Panayiotou-moord: ‘Middelman’ se meisie getuig

Christopher Panayiotou (heel regs met sy rug na die kamera) en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth (17 Oktober 2016) Foto: ANA

Christopher Panayiotou (heel regs met sy rug na die kamera) en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth (17 Oktober 2016) Foto: ANA

Luthando Siyoli, ʼn beweerde middelman en staatsgetuie in die Panayiotou-moordsaak, se meisie het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth vertel hoe sy glo rolle kontant in ou sokkies weggesteek het in opdrag van Siyoli.

Babalwa Breakfast het getuig op die 11de dag van die verhoor teen Christopher Panayiotou en sy twee mede-beskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko. Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein agter sy vrou, Jayde Panayiotou, se ontvoering en moord was.

Die staat voer aan hy het Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Sizwezakhe Vumazonke as sluipmoordenaar te huur. Nenembe het Vumazonke glo bygestaan om die ontvoering en moord uit te voer. Siyoni het intussen staatsgetuie geword en Vumazonke is vroeër vanjaar in aanhouding dood.

Breakfast het gesê Siyoni het, behalwe vir sy werk by die Infinity-nagklub, ook ʼn gimnasium in die Zwide-nedersetting bedryf. Sy het gesê sy het kontant in Siyoni se oefensak gesien en hom gevra waar dit vandaan kom. “Hy het vir my gesê hy die geld deur sy gim en sy werk as ʼn uitsmyter ingevorder. Hy het gesê die geld was bestem vir opknappingswerk by die gim,” het sy gesê.

Volgens Breakfast het Siyoni haar opdrag gegee om die geld in bondels van tien te verdeel en in ou skoolsokkies te versteek.

The Herald het vroeër vanjaar berig polisiebeamptes het beweer Breakfast was die eerste getuie wat gedurende ondervraging geknak en erken het sy weet van Jayde se moord. Gedurende haar getuienis Woensdag het Breakfast ook vertel van die oomblik op 27 April toe die polisie by haar huis aangekom het om haar te soek.

Sy het gesê sy het saam met hulle na die Infinity-nagklub in Algoapark gery en vir hulle gewys waar haar kêrel werk. “Daar was twee of drie polisievoertuie. Die polisie het vir my gesê om nie uit die motor te klim nie en Luthando is in ʼn ander voertuig gelaai.” Sy het gesê sy het nie met Siyoni gepraat nie en hy het net aan haar venster geklop toe hy verby die motor na ʼn ander polisievoertuig gelei is.

Breakfast het gesê hulle is na Uitenhage geneem, waar hulle in aparte vertrekke ondervra is. Sy het toe ʼn verklaring aan die polisie afgelê.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VraMaarNet ·

Breakfast… Rêrig?? Wie het die geboorte register ingevul?

Klink soos ·

Klink soos intimidasie, Breakfast is bang om die waarheid te praat. Bied dadelik beskerming aan! Ou Breakfast ek hoop nie jy is die vlg 1 wat skielik sterf nie! Iewers word getuies uitgewis, mens kan net raai deur wie en hoe!

Pop ·

Hierdie is een saak wat ek mooi volg. Hoe is dit moontlik dat enigiemand sy vrou so kan laat vermoor. So vreeslik wreed. Ek bid dat diè man sal boet hiervoor. Daar sit hy met al sy geld en het nie n oomblik se wroeging oor sy vroutjie wat seker so bang was. Hoekom nie net skei nie. Daai girlfriend van hom moet weet. Hy sal nie n oog knip en dit met haar ook doen nie.

EkStem ·

Pop, as hy haar skei sou sy ouers hom onterf en hy sou sy erf-porsie verloor want dis teen hulle geloof om te skei. So hy het geld bo-oor sy vrou gekies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.