“One Settler, One Bullet” – AfriForum Jeug lê klag

‘n Student van die Universiteit van Pretoria met ‘n T-hemp, “1 Settler 1 Bullet” Foto: AfriForum

AfriForum Jeug het Dinsdag ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien teen studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat op kampus rondgeloop het met hemde waarop “One Settler, One Bullet” gedruk is.

“Dit is niks minder as haatspraak nie en is gevolglik aanhitsing tot geweld,” sê Julius Landman, AfriForum Jeug se Tuks-koördineerder. “Die erns van die saak het klaarblyklik geen gewig by die instansie gedra nie, aangesien geen aksie tot dusver geneem is nie.”

Renier Goosen, AfriForum Jeug se Tuks-voorsitter, het gesê talle UP-studente het nie meer ’n gevoel van veiligheid nie omdat hul basiese menseregte nie beskerm word nie. “Hoe kan daar van studente verwag word om op hulle studies te fokus as hulle openlik aan sulke dreigemente blootgestel word?”

Landman het bygevoeg ’n studenteleier het boonop tydens die konstitusiemassavergadering op 18 Mei 2017 “One Settler” tydens sy spreekbeurt uitgeroep, waarop sy ondersteuners “One Bullet” teruggeroep het. “Openlike haatspraak op kampus is tot dusver met geen nagevolge begroet nie en die gevolg hiervan is duidelik dat studente al hoe meer radikaal raak,” het hy gesê.

AfriForum Jeug eis dat ’n volledige ondersoek gedoen moet word en studente wat hulself aan haatspraak skuldig maak, aangespreek moet word om toekomstige skade te voorkom. Die organisasie is van mening dat ’n opvoedkundige ruimte veilig moet wees sodat alle studente die geleentheid gegun word om tot die beste van hul vermoë te kan presteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

JJ ·

Nou, hoekom is die Unversiteit’s bestuur grafstil oor dit !! As daar seksistiese plakate getoon word is jy weg. Nou, nou wat nou

Michael ·

Dit het tyd geword om Akademia so te befonds dat up onnodig sal wees vir die studente wat net wil leer.

Anton ·

“…one settler, one bullet”…”NO SETTLER NO UP…”

Chaparel ·

Hulle is nie n student se naam werd nie en moet by alle universiteite verban word.

Adam ·

Absoluut korrek. Twee probleme blyk glashelder uit die optrede. Enersyds word rassisme so geinterpreteer dat dit slegs deur blankes gepleeg word en andersyds is dit duidelik dat weens die lae toelatingsvereistes daar universiteitstudente is wat glad nie daar hoort nie.

Manie ·

Die Universiteit nie meer die naam gestand. Die bestuur sal nou doodstil bly want hulle is bang vir klippe

Ai ·

Iemand moet hulle net n kalender gee. Dis 2017 nie 1652 nie, daar is nie meer “settlers” nie. Gee hulle sommer n geskiedenis boek ook want hulle is dan ook “Settlers” want hul voorouers is van Noord en Noord-Oos Afrika afkomstig is.

al ·

One settler and one bullet – wie sê daar broei nie dieper boosheid aan hierdie propganda nie?

lw ·

UP se bestuur word gevangene gehou deur radikale studente. En die studente weet dit en lag en minag hul papbroekigheid!

Johan ·

Dit gaan verder as wat lw hierbo sê; die hele wit gemeenskap word “gevange” gehou! Ons mag niks oor ‘n ding sê nie, dan rol koppe!!! En dis ongelukkig nie lafhartigheidense nie, dis agv ‘n totale oormag van mense wat net hoor wat hulle wil.

MCH ·

Daar is verseker n georkestreerde poging vanuit die meerderheid se leierskap om rassespanning tot breekpunt te dryf. Die swaneswang se deuntjie is heeltemal te deurlopend vanuit die leierskorps tot voetsoolvlak. Die doel is baie meer sinister as wat die minderheid vermoed.

Saamstaan ·

Dis twak dat ons niks mag doen! Hulle wil he ons moet beginne glo dat ons niks is en niks kan doen,wat n leuen is. Saamstaan. Wens net die outjie met die hemp se gesig was sigbaar en dat hy in tronk gestop moes word.

Jakalas ·

Nou hoekom dagvaar hulle ook nie die Universiteit vir hulle stilte oor die saak nie? As hulle dit nie teen staan nie, beteken dit mos hulle keer dit goed. Is dit nie so nie?

Marius du Toit ·

Annwen ek stem saam, jou plan sal wen! Dit is deeglik bewys.

Natasha ·

Maroela Media, ons sal baie graag n opvolg berig wil lees wat gebeur het/of nie!!
Hoekom voel dit asof daar rasse is wat wegkom daarmee en dan word daar groot nuus gemaak van n eiendomsagent (wat ek verstaan onder die invloed was), wat haatspraak? Hoekom is hierdie BAIE MEER ERNSTIGER (omdat dit besig is om te broei onder studente), sake nie meer publiek en op d nuus nie? Wie beheer dit? Hoekom word dit nie aangespreek nie?

ME ·

Never underestimate the power of very stupid people in large groups!

Willie ·

Dit is mos bekentenis van moord, polisie arresteer die met die hemde! Dis skuld erkennig…

Zuquina ·

Dan wil sekere jeug he dat hul ernstig opgeneem moet word. Geen wonder die werkloosheidsyfer is so groot nie, want potensiele werkgewers krap op jou sosiale media om na te vors oor watter tipe persoon jy is. Wat jy saai sal jy maai.

Bokkie ·

Nê? ons kan NIKS daaraan doen òf sê nie want daar gaan niks van kom nie – hier kom groot moeilikheid. Ongelukkig is die voordeel hier dat hierdie swartes in die meerderheid is. hulle gaan ons uitmoor maar ons gaan ook paar uithaal.

Nina ·

Dagvaar die bestuur van die universiteit. Hulle is hopeloos verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.