Parys-boere se verhoor neem onverwagse wending

Die ses beskuldigdes sit Dinsdagoggend in die beskuldigdebank gereed vir die moordverhoor om te hervat. Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren. Voor staan Hannes Grimbeek, ‘n lid van die verdediging se regspan. Foto: Maroela Media

Die sogenaamde Parys-boere-verhoor het Dinsdagoggend ʼn onverwagse wending geneem voordat die verhoor in die hooggeregshof in dié Vrystaatse dorp kon hervat.

Boeta van der Westhuizen (46), Loedie van der Westhuizen (19), Anton Loggenberg (50), Cor Loggenberg (20), Miela Janse van Vuuren (23) en kapt. Henk Prinsloo (47) word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Al ses beskuldigdes is tans uit op borgtog en die verhoor is al sedert 2 Mei aan die gang.

Fanie Oosthuizen (44), ʼn plaasvoorman van die Parys-omgewing en ʼn 204-getuie, het Dinsdagoggend gereed gesit in die getuiebank vir die verrigtinge om teen 09:00 te begin, maar die verrigtinge is vertraag nadat die staat ʼn aansoek gebring het dat Anton Loggenberg se borgtog teruggetrek moet word.

Die staat beweer Loggenberg het tydens ʼn gesprek met een van die staat se getuies gedreig om die 204-getuies (wat ‘n ooreenkoms met die staat aangegaan het in ruil vir hul getuienis)dood te maak. Die staat het daarom ʼn aansoek voor landdros Gustav Prinsloo gebring om te versoek dat Loggenberg se borgtog teruggetrek word.

Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in die hof (18 Mei 2017). Foto: Maroela Media

Loggenberg het Dinsdagoggend voor Prinsloo in die Parys-landdroshof verskyn. Adv. Sandile Mtetwa vir die staat het aan die hof gesê hulle versoek dat Loggenberg se borgtog teruggetrek word aangesien hy glo sy borgtogvoorwaardes verbreek het. Kobus Burger, Loggenberg se regsverteenwoordiger, het aangedui dat die verdediging die aansoek teenstaan.

Prinsloo het aan die hof gesê omdat die beskuldigde aan hom bekend is, kan daar moontlik die persepsie ontstaan dat die hof bevooroordeeld in die saak is. Hy het homself daarom van die saak verskoon en die hof het verdaag sodat daar alternatiewe reëlings getref kan word vir die saak om aangehoor te word.

Maroela Media wag steeds om te hoor wanneer die saak aangehoor sal word.

Die moordverhoor wat deur regter Corné van Zyl in die hooggeregshof aangehoor word, is intussen tot Woensdag 09:00 uitgestel sodat die jongste saak eers afgehandel kan word.

Die staatsaanklaers het joernaliste Maandag in die hof versoek om nie foto’s van die 204-getuies te neem nie uit vrees dat hulle geïntimideer sal word. Adv. Jabulani Molotswa vir die staat het gesê die versoek spruit uit ʼn voorval die afgelope naweek, maar hy het nie uitgebrei oor die voorval waarna hy verwys nie.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

m ·

Sal graag wil weet wat se ooreenkoms met die staat gemaak is in ruil vir getuines…….. laat mens ma net wonder…………………………..

Baker ·

Janee en 204 van hulle nogal.nogal baie .ek glo nie almal was eers daar nie .dit laat n mens wonder

Cherokee ·

My vrae is anders as die van julle. Kompleet anders. Was dit ‘n plaasaanval of nie. En waarom is daar geen beriggewing oor getuienis vanaf die boer wat na bewering aangeval is nie. Dìt is die kritieke twee vra wat nodig is om antwoorde te verskaf.

Streicher ·

Hier is nou n goeie bewys van hoe die Afrikaner saamstaan. Toe die paw paw die fan strike, word daar gou n 204 uitgereik en die medepligtiges stap skotvry daaruit. Ek vertrou my mede afrikaner so ver as wat ek hom kan gooi. En mnr van Loggenberg sou nie ver getrek het nie.

stem vandag saam ·

Cherokee, vandag stem ek met jou 100% saam, daardie 2 vrae pla my ok, hoekom is daardie saak nie aangemeld nie, dit sal nie hul probleem oplos nie, maar beslis ligter maak. Dit is duidelik uit die saak

Mathilda ·

Ai nee, Baker. ‘n 204 getuie is iets waarna hul verwys. Daar is nie 204 getuies nie.

Nico Strydom ·

Dagsê

Die 204 verwys na artikel 204 van die Strafproseswet en nie die aantal getuies nie. Dié getuies gaan ‘n ooreenkoms met die staat aan in ruil vir hul getuienis.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

MissDemeanor ·

Gewoonlik kry die staatsgetuies n versagte vonnis vir ander klagte teen hul, of die klagte teen hul word ge-skrap. Dit word gedoen in ruil vir hul getuienis sodat die staat n groter kans kan he om die ander beskuldiges te vonnis.

Cherokee ·

So het Michael Schultz in ‘n hooggeregshof erken dat dit hy was wat Brett Kebble vermoor het en daarna vry by die hof uitgestap net sodat Glen Angliotti vas getrek kon word en dit maak geen sin hoe dit toegelaat kan word nie.

Adam ·

Cherokee, hulle is tans nog besig met die staat se saak, Die verdediging sal volledig handel met die plaaasaaval aspek tydens die verdediginsaak.

Cherokee ·

Dankie dat jy dit verduidelik, Adam. Dit behoort tog ineengevleg gewees het met die van die Parys-boere, omdat dit teendeel of feitelikheid van hul getuienis bewys.

Haan ·

Dit is gemeen en moedswillig van die staat. Die man is verraai en het net sy teleurstelling (hoewel impulsief) uitgelaat as n dreigement. Voortvarendheid is duidelik n probleem onder hierdie boere, maar nou is die staat onnodig bleddie aspris. Geen regdenkende boer sal midde in dié gemors nog gaan staan en moor nie.
Ek bid vir die beskuldigdes. Baie mense sê goed soos “bring terug die doodstraf” ens,
Maar besef nie dat die dood se straf tydig of ontydig kan kom nie (soos tjixa en jubeba besef het)
Die staat toon net al hoe meer hul onderliggende voorkeur vir die swart vel (of is dit n afkeur in die witte)
Reg word in eie hande geneem want niemand het meer vertroue in die reg-stelsel van ons land nie.

Baker ·

Ek wil net weet hoe is daar 204 getuies.was hulle almal daai dag daar.204 is maar bitter baie getuies.

Bert ·

204 verwys na die artikel nommer in die Strafproseswet. Staatsgetuie.

Zet ·

Baker oom Anton het kastig gedreig hy gaan al 204 getuies doodmaak. Hy gaan bietjie besig wees die arme man of klap hy hulle met daai groot hande dood soos ‘n klomp vlieë. Dit lyk vir my of hulle messe in is vir oom Anton vir een of ander rede. Dit het seker met sy grond te doen.

Nettie ·

Ja-nee, kyk, party mense LEES duidelik nie deeglik voor hulle kommentaar lewer nie. Daar is nie TWEEHONDERD EN VIER GETUIES nie, Artikel 204 van die Strafproseswet behels die keuse van ‘n persoon om staatsgetuie te word en dan beskerming te geniet. En – na bewering – was daar nie vroeër ‘n plaasaanval in die omgewing nie; dit was glo ‘n ‘loongeskil’ wat handuit geruk het.

Oversynde en het desteenstaande beskou ek hierdie as suiwer omgekeerde rassisme. Iets soos: ek-wys-jou-nóú-wie’s-nóú-baas. Soos daar vir my die ander dag gesê is: “Julle wittes se tyd is verby in die land”. Nou ja … “I rest my case”.

Sê maar net ·

Ek dink nie hulle praat van 204 getuies nie, die persoon is ‘n 204 getuie, dit het te doen met sekere artikels van die betrokke wet as ek dit nie mis het nie.

Help ·

Kan een van julle asseblief vir my verduidelik want ek dink nie ek verstaan lekker wat hier aangaan nie… Beteken dit nou dat Anton terug tronk toe gaan?

En, indien ja…Hoekom net hy…wat van die ander dan?

Ek is engelsprekend…so ek sukkel met van hierdie groot woorde, ek sal julle hulp baie waardeer asseblief.

AI ·

Hi there, his request for bail will be withdrawn because he threatened to kill the states witnesses. Only he threatened them, none of the other accused made threats. To my knowledge they are all in jail applying for bail.

Drean ·

As die regter so besluit, ja. Maar die saak is nie afgehandel nie.
Net hy, omdat hy gedreig het om staatsgetuies dood te maak terwyl hy op borgtog uit os.

Tinktinkie ·

Help, net Anton heg “glo” gesê dat hy die staatsgetuie gaan doodmaak. Die ander het nie iemand gedreig nie. Indien d hof voel dat Anton n bedreiging vd staatsgetuies is kan hulle sy borg terugtrek en moet hy terug gaan tronk toe. Hoop dit maak sin.

Kollie ·

Die beskuldigde het borg gekry met sekere voorwaardes, een daarvan is dat hy nie met staatsgetuies mag inmeng nie. Daar word beweer hy het ‘n staatsgetuie gedreig. Nou wil die staat aansoek doen dat sy borgtog teruggetrek word.

Mariné Lourens ·

Dagsê Help en Al

Dankie vir jul kommentaar. Let asseblief daarop dat daar beweer word Anton Loggenberg het sy borgtogvoorwaardes verbreek. Dit is in die stadium slegs ‘n bewering deur die staat en is nog nie in ‘n hof bewys nie. In hierdie stadium is Loggenberg se borgtog ook nog nie teruggetrek nie. Die ander vyf beskuldigdes is almal tans uit op borgtog; niemand is in polisieaanhouding nie. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Sakkie van der Merwe ·

Laat dink mens aan die Boere saak so klompie jare gelede. Vertrou niemand nie.

Eish ·

Die staat doen sy bes om op beskikbare getuienis n skuldigbevinding te kry en die aangeklaagdes se regsverteenwoordiging hul bes om die twyfel in die saak tot voordeel van sy kliente aan te wend. Hopelik seevier die waarheid dan. Tegnies gesproke behoort n skuldige eerder vrygespreek te word of onskuldig bevind te word indien daar twyfel bestaan want die staat moet skuld bewys. Maw,skuld moet bo redelike twyfel bewys word. Hoop vir die boere dit werk nog so.

N Lourens ·

Sakkie ek stem saam. My gedagtes en gebede bly gedurig by daardie BOERE MAG se aanhouding.Dit was die langste aanhouding nog in SA en dan ook die verhoor wat die langste geduur het.

N Lourens ·

ek bedoel die langste aanhouding sonder verhoor en daarna die langste verhoor voor vonnis oplegging

Michael barnard ·

Ek sal lyk om te weet waar pas die kapt in die prentjie

Cherokee ·

Erika, by sogenaamd word bedoel hulle staan bekend as (of anders gestel, hulle word so genoem).

Avokado ·

Die 204-getuie sal eers vrywaring van vervolging kry wanneer die voorsittende beampte oortuig is dat hy/sy ten volle eerlik getuig en alles geopenbaar het. Jy is nie home free net omdat die staat jou as sulks wil gebruik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.