Nuwe R60 miljoen-Kaapstad-pad oopgemaak

Die nuwe R300/Bottelaryweg-wisselaar wat oopgemaak is (Foto: ANA)

Die nuwe R300/Bottelaryweg-wisselaar wat oopgemaak is (Foto: ANA)

Die Stad Kaapstad het amptelik die nuwe R60 miljoen se R300/Bottelary-wisselaar oopgemaak, het die stad se owerhede Donderdag gesê.

Die pad is Donderdag deur die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) oopgemaak as ʼn groot stap om verkeer in die Kuilsrivier-gebied te verlig.

Donald Grant, LUR vir vervoer en openbare werke, het gesê die projek het ongeveer ʼn jaar lank geduur. “Ons het deur hierdie projek ons gesamentlike toewyding getoon om die verkeersituasie aan te spreek en toegang na ekonomiese geleenthede te bevorder. Die projek is op skedule en binne die begroting afgehandel. Dit is ʼn testament tot dit wat bereik kan word deur vennootskappe gebaseer op gedeelde toewyding.”

Die nuwe wisselaar sal verkeersvloei verbeter vir pendelaars in Kuilsrivier en omliggende gemeenskappe en sal die druk verlig op Van Riebeeck- en Bottelaryweg.

Die Stad Kaapstad het R31 miljoen bygedra (52% van die konstruksiekoste), die Wes-Kaapse regering het R29 miljoen bygedra (48%) en Sanral het hul bydrae gemaak deur die grond aan te koop vir die nuwe wisselaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben Kitching ·

Dit is waarde vir geld. Dit is bewys hoe die regerende party geld mors op ander plekke in die land.

Cassie ·

Wat ‘n pragtige voorbeeld vir die klomp ANC regeringsamptenare wat so besluiteloos is en nie werk binne die vasgestelde doelwitte kan afhandel nie. Dan praat ek nog nie eers dat hulle glad nie binne hulle begrotings kan bly nie en so veel vermorsing plaasvind. Veels geluk DA regering in die Wes Kaap. Julle maak ons trots,

Bolander ·

Ek stem saam met jou Cassie. En dan praat ek nie eers van al die geld wat hulle so steel nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

jaco ·

SANRAL, wat ‘n nasionale regeringsliggaam is en dus aan die ANC “behoort”, het darem die grond vir die pad gegee.

JC ·

Hoe jaloers is die ANC nie nou nie, man!!
Wat gebeur in cANCer en EF gebiede? NIKS!! (behalwe miskien die DA wat ietsie doen)
Wanneer, o wanneer, gaan “realpolitik” realiseer in ons land, m.a.w. wanneer gaan kanker organisasies gemeet word aan wat hul EINTLIK DOEN vir die land en gestraf word as hulle nie presteer nie? Terloops, ek dink dit sou ‘n oulike ontwikkeling gewees het vir die Statebondspele en sou dit baie bygedrae het tot die geleentheid was Ksd die gasheer :( ;-) Mens wonder maar net presies HOE SEEPGLAD sou dinge verloop het en hoe trots sou ons gewees het indien Ksd die spele SUKSESVOL voor gebie EN AANGEBIED HET. Dit is duidelik cANCer is besig om die stryd te verloor, hul verdiende loon. Wees egter gereed vir jaloerse en vitrioel gelaaide reperkussies vanaf ANC in repliek tot die suksesse van die DA en SA SAMELEWING.
Wys jou net wat kan en sal gedoen word as ‘n mens WIL, en wanneer die kankers eendag van ontslae geraak is, Vinkel en koljander, altwee kankerpartye wat NERENS heen oppad is.
‘n Pluimpie vir die DA, nie my party nie, maar komaan, gee lof waar dit toekom;)

Jan ·

Sanral??? Ja, nee wat, dis die plek vir die volgende Tolhekke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.