Oos-Kaap-plaasmoord: Boer se naam bekend

Brent Gibbons. Foto: Facebook

Brent Gibbons. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn Oos-Kaapse boer Sondagaand op ʼn plaas in die Steynsburg-gebied doodgeskiet is nie.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Brent Gibbons (45) en sy vrou, Willemien (43), is deur ʼn enkele verdagte in hul huis oorval en geskiet. Brent is op die toneel dood, terwyl Willemien in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Port Elizabeth gehaas is.

“ʼn Boer op een van die naburige plase het Sondagaand die polisie in kennis gestel dat Willemien hom oor die tweerigting-radio geroep en ingelig het dat haar man geskiet is. Hy het toe die polisie gebel en beamptes is dadelik na die plaas, Fonteintjie, toe,” het Roelofse gesê.

Volgens Roelofse het polisiebeamptes Brent se liggaam met veelvuldige skietwonde op die kombuisvloer aangetref. Willemien het aan die polisie vertel dat haar man op pad uit was om die waterpomp af te skakel, toe die verdagte in die deur verskyn het. “Die verdagte het Brent glo verskeie kere geskiet en Willemien het die skote gehoor. Toe sy nader hardloop om te kyk wat gebeur, het die verdagte haar ook geskiet,” het Roelofse gesê.

Willemien het langs haar man inmekaargesak en die verdagte het te voet gevlug. Sy kon later daarin slaag om by die tweerigting-radio uit te kom en hulp te ontbied.

Roelofse het gesê die motief vir die moord word nog ondersoek aangesien dit in dié stadium voorkom asof niks gesteel is nie. Sy kon nie berigte bevestig dat die egpaar se drie jong kinders ook by die huis was ten tyde van die voorval nie. “Dit is nie in dié stadium duidelik wie almal in die huis was toe dit gebeur het nie.”

ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ander Koos ·

Motief hier nog onbekend , maar ek glo wat in SA gebeur is volksmoord (genocide) onder die dekmantel van misdaad. Tragies want die Westerse lande wat wel iets kan doen, knip nie ‘n oog nie Lande het geen vriende, net eie belang

Jan maak n Plan ·

Ja en so word die Boer volk uitgeroei – een vir een. En die wereld raas oorverdowend se stilte!!!! RIV Brent en gou gesond word Willemien.

T ·

Geen motiewe nodig nie hulle probeer die boere op skrik jaag om plase te verlaat dit is die enigste motief NIKS meer nie

Andrea ·

Die motief was tog sekerlik om die man (en seker sy vrou ook) dood te maak. Hoekom anders het die moordenaar dit gedoen?

Esmay ·

Mense moet besef ons is in ons eie oorlog gewikkel. Ek bly ook op n plot met boorgat. Voor son sak moet pomp af en diere kos gegee. Snags gaan jy niè uit!! Sterkte aan familie.

Samantha ·

Jip Willem..ek hoop ook hulle vang die uitvaagsel maar ek is bevrees hierdie tipe misdaad is nie prioriteit in hierdie land nie. Rassisme is mos op ‘n eenrigting verkeers baan. Sekere mense mag doen en sê net wat hulle wil en ander nie. Hoekom sal hulle ophou moor en roof en verkrag en verniel as hulle dan mag?

Willie ·

So n onnodige moord! Alle simpatie, hoop die moordenaar word gou gevang… n boer se dood is een van die hartseerste dineg in die land… boere sorg, is die sout van die aarde….

SNEL ·

So hartseer wat weer hier gebeur het en die arme vrou wat nou sonder haar geliefde moet aangaan. Dit gaan omtrent rof in die land. Hoop regtig die skuldige/s word spoedig gevang. Baie sterkte aan almal hier betrokke, mag die Here julle dra en krag gee deur hierdie moeilike tyd.

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie om so ‘n jong mens wat fluks op ‘n plaas werk te moet afstaan. Hoop die vroutjie sterk vinnig aan. Ek hoop die moordenaar word spoedig aangekeer. Moord kan nie in doekies toegedraai word nie. Dis moord. Kom, polisie – hier is ‘n uitdaging om te presteer, asb.

Jacobus ·

Mense en vriende genoeg is genoeg begin die reg in eie hande te neem dis al wat gaan werk om hierdie bloedorstige regering te laat besef ons is nie slag diere nie .

Elize ·

Ai dit is so hartseer…ons mense word afgemaai vir absoluut geen rede….o nee wag wat praat ek, hulle is honger dis hoekom ons mense vermoor word.

R L Eaton ·

Waar is die DA? Oor n paar dae word die moordenaars gevang. Dan gebruik hul natuurlik die verskoning van n lone verskil. En maak die boer die verdagte .

Andrea ·

Dis wat ek ook vra! Ek sou graag v Mmusi wou vra oor wat hy/die DA gaan doen ivm plaasmoorde.

Wilma Potgieter ·

Foxi ek stem. Buitendien ons blankes kani saamstaan ni. Ek deur psigopaat maatjie gedreig en al wat gebeur het,hyt skuld erkenning betaal vir skeltyd. Hierdi is Afrika. Strongs vi naasbestaandes

Mien ·

Ek kan nou nie ophou tjank nie, omdat ek weet van die swaarkry wat vir hierdie familie wag. Ek huil ook oor die sinnelose kommentare van mense wat nie die vaagste benul het waaroor dit gaan nie.

DewaldS ·

Bedoel jy hulle verstaan nie die soort situasie nie of nie hierdie spesifieke situasie nie?

Bosveld g ·

Sterkte aan hierdie gesin en familie. Hoe verduidelik mens so voorval aan kinders ? Ek stel voor met groot simpatie: stuur asb ń kopie van die begrafnisbrief aan min van polisie, zuma en partye…
Ander families wat hierdeur gegaan het ook asb.. Hulle het nie ń gewete maar al sien hulle net die hartseer word hulle ten minste kans gegee om wakker te word voor hul anderdag hierna boete betaal voor die Regter !!
Sterkte

Tc ·

Ai dis so hartseer dat die dinge gebeur!Besef die plaas aanvallers nie op lang termyn haal hulle die kos uit hulle eie mense se monde uit nie?As daar nie n boer oor is in die land nie waar kom die kos vandaan?Dit het deur die hele Afrika gebeur nou gebeur dit hier,boere was weggejaag en verloor en waar sit die meeste van die Afrika lande nou,in hongersnood en korrupte regerings!
Sterkte aan die dame en die 3 Klein dogtertjies ek dra julle op aan die Hemelse Vader deur die moeilikheid tyd!!

Wynand ·

Vra die nobel prys wenners wat ons land weg gegee het. Wat gese het ons is verkramp dom ens.Wat n skande

Waarheid ·

Sterkte aan almal wat deur die gruweldaad gepynig is, ons word gelouter maar nooit verlaat bly GLO! Dink buiteland Sal sterk reageer as hulle beleggings (GELD) op een of ander manier net voor die voet uitgewis word soos die boere.

Skiet eerste ·

Al behoud is skiet eerste. Alle boere bewapen julle en skiet eerste. Soms is dit onmoontlik, maar dra jou wapen en wees paraat. Ons leef in ‘n land waar eerlike mense altyd paraat moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.