Die liggaam van ’n polisieman (43) is deur sy vervreemde vrou in sy huis in Welss Estate in Port Elizabeth aangetref.
Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê sers. Linda Mzuko se liggaam het verskeie skietwonde aan sy “nek en lyf” gehad. Sy vervreemde vrou, Neliswa Mzuko (37), wat as ’n 10111-operateur werksaam is, het sy liggaam Vrydagaand ontdek.
Die deur van die huis was glo oop. Die polisie vermoed hy is al Donderdagaand vermoor. Sy amptelike vuurwapen word vermis en volgens Beetge word daar vermoed dat die moordenaars dit gesteel het.
Mzuko was werksaam by die Bethelsdorp-polisiestasie.
Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die Swartkops-speurders by 041 408 8303 te kontak.
Krimenele kom weg met alles hul word te sag handteer
Terroriste as jy my vra wie skiet nou n polisieman dood