Parys-moordsaak binnekort na hooggeregshof

Tien van die elf verdagtes in die hof. Foto: Landi Malan

Tien van die elf verdagtes in die hof. Foto: Landi Malan

Die 11 beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak het Vrydag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn, waar die verrigtinge binne ʼn paar minute afgehandel is.

Cor Loggenberg (18), Loedie van der Westhuizen (18), Miela Janse van Vuuren (22), kapt. Henk Prinsloo (46), Boeta van der Westhuizen (46), Anton Loggenberg (49), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19), Fanie Oosthuizen (42), Wicus van der Westhuizen (19) en ʼn minderjarige verdagte staan almal tereg vir die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Voordat die hofverrigtinge begin het, is die publiek en die media gevra om die hof te verlaat, aangesien die saak in camera aangehoor is om die identiteit van die minderjarige verdagte te beskerm. Die saak is uitgestel tot 17 Junie, wanneer op ʼn datum besluit sal word oor wanneer die verhoor na verwagting na die Bloemfonteinse hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Die staat beweer Tjixa en Jubeba is op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer en so erg aangerand, dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Cor Loggenberg kom by die hofgebou uitgestap. Foto: Landi Malan

Cor Loggenberg kom by die hofgebou uitgestap. Foto: Landi Malan

Volgens die verdediging was Tjixa en Jubeba plaasaanvallers wat Loedie van der Westhuizen (73) op sy plaas oorval het. Loedie het beweer hy is tydens ʼn struweling met die aanvallers met ʼn vuurwapen teen sy kop geslaan. Hy het glo daarin geslaag om ʼn paniekknoppie te druk, waarna die aanvallers met leë hande gevlug het. Tjixa en Jubeba is na bewering daarna deur ʼn groep boere op die plaas aangekeer voordat die polisie op die toneel opgedaag en die twee mans vir mediese behandeling hospitaal toe geneem het.

Kapt. Francois Laux, die ondersoekbeampte in die saak, het aan Maroela Media gesê bewerings dat die Valke nie die moontlikheid van ʼn plaasaanval ondersoek het of na die vuurwapen gesoek het wat Tjixa en Jubeba na bewering by hulle gehad het nie, is onwaar. “Ons ondersoek in hierdie saak was nog heeltyd baie deeglik. Ons het polisieduikers van Welkom af gekry om in die dam na die vuurwapen te soek. Ons kon geen vuurwapen opspoor nie,” het hy gesê.

Hy het ook gesê bewerings dat lede van die Valke van die getuies aangerand het om verklarings af te lê, is heeltemal onwaar.

Gusta Loggenberg, vrou en ma van Anton en Cor, het buite die hof aan Maroela Media gesê hoewel dit vir haar swaar is om oor die saak te praat, glo sy daar is ʼn groter bedoeling hiermee en vorm dit deel van die Here se plan vir haar gesin. “Ek glo Anton en Cor sal hul onskuld bewys. Dit is nou maar net iets wat ons moet deurgaan.”

Volgens Gusta was dit vir haar ʼn reuse skok om te hoor Cor is by sy skool, Potchefstroom Gimnasium, in hegtenis geneem. “Hulle het hom na die hoof se kantoor geneem en daar is hy geboei en na die [polisiebeamptes se] kar toe gevat. Hulle het met loeiende sirenes daar weggejaag. Dit was vir hom regtig baie sleg,” het sy gesê.

Cor en sy ma Agusta. Foto: Landi Malan

Cor en sy ma Gusta. Foto: Landi Malan

Sy vertel sy het in die haarsalon gesit toe die polisie haar gebel en van Cor se inhegtenisneming ingelig het.

“Cor het net vir my gesê hy glo daar is ʼn rede hiermee en God het dit so vir hom beplan. Hy kry gelukkig baie ondersteuning van sy vriende en sy skool, dus weet hy daar is baie mense wat hom ondersteun.”

Op ʼn vraag of die gesin vir hul veiligheid vrees, het Gusta gesê hulle voel hoegenaamd nie hul veiligheid is in gedrang nie. “Ons het ʼn baie goeie verhouding met ons werkers en hulle weet Cor en Anton was nie by die voorval betrokke nie. Hulle sê vir ons hulle het [Tjixa en Jubeba] geken en hulle was glo bekend daarvoor dat hulle moeilikheidmakers was. Ons het hulle [die oorledenes] glad nie geken nie,” het sy gesê.

Laux het gesê dit is nie waar dat Cor voor sy mede-skoliere geboei en by die skool weggelei is nie. “Ek het hom na die skoolhoof se kantoor laat roep en hy het saam met my uitgestap en gery. Ons sal hom mos nooit daar by die skool uit ʼn klas gaan pluk en arresteer nie. Ons het die saak natuurlik so sensitief as moontlik hanteer.”

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gesiggie ·

Hoof opskrif…. Parys Moordsaak…. hierdie boere voel seker al soos cellebs” soveel aandag word aan die saak gegee… die saak is nou wel uitgestel tot 17 Junie, maar intussen gaan daar seker nog verdagtes bykom…. asb tog kry dit nou net oor en verby sodat ons kan weet wie het nou regtig wat gedoen..? Boere …. staan sterk… die waarheid sal uitkom…

Poplap ·

Dit is so tragies dat jong kinders by hierdie nonsense betrek is.
As die boer regtig storie oor aanval opgemaak het en hy homself met besem beseer het is dit nog groter tragedies.
Dis sad baie sad die hele episode.
Mense sal seker nou weer se wat van al die plaas moorde. Ja ons weet maar niks regverdig om jongelinge se lewens so te verwoes

Jurie ·

Poplap jy het seker nog nooit n geliefde verloor vir geen rede koelbloedige vermoor is nie my swaer is in die jaar 2000 vermoor op die M17 vir geen rede dit terwyl hy n baba in die lewe gebring het die ambulansman nog jonk praat weer as dit met jou gebeur

Louise ·

AGGG siestog, die speurder SPAN van die jaar se ou groepie raak darm nou groter….
TOG net wys ons is ons SOUT WERD…….
Intussen KYK hierdie BESIGE span die res van die MISDAAD mis want HEEYYYY ons het die wittes ons het HULLE JIPEEEEE…… sien die WIT kan ook iets verkeerd doen “het julle gese”..
Nee regtig ons land se POLISIE diens moet wakker skrik en by die FEITE hou.
EN rasisme LOS,

Carel ·

Hoekom kry al die ander plaasmoorde nie dieselfde peblusiteit nie? Of is dit oor Blankes beskuldig word ?

tamboti ·

Kapt. Laux ontken nou weer alles, dit was ook op radio berig dat hul die seun gearresteer en geboei het, wegjaag met loeiende sirenes! Nee wat dis uitermatige magvertoon.
Die seun se ouers of prokureur kon gekontak word en ‘n dagvaarding op die manier bedien word, hy het in elk geval saamgewerk!
Die hof in camera! Aaag almal weet wie die seun is, dis blote wensdenkery om sy identiteit te wil beskerm. veral nadat hy by skoolgearresteer is!

Mariné Lourens ·

Dagsê Tamboti

Let asseblief daarop dat Cor Loggenberg, wat by sy skool in hegtenis geneem is, nie ‘n minderjarige is nie. Die minderjarige se naam mag volgens wet nie genoem word nie.

Groetnis
Mariné nms Maroela Media

christine ·

Hierdie is nonsens die boere moet eise instel as die ding verby is pateties. Hy het hom nou kamtig self met besemstok raakgeslaan maar die probleem is dit was te hard die bloed het dan uit wond geloop. Julle broere moet self die dam loop leegmaak hoe sal duikers help dam te vuil

Sarie ·

Stem Ek dink nie iemand sal homself so met ‘n besemstok slaan nie. Klink na ‘n wolhaarstorie. Ek dink ook die boere moet die dam self leegmaak. As die duikers dieselfde standaard as die ander polisielede wat gewoonlik plaasmoorde ondersoek handhaaf, plaas ek ‘n groot vraag teken agter hulle naam.

Dikeis ·

Hulle gaan, dik eise! Die valke se onvermoe sal ook verseker dat dit slaag, hulle kannie omgee nie. Op die ou end betaal die belastingbetalers vir die hele sirkus.

Flippie ·

So die ma lieg, kapt Laux? Hoekom het julle ‘n minderjarige in hegtenis geneem sonder om die ouers te betrek? Hy was geen vlug risiko nie en die insident het maande gelede plaasgevind. Dit was nie nodig om hom by die skool te arresteer nie.

” die saak so sensitief moontlik hanteer”, my voet!!! Het ook seker nie sirenes gebruik nie. Wie probeer jy bluf?

Mariné Lourens ·

Dagsê Flippie

Let asseblief daarop dat Gusta Loggenberg die ma is van Cor Loggenberg wat nie ‘n minderjarige is nie. Die minderjarige se naam mag volgens wet nie genoem word nie.

Groetnis
Mariné nms Maroela Media

Irene ·

11 Boere in hof
Hoeveel is al in hegtenis geneem wat die wit man se keel gesny het daarvan hoor ons niks nie wys ons wat gaan aan i n sa

Flippie ·

Jammer het nie ordentlik gelees nie. Gedink alle leerlinge is minderjarig.

Marietjie ·

Dit is baie einaardig dat die minderjarige beskerm word, hy was nie te jonk om te probeer moor en steel nie, waar trek die polisie die lyn/ Daar sit meer agter as wat besef word, soek seker die plase vir die familie van die oorledene.

Poplap ·

Waar kom jy daaraan dat die minder jarige gesteel het? Jou feite is deurmekaar

Ander Koos ·

Duidelik dat waarheid nog nie bekend is nie, maar ook dat dubbele standaarde deur Polisie toegepas word om politieke agenda te pas. Wonder wie se opdrag is dit?

Chris ·

Ons weet mos nou ons het met n komunistiese/marxsitiese rege ring te doen.Kommando stelsel met doel verwyder. (Kry weermsg toerusting uit hande van boere) Boere begin eie sisteeme/beveiliging saam privaat veiligheids besighede.Vinnge reaksie en mobilisering.Polisie nie bettokke en inligting min(minder veraaiers).Dit hou bedreiging in vir regering.
Groot ophef met die sask is om mense te intimideer om nie by sulke bewegings betrokke te raak.
Jy moet jou self af vra waarom die polisie nou meer aandag wil gee aan plaas aanvalle/moorde of betrokke wil raak.
Hierdie is boermag saak “herhaal”.Gaan vir ewig aanhou.

GES ·

Die polisie het die neiging om mense te arressteer wat aan hulle bekend is. Of hulle skuldig is of nie, is van minder belang. Hierdie opmerking is ook al verskeie kere deur ons huishulp gemaak. Sy is ‘n keer by ‘n taxie-staanplek gearressteer en word nou geteiken deur die polisie. Getuienis word ook geneem van persone wat eens op die toneel was nie. Die hele saak stink!!!

Pieter van Zyl ·

Ek ken Kapt Laux persoonlik en sy integriteit is bo verdenking. Uistekende speurder met jare ondervinding. Ek sal glo wat hy sê.

Ander Koos ·

Mag so wees, aan die anderkant wies brood mens eet dies woord mens spreek

Grap ·

Ek dink nog steeds dat dit nie die speurwerk van die polisie is nie maar die boere wat mekaar verraai.

danie myburgh ·

Die hele saak weerspieel eensydigheid deur die polisie. Lyk asof daar buitengewone aksie vd polisie is teen die boeregemeenskap is. Mens voel hier is ook verraad onder boere teen mekaar. Ek vertrou die boere se onskuld sal bewys word

liefie ·

As dit so is dat n man twee ouens wat hulle lone kom vra het vermoor hetmet die hulp van ander kan ek net se dat hulle lafharde en barbare is. Die reg sal sy gang gaan. Wat my verstom is die kommentare bo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.