Pa byna voor skool gekaap

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn ernstige toestand ná ʼn beweerde poging tot kaping by ʼn skool in Mondeor, in die suide van Johannesburg.

“Die voertuig het in die parkeerterrein gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het op die grond gelê.”

Die man het glo vir sy kind gewag toe die vermeende kapers hom genader het. Hulle het probeer om sy motor te kaap, maar hy het homself teen hulle verdedig. “Hy is geslaan en daar is glo items uit die motor gesteel voor hulle gevlug het,” het Bodasing bygevoeg.

Die man is in ʼn ernstige toestand. “Hy is op die toneel behandel voor hy na die hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lee-anne ·

My kind kry sielkundige behandeling omdat sy ly aan angs. Sy glo haar ma/pa sal geskiet word as hulle winkel toe gaan. Sy glo haar ma/pa is geskiet as ons 5 min laat by die skool opdaag om haar op te laai. Sy glo sy sal gesteel word as sy alleen vir ons moet wag. Ons moet nou vir haar sê dit sal nie gebeur nie, maar…

Drieks ·

Ek leef ook so Lee-anne. Dis die “freedom land” wat die ANC gebring het. Ek wonder as ek my man totsiens sé of ek hom weer gaan sien. Hy was al twee keer aan geval. Mag daar iemand kom wat hierdie land omdraai en jou kind die voorreg gee om kind te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.