Nuwe Springbok-kaptein aangekondig

Adriaan Strauss (Foto: SA Rugby)

Adriaan Strauss (Foto: SA Rugby)

Die nuwe Springbok-kaptein is Maandag in Stellenbosch in die Wes-Kaap aangekondig.

Allister Coetzee, die nuwe Sprinbok-afrigter, het die 30-jarige Adriaan Strauss, haker van die Bulle, as die kaptein aangewys.

Patrick Lambie (Sharks), Frans Malherbe (Stormers) en Warren Whitely (Leeus) was almal sterk voorlopers om die kapteinskap oor te neem.

Strauss was egter die gunsteling vir die toetse teen Ierland.

Coetzee het bevestig dat dit belangrik is om ʼn plaaslike speler te kies om die kaptein te wees.

Strauss het vir SA Skole, SA o.19 en SA o.21 gespeel.

Lees meer op Pale Toe!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Lance ·

Gaap …minister het seker gekies of gedreig …hou maar jou rugby eks klaar met SA rugby ….goed genoeg as n toeskouer maar word heeltyd in die sy gewerk en vertel hoe rasisties en bevooreg ek is en was maar word ge -bee van voor tot agter en sukkel dan om weer werk te kry omdat mens wit is en word vertel hoe ek my grond gesteel het ….het nagte om gewerk vir my plaas ….so druk jou rugby !!

johann cb ·

Sjoe Lance, jy is baie kwaad! Ek verstaan hoe jy voel. Ek voel ook so oor die “beleid”!
Goeie keuse vir kaptein. Ek hoop Lambie bly in die wedloop. Hulle is eintlik almal goeie keuses. Sterkte Adriaan!

Jan maak n Plan ·

Ek voel ook soos Lance, maar ek dink nog steeds Adriaan Strauss is ‘n goeie keuse vir ‘n kaptein.

Promtu ·

Maar is dit nie die Straus knap wat altyd een of ander vuil streep op die veld het nie? Slaan en so aan??

Jaco ·

Nee glad nie Promtu, jy dink seker aan Etzebeth, Elstadt, die Du Plessis broers of die afgetrede Bakkies, verseker nie Strauss nie.

Hannes marais ·

Go ierland….trap dai bontebokke….slag hulle….

cobusp ·

Dus reg so manne……..die afgod sport Le met sy voete in die lig gebreek soos die goue kalf…….ek is ook klaar met sa rugby my decoder …….dish en flat screen TV verkoop ……dstv gekanselleer ………en aangesluit by die all black supporters klub………kry al my updates en hoogte punte van die all blacks de game via wifi……..klaar gelag…..

cobusp ·

O en daar is so n stilte en rustigheid in die huis……..lekker man

Johanna Botha ·

Ons het ook besluit om geen wedstryde te kyk en gaan verseker nie stadion toe gaan nie …eks bevrees my man en my seun is ook klaar met die gekkespul !!!

danie ·

Baie goeie keuse, en vir die manne wat so gal braak oor die rugby, dis n sport manne nie, n aanval op jou mens wees nie. En waaroor so kwaad, 90% van die spelers wat ge kies is , is op vorm. Ons vra altyd kies die ouens wat op vorm is en nou kla ons oor die keuse. Nee regtig waaroor kla julle nou eindelik. Meskien moet julle maar rol bal kyk, of nie want die groot swart balle val die klein wit een aan

Tiger ·

Rolbal is ‘n BAIE beter sport soort om na kyk.My oorlede pa het ‘n span afgerig waarvan die spelers almal gesig gestremd was – maw meeste kon of heeltemal niks of bitter min sien.Dit was ‘n belewenis om daai span te sien speel teen ‘n span normale mense want hulle het 9 uit 10 kere die normale span gewen!Gaan kyk gerus ‘n slag rolbal by jou plaaslike klub.EN terloops die springbok rolbal span speel SONDER vergoeding oorsee teen oor ander lande se spanne wat vet vergoed word.Neewat rugby is uit by ons familie!

Elzaan ·

Ditsem Danie. En oor mense wat so kla oor rugby n afgod is? Wie se skuld is dit? Die sport of die mense wat dit speel en/of kyk. Dis soos om te sê n pistool maak op sy eie mense dood. Nee man. Ek stem egter saam. Die kwota ding doen dit nou ook glad nie vir my nie.

O en Danie? Ek is 33. En ek is mal oor rolbal. Dis ‘n baie lekker en BAIe sosiale sport. Lol. Veral as die ou omies en tannies vir jou ore aansit en dan na die tyd jou siel uittrek in die klubhuis. As die rugby julle so erg opwerk dat julle van die tv en dstv ontslae geraak het, dan sê jy mos nou eindelik jy het niks anders gekyk as rugby nie. As die rugby mý pla, sit ek op animal planet. Of ek kyk ander sport. Of history channel. Of Crime etc. So ek vra weer. Wie het van rugby ‘n afgod gemaak…

cobusp ·

Mooi so johanna…………ek wonder of maroela nie vir ons n meningspeiling kan doen om te bepaal hoeveel rugby ondersteuners dieselfde voel oor sa rugby en dit vaarwel geroep het nie…….maroela kan dit hier op die site doen ons sal stem en dan sien hoe die mense voel…….

hercules ·

ek wed julle wat so gal braak is die eerstes wat weer die bokke kyk of luister • Adriaan is ‘n goeie keuse!!

Chris W ·

Jy sit die “bal” baie ver mis Hercules . . . . !Luister maar hoe erg adverteer DSTV sy premium paket op radio en tv.Hoekom?Vra maar net.Watter paviljoene is volgepak die afgelope paar jaar??Wonder maar net hoekom nie.

Hannes marais ·

Ou hercules ons braak nie gal nie..ons is klaar met julle sportafgod wat genoem word…rugby…

cobusp ·

Hannes ek stem saam mense soos Hercules word om die bos gelei en hy glo alles wat hy lees………spelers op vorm gekies……..Hercules jou kennis is maar skraal….dar is baie blanke sa spelers oorsee wat beter is en op vorm as van die swart spelers wat gekies is ……..gaan kyk maar net na jake white se span in frankryk hulle is in die finaal van die kompetisie en daar is blanke sa spelers wat dit moontlik gemaak het………die feit dat die springbok span voor geskryf het hoeveel kleur spelers gekies moet word se al klaar dus nie op vorm of meriete nie dus logies…………laat die sport rugby afgod Val…….

cobusp ·

Hannes ek stem saam mense soos Hercules word om die bos gelei en hy glo alles wat hy lees………spelers op vorm gekies……..Hercules jou kennis is maar skraal….dar is baie blanke sa spelers oorsee wat beter is en op vorm as van die swart spelers wat gekies is ……..gaan kyk maar net na jake white se span in frankryk hulle is in die finaal van die kompetisie en daar is blanke sa spelers wat dit moontlik gemaak het………die feit dat die springbok span voor geskryf het hoeveel kleur spelers gekies moet word se al klaar dus nie op vorm of meriete nie dus logies…………laat die sport rugby afgod Val…….

Lance ·

Mens braak nie gal as jy verlos is van iets ..jy is op die punt van bevryding …met anvaarding kom berusting …so rugby is vir ons verby ,klaar en history …minister kan nou maar span kies na harte lus en maar voort ploeter op sy eie …hy kan dalk sommer selfs speel as hy wil en dan sy gefloek op die veld verder beoefen …wat n voorbeeld en n damn joke is dit nie

Willie Viljoen ·

Adriaan is nie ‘n swak keuse nie, maar wie gaan hom vervang as sy plaasvervangers op kom, want daar is twee! Pas op vir twee spalk. Dawan Vermeulen is ‘n natuurlike Kaptein – sterk leier, vat voor – Doen soos wat ek doen! Nice mense kom altyd tweede, wenners het dianamika! Kom ons gee Alister kans. Sy druk gaan opbou, want SA se publiek soek wenners!!!! Ek maak ‘n stelling wat oor en oor bewys is: Sterk Leiers (afrigters) stel ‘n sterk kaptein(leier) aan want hy gaan jou oppeneer. Goeie leiers (afrigters) stel (kapteine) aan wat doen net wat ek sê, sonder ‘n mening!!!!! ek doen wat vir my gesê word!!!

Ek sal graag verkeerd bewys word
Dus waaroor sport gaan!!

Willie Viljoen ·

Terloops wat van die “Lions”se hakers en daar is twee. die een ‘n brijante “ball fetchers” en baie sterk in die bo – lyf., die ander ‘n ongelooflike bal drae- “all – black haker”‘ Voorspel probleme. Dus interessant dat ‘n Springbok kaptein nog altyd ‘n afrigter gesink het!!

Elmarie Terblanche. ·

Adriaan Strauss sal n baie goeie Springbok Kaptein wees. Hy is n hoogs intelligente man met toegewydheid en passie, hy is n goeie leier en sal n goeie ambassadeur vir ons wees. Kom ons ondersteun hom en sy span en gee hul n kans om hulself te bewys. Ons is mos n rugby -nasie .

Rynhardt ·

ALLISTAIR COETZEE EN SARU PAAI JOU MET N WIT KAPTEIN VIR OULAAS, MAAR DIE Sport woed klaar heeltemal getransformeer! ALLISTAIR WAS LANKAL SARU EN ANC SE MAN OM TRANSFORMASIE TOE TE PAS VOLGENS DIE VRYHEIDSMANIFES! EK NOEM DIE HUIDIGE BOKPAN, die “VRYHEIDSMANIFES-BOKSPAN”.MET TOEKOMSTIGE WEDSTRYDE WAT VOORLE TEEN ALL BLACKS (HUL GAAN ALBEI WEN TEEN “VRYHEIDSMANFES-BOKSPAN”) EN WALLABIES GAAN ALLISTAIR, SARU EN ANC MET LEKKER ROOI GESIGTE SIT!!KOM EK SPEL DIT UIT IN EENVOUDIGE TAAL.ALLE SPORTSOORTE MOET IN DIE VOETSPORE VAN DIE ANC SE BAFANA BAFANA SPAN VOLG!

John ·

Gaan speel gholf, vang vis, gaan kyk na die skole se Cherry-spanne ( daar behoort nou net wittetjies in gehawende truie te speel) en neem die vroue en kinders saam. Hou net op ‘moan’ want dit beteken die vyand kry dit reg om te slaan waar dit seermaak.

Coleen ·

Julle wat so kla klink almal na Blou Bulle wat ‘n wedstryd op Loftus teen die Stormers of WP verloor het.

Scalla ·

Coleen, het jy dalk vergeet dat die bulle die laaste game gewen het teen die stormers, ons kla nie, dit is feite.

Jakes ·

Colleen, ek stem saam Scalla. Ons land het net 2 tipes rugby ondersteuners. Die vir die Bulls en die teen die Bulls.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.