Openbare gedenkdiens vir Byleveld vandag gehou

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

ʼn Openbare gedenkdiens word Donderdag vir wyle oudbrig. Piet Byleveld in Johannesburg gehou.

Byleveld is verlede Woensdag in die ouderdom van 67 ná ʼn kort siekbed aan kanker dood.

Die diens begin 11:00 by die Rosebank Union-kerk in Sandton, op die hoek van William Nicol- en St Andrewsweg.

Maroela Media het vroeër berig Byleveld was sedert voorverlede week in ʼn ernstige toestand in die Life Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort nadat kanker in Maart vanjaar by hom gediagnoseer is. Alle kankerbehandelings is verlede Maandag gestaak en hy was onder verdowing.

Byleveld het op talle groot en opspraakwekkende sake gewerk, waaronder die moorde op Sheldean Human, Inge Lotz en Leigh Matthews.

Die polisie het vroeër in ʼn huldebetuiging gesê Byleveld het onverpoosd gewerk in die nagenoeg 40 jaar wat hy in die Suid-Afrikaanse Polisiediens was.

Byleveld was ʼn voormalige speurder by die Brixton-moord-en-roofeenheid en vir 38 jaar lid van die polisie voordat hy uitgetree het en sy eie speuronderneming op die been gebring het.

Lees alle vorige berigte oor Piet Byleveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gee krag ·

Elke keer wat ek sy gesig sien dink ek aan sy hartseer dat sy tyd nou so min was saam met sy vrou. Toe hy uiteindelyk geluk vind was dit te kortstondig. Sterkte aan sy vrou en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.