Patoloë nie eens oor hoe Susan Rohde sterf

Susan Rohde. Foto: Facebook

Susan Rohde. Foto: Facebook

Die Stellenbosch-landdroshof het Vrydag twee weergawes gehoor van die oorsaak van Susan Rohde se dood. Jason Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, word van die moord op sy vrou aangekla.

Volgens ʼn private patoloog het Susan selfmoord gepleeg, terwyl die staatspatoloog aanvoer sy is verwurg. Rohde is in hegtenis geneem na die staatspatoloog se bevinding. ʼn Geregtelike doodsondersoek is aanvanklik gedoen.

Die staatsaanklaer, adv. Carien Teunissen het Donderdag ʼn aansoek gebring vir sewe dae uitstel vir verdere ondersoek. Teunissen het egter Vrydag gesê die staat het net tot Dinsdag nodig, waarna hulle gereed sal wees om voort te gaan.

Landdros Greg Jacobs het bevind daar is gronde vir die staat se aansoek en dat Rohde dan Dinsdag sy borgtogaansoek kan bring.

Die ondersoekbeampte, speursers. Marlon Appolis, se beëdigde verklaring is Vrydag in die hofrekord ingelees.

Volgens Appolis het hy Rohde in hegtenis laat neem, aangesien hy meen daar is ʼn redelike vermoede dat hy sy vrou vermoor het en ʼn vlugrisiko is.

Appollis het Rohde Dinsdag omstreeks 6:30 in hegtenis geneem. Volgens Appollis het hy tot Dinsdag tyd nodig om inligting en Rohde se finansiële status by die Reserwebank te bevestig.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ander Koos ·

Hoe nou gemaak as die patoloe verskil? ‘n 2de lykskouing is seker nie moontlik nie? Hang seker nou af watter patoloog het meeste geloofwaardigheid?

martien ·

Ja dit gaan nou afhang hoe sterk die staatspatoloog gaan staan teen die privaatpatoloog, wie dan alles van sy kant uit n geldelike oogpunt verklaar. Dit gaan nie oor eerlikheid nie maar oor wie jy kan betaal om vir jou met leeuns die hof te oortuig. Ek dink weer terug aan Inge Lotz vandag en ek huil omdat geregtigheid nie sterker is geld nie…..

Flibo ·

Ja, dit word nou n ” inni mini myni mo” geval. Tipies van die nuwe suid afrikaanse regstelsel .

henry ·

Staatspatoloog vs private patoloog! Maak mens wonder die vermoë van die staatspatoloog…

Kaufman ·

Ek glo dat die privaat patoloog BAIE goed beloon word om te lieg. Goeie rede vir die mediese raad om hierdie privaat patoloog te ondersoek.

Patsy ·

Weereens geen bewyse dis ondersoek beampte se vermoede maar die man word inhegtenus geneem op vermoede. Hoekom nie net paspoort afgeneem nie. Vra weereens hoekom is daar so lank met die byl moord gewag tot inhegtenisname maar hier word n man sonder lasbrief toegesluit.

Estelle ·

Byl verdagte hang alweer gesellig hit in Kaapse drinkplekke terwyl PE verdagte nog nooit weer sonskyn gesien het nie. Hoekom verskil dit??

Joann ·

Mense dit laat mens wonder. Privaat?? Hoekom privaat?? Staats een net so goed maar staat betaal,privaat word seker nie deur staat betaal nie. Ruik weer rot

anton ·

Kom ek sê vir jou hoekom privaat. Wat in die staat/ staadsdiens kan jy vandag nog glo en vertrou? Kyk na al die korrupsie en swak diens wat hulle lewer ens. dan vra julle nog hoekom PRIVAAT???
Ek sal die staat nie eers meer vertrou met enige iets nie. Ek het my vertroue lankal in ons staatsdiens en regstelsel verloor en ek praat van persoonlike ondervinding.
En gaan maar na enige staatshospitaal en kyk wat gaan daar aan invergelyking met 25 jaar gelede.
Nee wat ek kan goed verstaan hoekom mense met meer as 2 breinselle hulle beroep op die privaatsektor.

Estelle Gerber ·

Dis kommerwekkend dat Rohde se baie geld en status dalk n rol kan speel in die private ondersoek!

Chris ·

Jy sou ook as jy in die selfde boodjie geroei het n privaat pateloog gekry het. Dink mooi

Pop ·

Ek wonder hoekom het hy so gou n privaat patoloog gekry??? Dis mos nie normaal om n patoloog aan te stel as mens se vrou of man sterf. Of is ek agter die tyd??

danie ·

As ek weet ek is onskuldig sal ek ook elke sent spandeer om my onskuld te bewys,

DewaldS ·

Sit jouself nou in iemand anders se posisie – in hierdie geval ‘n onskuldige Rohde (let op die woird ‘geval’). En vertel dan presies vir ons wat jy sou gedoen het in die geval dat jy aangekla word van ‘n moord wat en die bewyse teen jou berus op die opinie van ‘n staatspatoog. Vertel – ek luister…

Sputnik ·

As my liewe vrou in sulke tragiese omstandighede moet omkom, of ek enigsins betrokke was of gladnie en ek het genoeg geld, sal ek verseker ook ‘n privaat span aanstel. Ek sal nie graag net op ‘n span van die staat wil vertrou nie – net té veel van ‘n risiko.

suster sêra ·

Stem saam met jou Sputnik. Die man of vrou is altyd die eerste verdagte en as mens nie alles in die stryd gooi om jou onskuld te bewys nie sit jy lewenslank agter tralies. Daar is al te veel oor en oor bewys dat ‘ondersoekers’ ook foute kan maak. Ek vertrou net mooi niemand nie.

Magda ·

In n geval soos hierdie sal ek ook nie my toevertrou aan uitslae van die staatspatoloog nie. Privaat patologiese verslag moet gedoen word. Waarom se my instink vir my hierdie man is onskuldig MAAR die gevolge van huweliksontrou sal hy moet verduidelik en saamleef en hoe verduidelik hy dit aan sy dogters ??? Hoe doen mens dit???

nee wat ·

Nee Wat kyk Al Wat n truuk is sal getry word. Staat kry nog n pataloog in. Ek glo staat 1, dt is behoorlik opgeleide mense en daar is geen rede hoekom hy sal jok nie, hy ken nie eens die mense en gain niks hieruit verdien of wen nie. Die privaat 1 kry geld en some baie daarvan.

Optimis ·

Jis, maar party van julle is bitterboelas!!! Vreeslik baie te se maar kan nie “patoloog” reg spel nie. Ons dogtertjie is 9 jaar terug dood en ons het haar dood laat ondersoek. Ons het baie duur betaal dat Dr Leon Wagner (privaatpatoloog) van Bloemfontein die outopsie op haar doen. Die desperate verdediging in die saak het 2 staatspatoloe gekry. Die uitslae het ook drasties verskil. En dit het boggerol uit te waai met omkopery!!! Daar is baie faktore wat n rol speel in n nadoodse ondersoek. As jy niks van n saak weet nie….. weerhou jou van kommentaar.

DewaldS ·

Jammer oor julle dogtertjie. En baie dankie vir jou bydrae. Mense wil graag baie oordeel en min dink – dit vat minder energie en hulle spreek hulle-self vry deur ‘n skuldige te vind.

Willemien ·

Ek het lank met staatspatoloë reg oor die land gewerk toe ek by die Dept van Gesondheid was. Wil net vir julle sê hulle is baie, baie goeie dokters wat weet wat hulle doen. Privaatpatoloë beteken nie noodwendig beter nie.

Scalla ·

Sy finansiele status by reserwe bank moet bevestig word, is dit standaard prosedure by alle kriminele sake? Vra net.

Johan ·

As jy al die onbevoegdheid in Suid Afrika ervaar sal jy dom wees om nie ‘n private patoloog aan te stel nie, veral indien jy onskuldig is.

Mamparra ·

En da gaat julle alweer. Daar is nog niks bewys nie. Ek is dankbaar dat geen een van julle die ondersoek beampte is nie.

Vlam ·

Hou op rotte ruik en insinueer. Kry feite en lewer dan kommentaar. Vertel my liewer, wat of wie van die staat kan mens vertrou? Ek wil regtig eerlik weet? Net die woorde BIETJIE TE maak van jou n teiken. Bietjie te bekend , bietjie te wit, bietjie te ryk, bietjie te geleerd, …….. noem nog vele!!!!! Moenie n ander se lewe verwoes vir sensasie nie.

Ouma mix ·

Almal het n stuiwer in die armbeurs te gooi ma niemand weet wst da gebeur het nie so wag vir die hofsaak voor jule rotte ruik en die man oordeel

suster sêra ·

Ek kry hierdie Jason Rohde bitter jammer. As hy sy vrou vermoor het moet hy een of ander superman wees om deur ‘n gesluite deur te gaan. Wie van ons stry nie met ons lewensmaats nie – dis nie te sê ons maak mekaar dood nie. Laat ons tog nie te gou oordeel nie. Gee die arme mens ‘n kans en bid vir hom en sy dogters deur hierdie stommiteit.

Anthoné ·

Al wat my laat wonder is die feit dat vrouens nie normaalweg hulself hang as hulle selfmoord pleeg nie… vrouens gebruik gewoonlik slaappille of sny polse…

DewaldS ·

As sy onder die soort behandeling was wat beweer word, sal daar BAIE pille in haar besit gewees het en iemand wat haar wou vermoor sou dit baie maklik kon regkry om haar verkeerde of te veel pille in te gee…

suster sêra ·

Mense wat selfdood doen handel nie ‘normaalweg’ nie. Ek het ‘n vriendin gehad wat rasend bang was vir vuurwapens en toe skiet sy haarself – sy kon net sowel pille geneem het. Ons het hier met desperate mense te doen wat nie ‘normaal’ dink en handel nie.

koos ·

Kry vir Gerrie in hy sal se wie is reg. Ek meen die ou het ook geld.

Elizabeth ·

Heelwat self-aangestelde en heldersiende regters hier op die blad …
Dis erg genoeg dat die kinders hul ma verloor het, en moontlik probeer die man net borgtog kry en sy onskuld bewys dat hy sy kinders kan probeer ondersteun wie deur erger trauma as hyself gaan.
Hoop nie een val jul se huwelikmaats pleeg selfmoord en jul kry ‘n regter soos julself wanneer jy as moordverdagte in die hofsaal staan en net aan jou kinders kan dink nie …

elizabeth ·

Ek het ‘n ernstige probleem met affairs, en beskou dit as absolute verraad, maar dit beteken nie omdat iemand onttrou is as huweliksmaat en jy as vrou is emosioneel daaroor of beskou dit selfs dramaties as emosionele ‘moord’, dat jou ontroue eggenoot nou fisies ‘n besliste moordernaar is wanneer jy selfmoord pleeg nie.

Pragtige vrou en baie hartseer, maar ja, sy het verwurg aan die elektriese koord van die haartang waarmee sy haarself gehang het. Die deur was van binne gesluit …

Karin ·

baie sad , dat daar altyd mense is wat dink hulle weet beter … ek is jammer vir die man en sy kinders want hulle word nou gehang deur baie mense .. beteken nie as hy ontrou was hy is n moordenaar nie .. ek weet van meer as een selfdood wat die vrou haarself gehang het … ek sal ook nie die staat vertrou nie . en die privaat ou het ook sy reputasie … sal jy jou lewe op die spel plaas vir geld .. ek sou nie … soos iemand te reg gese het verwurg deur die tou . die man is al reeds skuldig volgens die meeste hier … wat het geword van onskuldig tot bewys Ai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.