Willies Mchunu, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, is intussen as die nuwe premier van KwaZulu-Natal aangewys, het die ANC Maandagaand tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak.
Super Zuma, die ANC se provinsiale sekretaris, het die aankondiging by die party se provinsiale hoofkantoor in Durban gemaak kort nadat Mchunu bedank het en te midde van dae lange bespiegeling dat hy in die pad gesteek gaan word.
Zuma het ʼn beroep op die provinsie se inwoners gedoen om Mchunu se bedanking te aanvaar en te respekteer. “Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee eer comrade Senzo vir die werk wat hy vir ons mense gedoen het namens die ANC.”
Volgens Zuma is Willies Mchunu aangewys ná oorlegpleging met die ANC se alliansievennote Cosatu, die SAKP en Sanco.
Senzo Mchunu het Maandag in ʼn verklaring gesê sy besluit om te bedank volg ná ʼn vergadering Vrydag van die ANC se provinsiale leierskap waartydens daar ses beskuldigings teen hom geopper is. Hy het egter nie gespesifiseer wat die beskuldigings is nie. Mchunu is in Augustus 2013 as premier aangewys en in November verlede jaar ontsetel as provinsiale voorsitter van die ANC.
Nog seker weer bandjies vir boeties.
SUPER ZUMA nogal, verbeel jou.
Is dit bandjies of baantjies¿
Dit sal gaaf wees as een van die politieke kommentators hieroor iets skryf, wat dit beteken vir die provinsie en Zuma alliansie, en of dit net nog n skuif is om zuma te versterk, want ek het geen idee wat hier aangaan nie en ek glo ook baie ander nie.
Die Super Zuma het seker n turbo in hom