Panayiotou-verhoor: ‘Selfoondata 99,9% akkuraat’

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens ‘n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

ʼn Forensiese skakelbestuurder van Vodacom het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in die moordverhoor van Christopher Panayiotou getuig dat die selfoondata wat deur dié diensverskaffer getrek is, 99,9% akkuraat is.

Dit het in die hof aan die lig gekom dat die rekeninge vir verskeie selfoonnommers verlede jaar na aanleiding van ʼn hofbevel aan die staat beskikbaar gestel is.

Die staat beweer Panayiotou was die meesterbrein agter die moord en het Luthando Siyoni betaal om huurmoordenaars te kry wat sy vrou, Jade, sou vermoor. Volgens die staat het Sinethemba Nenembe vir Sizwe Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Zolani Sibeko het na bewering ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel. Vumazonke is verlede jaar in aanhouding dood.

Volgens die staat kon hulle hiermee vasstel dat Sibeko saam met Vumazonke en Nenembe buite die Panayiotou-huis by die Stellen Glen-kompleks was, net vyf dae voor sy ontvoer, in ʼn kattebak gedruk en daarna naby Kwanobuhle vermoor is.

Johanna Heyneke is deur die staat aangestel om selfoontorings in verskeie gebiede te karteer en selfoondata aan die staat te voorsien.

Heyneke het getuig die rekeninge wat bekom is, het gedetailleerde besonderhede oor ʼn spesifieke SIM-kaart, wat in- en uitgaande oproepe, Facebook-boodskappe en e-posaktiwiteite insluit, bevat.

Volgens Heyneke kan ʼn SIM-kaart die soort kontrak wat gebruik word, aandui en selfs die tipe selfoon wat gebruik is. Dit kan ook aandui of verskillende selfone vir een spesifieke SIM gebruik kon word.

Dit was onduidelik of die rekening waarna sy verwys het aan Panayiotou, Nenembe of Sibeko behoort. “Die data is 99,9 % akkuraat. Die stelsel kan data verloor as weerlig byvoorbeeld tref. Ons kan groot boetes in die gesig staar. Dus maak ons doodseker, maar uiteindelik kan die stelsel nie data genereer wat nie bestaan nie,” het Heyneke gesê.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Prinsessie ·

Hoekom nie net skei ni … nou het hy niks nie !! Net sy gewete en geen vryheid nie !!! Was dit alles die moeite werd ????

LB S ·

Dit is waar gretigheid jou kan kry. Nie tevrede om net te skei nie, wou sommer ook alles hê en haar NIKS gee wat haar sou toekom nie. Ek hoop hy en die wuif se gewetens pla hulle in lengtes van dae!

Magda ·

Hoop hulle almal kry baie lang tronkstraf- Jammer die DOODSTRAF is nie meer hier nie – want as jy so iets kan reel verdien jy ook nie om te lewe nie.

Alida ·

Hulle rek die saak nou net uit. Dit is tog duidelik dat hierdie vark skuldig is. Sluit hom toe vir BAIE LANK !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.