Paasfees: Meer sterf op paaie

‘n Gru-ongeluk wat buite Klawer op die N7 plaasgevind het. (Foto: Twitter)

Die afgelope Paasnaweek het meer lewens op die land se paaie geëis as in dieselfde tydperk verlede jaar.

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het Vrydag bekend gemaak dat 235 mense oor die Paasvakansie op die land se paaie dood is. Dit is 79 meer mense as in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is egter laer as die 333 mense wat in die Paastyd in 2015 dood is.

Maswanganyi het gesê 50% van die oorledenes was passasiers, 24,5% voetgangers, 19,8% bestuurders en 5,7% fietsryers. In die Vrystaat is agt mense in die Paastyd op die provinsie se paaie dood. In die Oos-Kaap is 27 mense dood, 30 in Limpopo, 28 in Mpumalanga, 59 in KwaZulu-Natal, 11 in die Noord-Kaap, 22 in die Wes-Kaap, 12 in Noordwes en 38 in Gauteng.

Volgens Maswanganyi was daar talle tref-en-trap-ongelukke en is talle van die noodlottige ongelukke deur hoë snelhede veroorsaak. Meer as 61 000 motoriste is beboet vir onder meer versuim om ‘n veiligheidsgordel te dra, roekelose of nalatige bestuur en spoedoortredings.

Die minister het ook bekend gemaak dat meer as 2 800 motoriste in hegtenis geneem is op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol. Sewe motoriste is in hegtenis geneem nadat hulle betrap is waar hulle teen meer as 160 km/h gery het.

Volgens Maswanganyi kos ongelukke die regering sowat R147 miljard per jaar terwyl die Padongelukkefonds jaarliks sowat R33 miljard aan eise moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Magda ·

En… hoekom is die syfers skielik nuuswaardig? Ons het mos almal geweet die sterftesyfer gaan styg, mense … waarvan Taxisbestuurders die grootste sondaars is aangesien hulle dink hul is bo die wet verhewe, doen net wat hulle wil en kom weg daarmee. Jammer die bestuurders maak nie diengrootste persentasie van die sterftes uit nie, dit is gewoonlik die onskuldige passasiers wat sterf.. sê maar net.

Ronel ·

My mening is dat die besluit om skole op die dag ná Paasnaweek te heropen, beslis bygedra het tot hierdie jaar se padslagting. Sal graag ander se mening hieroor wil hoor.

Alida ·

Ronel ek stem saam en natuurlik die busse se stakery het ook bygedra. Die taxis was oorlaai en jaag heen en weer om meer geld te maak.

Willie Horne ·

Een van die hoof oorsake vir hoë pad steftes die afgelope tyd kan voor die deur van die metro polisie gelé word.
N groot persentasie van bestuurders oortree daagliks die wet deur stop strate robotte en sperstrepe te ignoreer hulle kom weg daarmee oor die swak wetstoepassing en korrupsie nou verwag ons hulle moet n paar weke in n jaar verander

Anoniem ·

Wetteloosheid begin by persoonlike ingesteldheid, wat beïnvloed word swak wetstoepassers, -wetstoepassing en arrogante publiek…die een so skuldig soos die ander. As respek verdwyn is die samelewing oorgelaat aan wanorde/ongedissiplineerdheid.
Suid-Afrika het leiers met insig nodig, nie lukrake besluite soos die van die “geëerde minister van vervoer” nie.
Die regering het nou eenmaal bewys dat hy nie in beheer van die land is nie.

jaco ·

Waar kry so baie mense geld vir weggaan? Waars die ekonomiese resessie en duur petrol en rommelstatus dan heen?

Jaco Grobler ·

Net om dit in perspektief te stel, ‘n opskrif van SKY news in Australia;’ Easter road toll reaches 11′.!

Tiger ·

Hopeloos te min “aktiewe” wetstoepassing is die oorsaak.Verkeerspolisie moet die paaie vol wees en met videokameras aan ry en mense wat sperstrepe verontagsaam arresteer en hof toe vat sonder die keuse van ‘n boete en hul aankla van poging tot moord.Die regter moet die straf bepaal na gelang van die video opname wat as bewys dien.Maar ja dis als wens dinkery in die’ regeringlose land.Ons bly alle lang naweke van die paaie af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.