Oud-Springbokheld geopereer ná ongeluk

Joe Stransky (Foto: Twitter via Arrive Alive)

Joel Stransky (Foto: Twitter via Arrive Alive)

Die voormalige Springboklosskakel Joel Stransky (49) is die afgelope naweek na die hospitaal gehaas ná ʼn ongeluk tydens ʼn oefenlopie vir die Absa Cape Epic-fietswedren in die Wes-Kaap.

Stransky is Saterdag in die hospitaal opgeneem met ʼn gebreekte rib, ʼn gat in sy long en diep snye aan sy gesig nadat hy tydens die eerste fase van dié wedren beheer oor sy fiets verloor en neergeploeg het.

Die rugbykommentator was in ʼn span saam met die voormalige Sharks-speler, Jeremy Thompson. Hy het op Twitter aan Thompson om verskoning gevra omdat dié val die einde van sy deelname aan die resies was.

Dit was vanjaar die 8ste Absa Cape Epic-fietswedren waaraan hy deelgeneem het.

Stransky het hom verder tot sosiale media gewend om sy dankbaarheid vir aanhangers se ondersteuning uit te spreek.

“[Ek] is heeltemal oorweldig deur die ondersteuning en goeie wense van oor die wêreld – dankie. Ek moet nou plastiese chirurgie kry om my looks te herstel,” het hy geskerts.

Hy het Sondagaand gesê die operasie was ʼn sukses en dat hy binnekort weer op die been sal wees. “Chirurgie het goed verloop, long byna heel en ek is amper weer mooi ook!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hannelie Wes-Kaap ·

Alle sterkte Joel. Jammer dat jy nou uit die Epic is, maar alle voorspoed met jou herstel.

Ditto ·

Ditto Hannelie. Joel, jy gaan sommer gou beter word, nee as ‘n man so seer het en hy sien die positiewe raak, herstel die res sommer vinnig. Jammer oor jul wedren, die goed gebeur egter. Cape Epic is ‘n tawwe enetjie en jy het al 7 veilig afgele, wow well done.

Hennie ·

Aan Maroela: Hoe swak is dit dat Maroela nie sy naam reg het nie, hy is immers welbekend in SA. Dis JOEL Stransky. Swak redakteur en joernalis.

Janie Monsieur ·

Dagsê Hennie,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer man, ons vinger het geglip! Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Arséne Lupin ·

Ag weet jy, regtig! Is dit nou nodig om Maroela nou so uittevreet! Ek is seker dat Joel Stransky nie so ‘n issue daarvan sou gemaak hetnie!

Anton ·

…hi Joel…ek is bly om te hoor dat dit beter gaan met jou…sterkte voorentoe…met jou “looks” was daar nie mee fout nie…veral toe jy daardie bal deur die pale klits in’95…aldus my vrou…ek se maar niks…want netnou le ek langs jou indie hospitaal…agv my vrou…

Bets Bothma ·

Jammer Joel! Maroela, berig is nie heeltemaal korrek nie – Joel het geval Saterdag, die Epic het eers vandag, Maandag 20/3 in Hermanus afgeskop. Hy het tydens n oefenlopie geval.

Janie Monsieur ·

Dagsê Bets Bothma,

Dankie vir jou kommentaar. Lyk my ons hou ook langnaweek! Jammer vir die oorsig, en dankie dat jy ons daarop gewys het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Pernankie ·

Joel, like Francois said:”Joel Stransky, you beauty!” Strongs, hoop jy is sommer gou beter.

Hilda Immelman ·

So sad. Bid vir spoedige herstel. Dankie vir wat jy vir sport in SA beteken. Jy is yster!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.