Pecanwood-moord: Verhoor begin dán

Mark Warona Zinde tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Mark Warona Zinde tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Die verhoor van Mark Warona Zinde, wat verdink word van die moord op sy ma, die televisiepersoonlikheid Hope Zinde (50), sal in Junie in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Zinde (23) het Dinsdag vlugtig in die Brits-streekhof verskyn, waar vasgestel is sy verhoor sal op 12 Junie begin.

Die staat beweer Zinde het sy ma in Junie verlede jaar by hul huis in die Pecanwood-landgoed by die Hartbeespoortdam in Noordwes vermoor. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak van haar motor gevind. Sy is vermoedelik reeds dae tevore vermoor. Sy was ʼn voormalige raadslid van die SAUK en sedert 1991 ʼn joernalis by die openbare uitsaaier.

Zinde staan tereg op ʼn aanklag van moord en dwelmbesit.

Hy is voorheen vir psigiatriese waarneming na die Weskoppies psigiatriese hospitaal in Pretoria gestuur, waar bevind is Zinde is geskik om verhoor te word en in staat om die hofverrigtinge te verstaan. Daar is ook bevind Zinde het nie aan enige geestesversteuring gely toe hy na bewering sy ma vermoor het nie.

Die familie hou egter vol Zinde was nie by sy volle positiewe toe hy Hope glo vermoor het nie.

Zinde word ook apart aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, nadat hy in November verlede jaar na bewering sy pa by sy huis in Walkerville aangerand het. Hy het glo sy pa, dr. Lebohang Mohale Manoto, met ʼn glas in sy gesig geslaan.

Lees die vorige berigte oor die Pecanwood-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

hierdie saak sloer en sloer. Haai oe: niemand het gedink n swart man kan n ander swart mens doodmaak nie. oops! wat nou gemaak?

Christa ·

I rest my case!! Soos ek voorheen gese het: ek is seker hy het sy ma vermoor omdat sy nie vir hom geld wou gee nie!

Scalla ·

Die familie is 100% korrek, hy was nie by sy positiewe nie, hy was gedrug toe hy sy ma vermoor het. Daar word vir tyd gespeel. Hy gaan ter versagting aanbied dat hy nou n weeskind is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.