Onderhoof sterf 11 weke ná aanval

Johan du Toit en sy seun, De Villiers, en vrou, Retha. Foto: Facebook.

Johan du Toit en sy seun, De Villiers, en vrou, Retha. Foto: Facebook.

Johan du Toit (57), adjunkhoof van die Hoërskool Akasia in die noorde van Pretoria, is Dinsdagoggend in die hospitaal oorlede waar hy die afgelope 11 weke behandeling ontvang het sedert hy deur ʼn groep rowers in sy huis oorval is.

Du Toit is op 11 Junie nege keer geskiet nadat hy drie rowers op heter daad in sy huis betrap het. Die voorval het omstreeks 04:00 die Saterdag in die Du Toits se huis in ʼn veiligheidskompleks in die noorde van die stad plaasgevind.

Die rowers het toegang tot die huis verkry deur ʼn deur met ʼn koevoet oop te breek. Die mans het net ʼn plasmatelevisie gebuit.

Johan du Toit en sy dogter, . Foto: Facebook.

Johan du Toit en sy dogter, Danita. Foto: Facebook.

Du Toit is ná die voorval in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem waar hy tot onlangs onder verdowing was. Hy het Dinsdagoggend aan sy beserings beswyk.

Esmarie de Langen, ook ʼn adjunkhoof van Hoërskool Akasia, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Du Toit se afsterwe laat ʼn groot leemte in die skool.

“Hy was sedert 1990 ʼn kosbare deel van die skool se bestaan. Hy was ʼn vriendelike, rustige, hulpvaardige mens wat altyd tyd gemaak het vir almal wat sy pad sou kruis, hetsy sy kollegas of ʼn gr. 8-leerder,” het sy gesê.

Die leerders is Dinsdagoggend van sy dood in kennis gestel en word deur onderwysers bygestaan. Die skool sal berading gee aan leerders wat dit verlang.

“Ondanks die slegte nuus is die atmosfeer hier rustig. Skoolverrigtinge gaan normaalweg aan en die rekordeksamen het afgeskop soos beplan.”

Sy het gesê die skool sal na verwagting deur die loop van die dag reëlings tref vir ʼn gedenkdiens vir Du Toit.

Du Toit se vrou, Retha (55), is ook ’n onderwyseres aan die hoërskool. Hy laat ook sy seun, De Villiers (30), en dogter, Danita (27), agter.

Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word om vordering oor die ondersoek na die saak te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Pieter ·

Ons wittes word daaglikes vermoor dan baklei hulle oor flippen hare en ander gemors waars die Valke nou en polisie hulle kan nie meer die inbrekers keer nie hulle moet te veel konsetreer oor goed wat die van belang is nie. Soos skole oppas waar daar baklei word oor hare.STERKTE AAN DIE FAMILIE.

Johannes ·

Stem 100% saam Pieter. Waar is Lesufi nou? Maar laat ‘n klomp bedorwe skoolkinders nou oproerig raak oor hulle hare en omdat hulle nie van die reels hou nie – dan is hy gou op sy perdjie. Nog meer skandelik is die ouers wat hulle ondersteun en dink hulle het ‘n saak.

Johannes ·

Innige simpatie aan die familie en vriende. Nog ‘n sinlose moord onder die terroriste ANC regering…

Jammer ·

Dit is soooooo jammer. Na al die baklei om te bly lewe. Ek was self in die skool vanaf 1991-1995. My hart gaan uit aan die familie. Weet net dat jul en die hele gemeenskap in gebed gedoen het wat jul kon en God se wil het geskied. Ons het en sal steeds vir julle bid. Tragies!!

Riaan Olivier ·

Waneer gaan die regering maatreêls instel wat misdaad ernstig aanspreek. Tyd dat ons regte voorkeur geniet bo die regte van booswigte.

Anti regering ·

Die wette en strafstels is reg en in plek die mense wat die wette moet toepas en misdaad moet voorkom kort.

Karma ·

@Riaan Olivier – dit wat verkeerd is in ons land, sal nie weer regkom voor die korrupsie uitgeroei is en ons landsgrense weer behoorlik bewaak word deur ‘n behoorlik-opgeleide SANW wat patrollies doen nie. En dit sal nie gebeur voor die ANC onder die jis geskop is en daar weer mense aan stuur is, wat wéét wat hulle doen en nie net daar in posisies is waarvoor hulle ‘n moewiese klomp geld kry (en die res steel hulle) nie. En ek praat nie noodwendig van weer ‘n Europeriaanse regering nie; daar is baie Afrikaner mense wat ook sekere poste met sukses kan vervul. Kom ek stel dit dan so: ons land sal regkom wanneer mense op meriete, en nie op politiek-gekonnekteerde basis, aangestel word in kardinale poste.

Gerna ·

Sterkte aan die du Toit familie. Ons dink aan julle in hierdie hartseertyd.

Jurie Gouws ·

Retha en kinders baie sterkte, jammer om dit te hoor.

Hannelie ·

Baie sterkte aan sy geliefdes. Mag jul vertroos word in hierdie hartseertyd.

AL ·

Al wat ek van nou af gaan kommenteer is: SING AFRIKANER SING!!

Vlam ·

Baie sterkte aan die gesin, vriende en familie. Hierdie man het so baie mense se lewens aangeraak en was n voorbeeld vir so baie kinders in daardie skool. Die Heer het ander planne vir hom en al maak dit baie seer, moet mens dit aanvaar. Mag die Heer julle vertroos in hierdie seer tyd en julle trane afdroog. Mag julle berusting vind in die liefde van God.

Theresa B ·

Ag nee. Dis nou slegte nuus. So gehoop dat hy ok sal wees. Baie sterkte aan sy familie, vriende en leerders van die skool. Alles in hierdie land is so onnodig. Dit maak ‘n mens ongelooflik negatief want dinge word nie beter nie. Net erger.

LEM ·

Maar van Oscar het die staat ‘n voorbeeld gemaak om hulle “staal” te wys!!!

Hendrik Wessels ·

Dit was my vrou se onderwyser in 1995. Sy gaan dit swaar neem. Ons innige gevoel aan sy familie wat ons self persoonlik ken.

Hennie ·

In Beeld vandag lees ons dat ‘n SR lid van ‘n universiteit sê dat hy graag wit mense wil doodskiet.

Karma ·

@Hennie – ek wil ook mense doodskiet (en ek weet presies wie ek wil doodskiet en hoekom), maar ek gaan dit nie doen nie want (1) dit is teen die wet en (2) ek het nie die nodige toerusting nie. Hoekom is so ‘n persoon (ek kan die velkleur raai) hoegenaamd op ‘n SR en universiteit, helaas??? Anargiste, dit is wat hulle is.

Cherokee ·

Sy huis was in ‘n veiligheidskompleks. Opsigtelik is daar veiligheidsaspekte wat moet nagesien word.

Shantelle ·

Sterkte aan die gesin en juffrou du Toit. Ek was ook ‘n leerling van die skool vanaf 1995-1999.

marietha van vuuren ·

Flippen stukkende wêreld….. die foto van ñ pa wat met soveel liefde na sy dogter kyk breek my hart. Ons het 3 maande terug verhuis na NZ. Gister het ek gehuil. Die heeldag, aanmekaar,sonder ophou… mis my land maar my 2 tieners is so gelukkig hier. Hulle lewe nou vir die eerste keer . My hart is seer vir die familie. Ek besef hoe gelukkig ons is en bid vir almal wat nie die kans het om net *vry* te lewe nie. Almal verdien dit.

LeonR ·

Ja, as hy nou een van die invallers geskiet het sou hy reeds agter tralies gwees het, vra my ek weet! Sterkte en gebede aan die familie.

Rens Roodt ·

so verskriklik jammer – mag ons Hemelse Vader vir julle berusting stuur

REGVERDIG ·

Dis so jammer. My innige meegevoel aan almal betrokke. Een van die dae is ons ook uit hierdie land met sy geweld en “breindood” people. Ek kan nie wag om te gaan nie……

Se my se ·

Baie goeie besluit. Ek is al 13 jaar daar uit en het nooit terug verlang nie. Vaarwel Suid Afrika. Jy sal my nooit weer sien nie. In jou was ek amper bokveld toe 13 jaar gelede. Ek het n reg om te lewe.

Margie pretorius ·

Retha en kinders weet dat ons gebede met julle is. Jammer oor die afsterwe van n geliefde man en pa. Johan sal gemis word deur almàl. Liefde groete Margie en kinders.

Cyprian Moloto ·

Daar is nie woorde nie. Dit is as gevolg van voorbeelde soos mnr du Toit dat ons nou as volwassenes hier staan. Hy gaan gemis word. Hy was adjunkhoof deur my Hoërskool loopbaan (2001-2005).

neelsie ·

Nog n vriend deur boewe vermoor , die 2e in n kort tyd .
Geen arrestasies nie.
So n patetiese regstelsel laat n mens woordeloos.
Dankie Johan , jy het bygedra tot die suksesvolle ontwikkeling van ons kinders.
Sterkte aan die gesin….God se genade is groot.

Bullseye ·

laaste sin verwys.. heel waarskynlik IS daar geen ondersoek nie..oeps ek bedoel vordering nie

Johan v Rooyen ·

Kollega vir 13 jaar(1988 _2000) Baie sterkte aan Retha en die kinders. Die onderwys en wêreld het ń groot man verloor

johan ·

In die eerste plek..simpatie aan die familie en skool..
Tweedens moet die veiligheidswagte ondersoek word..in n veiligheidskompleks..hoe het die boggers toegang verkry…daar is seker nog niemand gevang ivm die voorval nie.
My mening is dat sekuriteit ondersoek moet word. Doen hulle hul sekuriteitwerk met trots om n verskil te maak of is dit net n kwessie van “ek het n job met n pay”.
Sulke dinge maak my wat ek nie wil wees nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.