Pa, dogter en ouma vasgebind op NK-plaas

Argieffoto

ʼn Man, sy dogter en haar ouma is Donderdagoggend in ʼn huis op ʼn plaas buite Kimberley deur vyf gewapende aanvallers oorval en vasgebind.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf aanvallers het ongeveer 07:00 op die plaas toegeslaan. “Volgens die inligting wat die polisie ontvang het, het die verdagtes vuurwapens op die mense gerig en geëis dat hulle die sleutels van die kluis oorhandig,” het Mooi gesê.

“Hulle het die slagoffers met kabelbinders vasgebind voordat hulle met kontant, ʼn onbevestigde aantal vuurwapens uit die kluis, selfone en ʼn Mercedes Benz-voertuig op die vlug geslaan het.” Volgens Mooi is die voertuig later ʼn paar kilometer weg van die plaas verlate gevind.

Mooi het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie is tans op die verdagtes se spoor. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Doggie Magugu op 082 469 0578 of 086 495 4646 te kontak.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

Sterkte aan die aangehoudenes. Hoop die vloekstene word gou aangekeer.

Trix ·

In elke plaasaanval word vuurwapens gebuit. Hoekom dra mense hul vuurwapens nie ten alle tye aan hul lywe nie? Dan het jy ten minste ‘n kans om die goed te skiet as hulle op jou toesak. Dis seker makliker gesê as gedaan, ek weet nie, woon nie op ‘n plaas nie.

Annette Stander ·

Hierdie is noual ‘n algemene patroon. Seker elke keer dieselfde misdadigers en nog kan die polisie niks uitgerig kry nie.

Ada ·

Hulle is almal besig om wapens op groot skaal bymekaar te maak.Dankie die gesin leef.

Bella ·

Hoe het hulle van kluis geweet? Dit is iemand wat geweet het. Vertrou niemand nie!

j ·

Hoe kan “hulle” met n onbevestigde aantal vuurwapens kon vlug. Skuus ek is nie snaaks nie. Jy weet wat is in jou kluis??? Ek kan dalk die kontant verstaan, dit kon dalk n onbevestigde bedrag gewees het, vra ok maar net???

Spencer ·

Kom ons trek almal orania toe en begin n geordende bestaansreg en intelligente interaksie met die klem op aksie en laat die wil van God geskied en mense laat verstaan wat reg en verkeerd is en armoede en die duiwel wat die dryfkrag after die Bose denke is ….verwyder en verander. Groete Spencer

Fires ·

Ek is seker daarvan dat Kaptein Kitaarbors van Tonder hulle sal uitsnuffel, ons eie Piet Byl

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.