Pasgebore baba op bourommelhoop gelaat

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Woensdagmiddag op ʼn bourommelhoop in Johannesburg gevind.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:45 na ʼn bourommelhoop langs ʼn grondpad in die Zandspruit- informele nedersetting in die Honeydew-omgewing ontbied.

“Die baba se naelstring was steeds aan en dit wil voorkom of die baba op voltermyn was,” het Dollman gesê. “Ongelukkig het sy geen tekens van lewe getoon nie. Dit is nie duidelik presies wanneer sy dood is nie.”

Paramedici van Netcare 911 het haar op die toneel dood verklaar.

Die polisie en Johannesburgse metropolisie was ook op die toneel en ondersoek die voorval verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Hoe nutteloos het menselewens nie geword in die land nie? Dit deug net om saam met die vuilgoed weggegooi te word.

Bee ·

Aai dit is so hartseer…dalk was babatjie by geboorte al oorlede en toe weggegooi om enige begrafnis kostes te spaar… mense die is nie diere is klein geskenkies van God

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.