele plek is n dwelm nes,siveright straat is n dwelm hotspot,en die laat twee lyke daar gevind is laat mens dink..

Priscilla ·

Miskien moet daar gekyk word na die onopgeloste moorde in Randfontein?????

Meisie ·

Ek sidder om te dink… Jinne vrou, wat as? Stranger things have happened.

Alien ·

Dis erg genoeg dat daar jag seisoen op ons wit mense ge-open is maar nou word ona nog deur ons eie mense uitgemoor ook. Hoe gaan ons, ons getalle op bring?

Speedguard ·

Goeie speurwerk, lekker om die mense wat nog die SAP trots hoog hou te bedank , ongelukkig skeer hul almal onder die selfde kam maar is daar goeie mense wat hul werk doen , knap gedaan , nou moet die Howe net hul ding doen !

Kiepie ·

Ek hoop jy kan die bewerings en insinuasies staaf wat jy maak Witseun, want as ek ‘n familielid van een van die twee manlike slagoffers was het ek jou gedagvaar vir dit wat jy insinueer. Jou kommentaar is heeltemal on van pas en ongevraag.

Kiepie ·

Lyk my as Maroela eers jou nommer het is jy ‘n gemerkte persoon. Regtig Maroela, julle vind mense soos Witseun se insinuasies dat die twee manlike slagoffers by dwelms en prostetusie betrokke was aanvaarbaar maar julle sensor my as ek sê ek sou hom dagvaar as ek een van die twee mans se familielede was?

JP Brandt ·

Jammer om dit te moet se maar ek is ook geneig om te wonder oor die 2 mans wat kaal gevind was en dink ook dit het iets te doen gehad met of prostetusie of anders online dating of iets

Kiepie ·

Die twee mans is in die kattebakke van hulle onderskeie voertuie gevind Witseun. Wat laat jou dink hulle is daar vermoor? Versigtig met jou afleidings.

(Is dit beter Maroela?)

Lezelle ·

Maroela media hulle het voor gekom in Roodepoort hof nie krugersdorp nie. Witseun die een man is in krugersdorp noord gekry nie in die dwelm gebied nie

John ·

Jis julle kan n pot bollie praat mense hulle het almal afsprake gehaad niks te doen met prostitusie nie ek bly hier dis moord en klaar

Vinkel & Koljander ·

Goeie speurwerk, as misdadigers sien dat daar nog arrestasies gemaak word in n tyd wat wil voorkom asof jy met moord kan wegkom ,dien dit as afskrikmiddel vir die res wat ons dorp teiken…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.