‘Onwettige myners’ vas ná skietgeveg met polisie

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Een man is dood en ses ander gewond nadat ʼn skietgeveg tussen ʼn groep beweerde onwettige mynwerkers en lede van die polisie se nasionale intervensie-eenheid in Benoni aan die Oos-Rand ontstaan het.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die polisie-eenheid het Donderdagaand inligting opgevolg oor die moontlike verspreiding van ongelisensieerde vuurwapens en het ʼn minibus met ʼn groep mans in Benoni voorgekeer. Volgens Naidoo het die groep vermoedelik bestaan uit onwettige mynwerkers en hul sogenaamde “beskermers”.

“Onmiddellik nadat die voertuig voorgekeer is, het ʼn skietgeveg ontstaan. Een van die NIU-lede is geskiet en gewond, terwyl ses van die verdagtes gewond is. Een van die verdagtes is egter kort ná die skietery dood, terwyl die ander vyf onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem is,” het Naidoo gesê.

Die eenheid het ʼn verdere ses verdagtes op die toneel in hegtenis geneem en op vyf vuurwapens beslag gelê. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of hulle gebruik is om enige ander misdade uit te voer.

Naidoo het gesê die gewonde polisiebeampte is tans in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GES ·

Dit laat ‘n mens wonder. By meeste van die kriminele aktiwiteite is buitelanders betrokke. Is dit nie tyd dat almal wat nie hier hoort nie terug te stuur hulle plekke van herkoms as hulle nie bereid is om ‘n positiewe bydrae te maak nie?

Veritas ·

GES, die ANC-regering sal nooit die klomp terugjaag nie. Die eenvoudige rede is dat hulle regerings hulle nie wil terughê nie. Dink net hoe lekker sou dit vir SA wees as al ons kriminele sou uitwyk na Zim, Nigerië en Mosambiek?

plaasjapie ·

En watter regstelsel van ons regering sal nou die klomp evalueer en dan terugstuur wat nou nie n positiewe bydrae lewer nie…
Maar ja ek dink Eugene sal n oplossing he met n “silver randtjie” vir jou he GES

Tiger ·

Die polisie lede het die volste reg gehad om hulself te verdedig en kon net 6 wond?Ai -ai-ai !Hulle moes almal raakgeskiet gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.