OB sal wagte vir Dlamini-Zuma ondersoek

Nkosazana Dlamini Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die kantoor van die openbare beskermer (OB) het bevestig hy sal ʼn klagte dat Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, die polisie se presidensiële beskermingseenheid vir baie belangrike persone (BBP) misbruik, ondersoek.

Dit kom nadat die DA op 18 April ʼn klag hieroor by die OB ingedien het.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, toe nog waarnemende nasionale polisiekommissaris, het onlangs aan die parlement bevestig dat Dlamini-Zuma, pres. Jacob Zuma se eksvrou, steeds beskerming van die presidensiële beskermingseenheid geniet terwyl sy deur Suid-Afrika reis vir ANC-veldtogte.

Zakhele Mbhele, woordvoerder vir die DA, het gesê dit is al byna twee maande sedert die skandaal aan die lig gekom het en daar is steeds geen aanduiding dat Fikile Mbalula, minister van polisie, ʼn stokkie daarvoor gaan steek nie. “Hy laat toe dat ʼn astronomiese rekening opgebou word en Suid-Afrikaners weet dit is die sukkelende belastingbetaler wat daarvoor gaan betaal,” het Mbhele gesê.

Mbhele het gesê aangesien Dlamini-Zuma duidelik ʼn kandidaat is in die ANC se opvolgstryd, is die gebruik van die presidensiële beskermingseenheid terwyl sy reis om kiesers se steun te wen net nóg ʼn voorval waar die ANC openbare fondse misbruik. Hy het gesê dit is onaanvaarbaar dat openbare fondse gebruik word om vir Dlamini-Zuma se lyfwagte te betaal terwyl sy ANC-sake doen.

“Die Dlamini-Zuma BBP-skandaal is ʼn bewys dat die ANC kies om hul eie leiers te beskerm eerder as hul landsburgers wie hulle veronderstel is om te beskerm teen die kriminele bedreigings elke dag in hul huise en op straat.” Mbhele het gesê die DA hoop dat die OB se ondersoek deeglik en vinnig gedoen sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gwano ·

Jakkals prys sy eie stert, want dit is vir hom baie werd. Sy prys, sy stert, sy stert se prys, moet sy belangriheid bewys…..né Mev Donatello?

Anoniem ·

Teeheehee….vlymskerp, die ou troetelnaampie wat jy vir haar het.

Michael ·

Dit is reeds bewys dat nr 1 nie net die domste president in die wêreld is nie maar ook die mees oneerlikste een hoekom sal sy onderdane nie ook kanse vat nie?

John ·

Mams gebruik ook nie verniet steeds die van van haar geliefde x nie. Ons vra nou wh-y, maar ons ken mos die antwoord of is ons aan die zzz? Ons sal nog banja r’s moet uitsweet vir al die geite en giere vir die hogere paleisenaars van Kubai … en die drie rowers…

Frik ·

Dis Afrika en korrupsie word nie as verkeerd gesien nie. Afrika standaarde en norms

Niks kom tot niks ·

Die ANC het ‘n saak met sy landsburgers, swart en wit word uitgemoor en verkrag en besteel, en die KADERS sit heerlik veilig met die einste mense wat daagliks gekaap en beroof word se BELASTINGGELD en leef soos konings. Veiligheidswagte wat ons belastinggeld betaal, veiligheidsstelsels wat aangebring is met ONS belastinggeld .. Swart vroue word op taxis verkrag en aangerand en die Madam ry met haar swart Merc met 5 BBP karre rondom haar wat haar beskerm .. DAAR SAL NIKS van enige ondersoek teen ENIGE ANC lid kom nie, veral nie as jou van ZUMA is of was of nog gaan wees nie. Die Zumas in die land is untouchable, alles waaraan SY gevat het (soos gesondheid) is in sy maai in, hospitale se dakke val in een en 34 kramende vrouens deel een kamer waar daar nie water is nie .. so ja . dit is HAAR Suksesverhaal!

Mielie ·

Stem absoluut saam met jou. Untouchables van SA en skaamteloos.

Johann ·

Ja shure. Die nuwe OB gaan ook ondersoek instel oor hoekom die son op kom? En word dit rerig donker as die son sak? Dis nou NADAT die nuwe OB die land plat gerys het juis om navorsing te doen rakende die saak? NET NOG N ZUMAIKIE wat hoed handpop taal verstaan.

Scalla ·

Ek dink sy dink sy is baie belangrik, wie sal iets aan haar wil doen, dit moet seker iemand hard op wees wat so iets wil beplan.

Barney ·

Hopelik sal alle Zumas en Guptas baie binnekort meer beskerming as dit nodig he. Hopelik agter dik mure. Mens kan maar net droom.

Jacques Venter ·

Batney
Ongukkig is ” Dreams are ten a penny”
Ons almal hoop dat jy reg is, maar ons sal maar sien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.