NWU-Puk bly Varsitybeker-kampioene

Foto: NWU/Facebook

Foto: NWU/Facebook

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Puk-rugbyspan bly die Varsitybeker-rugbyreeks se kampioen vir 2016.

Die Pukke het in April die Maties met 7-6 verslaan in die eindstryd. Kort hierna is egter aangekondig dat ʼn dispuut teen die Pukke verklaar is nadat hulle glo ʼn speler gebruik het wat nie aan die voorskrifte van die reeks voldoen het nie.

Die dispuut het glo gehandel oor ʼn speler wat twee keer as ʼn eerstejaar gespeel het vir verskillende universiteite. Volgens die Varsitybeker se reëls mag ʼn eerstejaar nie twee keer aan die onderskeie reekse deelneem nie.

Volgens die NWU is die Puk-rugbyspan onskuldig bevind aan die aantyging dat spelers in die eindstryd gespeel het wat nie aan die reëls van Varsitybeker voldoen het nie. “Deel van dié bevinding is ook ʼn kostebevel teen Varsitybeker.”

Die volledige bevinding van die ondersoek was nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Well done, PUKKE…..terwyl julle nog on-getransformeer is…Ons weet nie hoe lank dit nog gaan hou nie. Miskien wen julle hom weer…..vir Akademia.

Scalla ·

Mooi so pukke, julle was en bly die wenners van die varsitybeker, goeie probeerslag deur die verloorders maar het nie geslaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.