Pedofiel ‘jammer’; ouers soek geregtigheid

Argieffoto

Argieffoto

Die motorverkoopsman van die Oos-Rand wat skuldig gepleit het op meer as 800 aanklagte teen van onder meer kinderverkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie word Maandag gevonnis.

Warren Troy Knoop het Vrydag aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê hy wil help om ander seksoortreders vas te trek. Regter Cassim Moosa het ingestem dat Knoop die hof toespreek.

“Ek sal niemand veroordeel wat dieselfde as ek gedoen het nie, hierdie was ʼn hulpkreet. Ek kan nie dit wat ek gedoen het of die lewens wat ek beïnvloed het, terugvat nie. Ek smeek om hulp,” het Knoop gesê.

“Ek het afskuwelike dinge gesien en beleef terwyl ek in die tronk was. Laat my asseblief toe om mense te help vastrek wat dieselfde verslawing as ek het,” het Knoop bygevoeg.

Volgens Knoop het hy die Here “gevind” terwyl hy in die tronk was en is nou gerehabiliteer. Hy het in die hof aan die vroue met wie hy verhoudings gehad het, gesê dat hy bloot in verhoudings met hulle was omdat hulle kinders het. Hy het aangedui dat hy in een geval die seksuele aanranding gestaak het omdat hy bang was die meisie raak oud genoeg om iets te sê.

Volgens Knoop het hy skuldig gepleit om almal tyd te spaar. “Ek het sielkundige hulp nodig om my te help om te verwerk wat ek gedoen het. Neem asseblief my persoonlike omstandighede in ag. Dis my eerste oortreding, ek is gesodomiseer as ʼn kind en ek ly aan depressie.”

Die 40-jarige Knoop het aanlyn kinderpornografie onder die naam “APE man” gedeel. Die foto’s is glo aan internetgebruikers in die VSA gedeel waar wetstoepassingsagentskappe snuf in die neus gekry het en die Suid-Afrikaanse polisie na Knoop gelei het. Maroela Media het vroeër berig dat hy Woensdag by sy werkplek in hegtenis geneem is. Die polisie het hierna ʼn klopjag op sy huis uitgevoer waar daar op skootrekenaars, hardeskywe, selfone, geheuestokkies en ʼn klein “spioenkamera” beslag gelê is.

Knoop staan onder meer tereg op 82 aanklagte rakende die misbruik van ʼn kind om pornografie te vervaardig, 85 aanklagte van die vervaardiging van kinderpornografie, 35 aanklagte van verkragting, agt aanklagte van seksuele aanranding, 33 aanklagte van ontbloting, 97 aanklagte rakende die verspreiding van kinderpornografie en 501 aanklagte rakende die besit van kinderpornografie.

Knoop se slagoffers was onder andere die kind van een van sy vriendinne en een van dié kind se vriendinne. Die hofgalery was volgepak met DA-lede, familielede van die slagoffers asook lede van die organisasie Vroue en Mans teen Kindermishandeling.

Staatsaanklaer Riana Williams het aan die hof gesê die minimum vonnis vir die aanklagte teen Knoop  is lewenslange tronkstraf. “Knoop het geen wettige verweer vir sy dade nie,” het Williams gesê. “Hy toon berou oor sy aksies, maar hy is ʼn reeksverkragter,” het sy bygevoeg.

Die ongerymdhede het tussen 2011 en 2015 plaasgevind in die ooste van Johannesburg en in Mpumalanga.

Een van Knoop se slagoffers was 12 jaar oud toe die mishandeling plaasgevind het en het daarna probeer selfmoord pleeg. Sy het genoem hoe sy ten minste 12 kere kon onthou waar sy wakker geword het terwyl Knoop haar seksueel aangerand het.

Knoop was in trane toe Williams die voorgestelde vonnisse vir die klagte teen hom voorgelees het.

Een van die ouers van die slagoffers het gesê hulle het hom vergewe, maar dat hulle nooit sal vergeet wat hy gedoen het nie. ʼn Ander ouer het weer gesê sy sal hom nooit kan vergewe nie. “Ek hoop hy gaan vir die res van sy lewe tronk toe sodat hy niemand anders kan seermaak nie. Ek sal hom nooit kan vergewe vir die feit dat my kind haar polse probeer sny het met ʼn stuk glas nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Francoios le Cochon ·

Nee reg, ons sal jou help. Dien eers jou lewenslange tronkstraf uit, en dan kan ons gesels oor hoe ons sal help, Ek maak tentatief ‘n aantekening in my 2042 dagfboek!

Lienkie ·

Siestog arme ding, nou wil hy huil, ek wonder hoeveel aande het daardie kindertjies gehuil met die leed wat hy hul aangedoen het, hul gaan nog jare sielkundige behandeling nodig kry, nee wat, gaan huil in die tronk, ek het GEEN simpatie met so sieklike mens soos jy nie.

Ano ·

Jou vieslike vent – ek het nie eers woorde om jou te beskryf nie. Jy beweer jy het “vieslike dinge gesien en beleef terwyl jy in die tronk was” – het jy gedink dis ‘n hotel waar jy kan aangaan met jou dade? Nee, as ek die keuse gehad het, het jy nooit ooit weer sonlig gesien nie. Ek hoop dat jy suffer elke liewe dag in die tronk. Daar gaan heeltemal te veel genade vir jou wees binne die tronk. Jy gaan kos kry, mediese sorg, ‘n gratis dak oor jou kop, ‘n bed ens. Dis te veel voorregte vir iemand soos jy.

Johanna ·

O neee!! Huil gaan nie daardie kinderlewens wat hy verwoes het herstel nie. NOOIT nie!
Gee hom DIE SWAARSTE STRAF!!!

Asmain ·

Dis interessant dat sodra die tronkdeure wuif menige misdadiger die Here “vind” …..siestog. Daar is baie soos jy in die tronk wat jy intussen kan probeer “help” terwyl jy jou vonnis uitdien. En vir die rekord: mense soos jy word nie gerehabiliteer nie.

100% reg ·

Asmain, jy is 100% reg, ek stem ook saam met Francois, dien eers jou straf uit, dan praat ons. Jy kan in die tronk help skuldiges vasttrek en gewoond raak aan ‘n lewe sonder hierdie siekte, as jy uitkom gaan jy blootgestel wees en weer verval! Ek hoop werklik nie die regter laat hom mislei nie, hierdie stuk gemors is siek tot op die been. LIewe regter, hoeveel nagte het hierdie kindertjies nie gepleit nie, die beskerming van regte en jammer kry lê by hulle, want niemand het op hulle reageer nie.

MY OPINIE ·

Dis my opinie maar ek glo nie daar is ooit rehabilitasie vir n molesteerder nie, want dis sy seksuele orientering . Jammer vergewe jou nie ek dink aan al die jong lewens wat jy verwoes het hoop jy kry swaar in die tronk.

Adeline ·

Ek WEIER om te glo dat pedofiele gerehabiliteer kan word! Nou het hy kastig Jesus gevind..hoe gerieflik. Mag hy nooit weer vrylik rondbeweeg nie!

MissDemeanor ·

Ek stem saam jou Adeline. Hy soek nou net simpatie. As hy weer naby aan ‘n kind toegalaat word sal hy weer dieslfde doen en dan seker beweer dat die kind hom uitgelok het.

Annie ·

Sit boetjie .. dit is net verbasend dat almal in die tronk skierlik christene word .. hoekom het hy nie voor die tyd vir berading gegaan nie

Renette ·

Hoekom het jy nie sielkundige hulp gesoek toe jy van jou siek drange begin bewus word nie…… Nee wat jy is nie jammer vir wat jy gedoen het nie jy is jammer omdat jy uitgevang is

Renette ·

Jy sê ook dat jy gesodomiseer is as kind,jy van alle mense moet mos weet wat dit aan n kind doen. Toe gaan doen jy presies dieselfde

Nella ·

Neem jou omstandighede in ag? Jy kon lankal hulp gevra het en gekry het. Jou eerste oortreding maar daars soveel verskillende klagtes. Dude as dit 1 persoon was was dit 1 te veel. Jy het geen idee hoe so iets jou lewe vir altyd verander nie. Dit het ‘n impak op jou as mens so groot dat dit jou vir jare na dit nog nagmerries gee. Niks wat jy nou se of doen kan dit beter maak nie. Ek mag dalk bitter klink maar jy verdien alles, ja ALLES wat jy in die tronk ervaar.

Charmaine ·

Dae soos vandag dat ek wens ek was instaat om die doodstraf terug te bring vir arme siele soos jy….

Nee Nella ·

Nee Nella, met die dat kriminele meer regte het en maklik uitkom, moet hy maar liewer vinnig gaan, ten minste vat dit ook die slegte herinnering vir ons weg en daardie arme kinders wprd nooit weer aan hom blootgestel nie, my hart wens egter ja Nella, ek stem.

Migaell ·

Here ons almal vra dat U deur U Heilige Gees hierdie kinders met U Magtige genesende hand en liefde sal aanraak en weer heel maak want ons lees en weet U se EK IS DIE GOD VAN ALLE VLEES SOU ENIGIETS VIR MY TE WONDERBAAR WEES ONS DANK U VIR WIE U IS EN PRYS U HEILIGE NAAM VIR DIE HOWE GEE GOD PSM 82 SY TROON IS GEBOU OP GEREGTIGHEID EN REG JESUS KOM AMEN

BS ·

Snaaks hoe vinnig mense berou het oor hul sondes wanneer hul uitgevang word met hul perversies. In ou dae sou gehang gewees het.

Poplap ·

Knoop sê: “Dis my eerste oortreding.”

Hy bedoel seker om te sê: “Ek het baie kere oor baie jare oortredings begaan, maar hierdie is die eerste keer wat ek uitgevang is.”

Ek stem saam jy het sielkundige hulp nodig. Jy kan in die tronk berading ontvang terwyl jy jou straf uitdien. Miskien sal jy dan kan onderskei tussen reg en verkeerd wanneer jy eeeeeendag (miskien oor 50 jaar!) weer vrygelaat word.

As ek op hoorsê gaan, het mense soos jy nie ‘n maklike lewe in die tronk nie. Die kinders wat jy beetgekry het, het ongelukkig ook nie ‘n maklike tyd gehad nie (en het nog steeds nie ‘n maklike tyd nie). Vir my is daar juis ‘n mate van regverdigheid in jou tronk situasie. Dis deel van jou straf. Jy het dit oor jouself gebring.

Die kinders se “vonnis” eindig nooit nie – jou vieslike, wrede dade sal vir altyd deel wees van hul herinneringe. Ek hoop regtig hulle kry ook almal berading om te probeer heelmaak wat jy vernietig het.

Ander Ekke ·

Stem saam met jou Renette. Hy is slegs jammer dat hy uitgevang is. Hy voel absoluut NIKS vir sy slagoffers nie.
Sy hele “speech” gaan ook net oor homself en sy soort en hoe swaar hy kry en hoe hy sielkundige hulp nodig het, regtig!!!!! ME, MYSELF, MY SHADOW AND I…
Ek het 25 jaar gelede met pedofiele te toen gekry by Weskoppies hospitaal. Hulle sing almal dieselfde “sad” manipulerende deuntjie as hulle gevang word. Hulle kannie gerehabiliteer word nie.

Bosvark ·

Ek is veral bly dat hy reeds afskuwelike goed in die tronk gesien en beleef het. Nog so 25 jaar hiervan klink vir my omtrent reg.

Ilze ·

Ek het laas soveel bog gehoor toe my molesteerder uitgevang is. Jy wil nie ander help nie, jy wil net nie kontak met ander soos jy verloor nie!
Ek is as kind misbruik en is vandag depressief. Lol ek met my eie kinders of met ander mense se kinders? NEEEEEEEE!!!

Anja ·

Ware berou sal maak dat jy verstaan hoekom dit beter is om te bly waar jy is. Die tronk help jou met sielkundige hulp maar meer nog hou jou weg van die wêreld daar buite waar jy “perongeluk” mag struikel. As jy waarlik jammer is dien jou tyd uit sonder om uitkoms te soek. Dis veilige vir al die kindertjies. Jy gee mos nou om… so bly waar jy is en bewys dit.

snert ·

DIS DIE MAKLIKSTE RUIMPIE OM TEUITER EK IS AS KIND MISBRUIK DIS HOEKOM EK DT OOK NOU DOEN. Weet jy wat as jy as kind self misbruik is weet jy dat dit jou onskuld weg vat jou laat vuil voel en jou heeltemal anders na dinge laat kyk, jy weet hoe seergemaak is jy , jy weet hoe gebreek jy gevoel het toe n volwassene dit aan jou gedoen het . WAAROM DAN DIT SELF AAN N ONSKULDIGE KIND DOEN. JY MOET OPGESLUIT WORD EN SWAARKRY IN DIE TRONK!!!

annie ·

Vra enige psigiater/sielkundige,ek het nog nooit ‘n pedofiel teëgekom wat gerehabiliteer is nie. Die sg. jammer is deel van manipulasie om net weer te kan voortgaan. Moenie daarvoor val nie! Die destruktiewe gevolge wat elke dag in slagoffers se lewe manifesteer noop my om in elke geval,ook al is dit ‘n “enkele” of “eerste ” oortreding(wat dit meestal nie is nie,te vra vir lewenslange verwydering uit samelewing.

katryn ·

geen verskonings nie. Jy verdien die ergste straf moontlik. Niemand kry jou jammer nie.

ORPA ·

Dit is soos die ander se, hoeveel mense is nie gemolesteer as hul klein is nie, ons doen dit nie aan ons kinders nie. En het hy ooit aan die ouers gedink wat moet hulle ook deurmaak, dan praat ek nie eers van die kinders nie, hul hele lewe is deurmekaar en as dit ooit gaan regkom. Hy sien nou hoe gaan dit in die tronk nou wil hy jammer se, maar toe hy die dade pleeg het hy nie daaraan gedink nie, die arme kinders ek wil nie eers weet wat deur hulle koppies moes gegaan het nie. Nee wat jy kan maar lekker sit in die tronk.

Pop ·

Ek is so siek van mense wat die duiwel se dade pleeg en dan God se naam gebruik as dit hulle pas. Asof dit die sleutel is tot kwytskelding van elke ongeregtigheid.

MAGDA ·

WAT ROOK DIE MAN? NOGMALS ANDER HELP OM SULKE MENSE TE VANG. EK SAL DAARDIE MAN NIE SO VER VERTROU SOOS WAT EK HOM SIEN. HY SAL NOOIT VERANDER HY IS SIELSIEK!

marina ·

Maroela moet foto van hom publiseer wil sien hoe lyk die vent.

Geesie ·

800 aanklagtes is wragtie waar ni n eerste oortreeding nie. My kind was op n jong ouderdom deur iemand wat vertroud was verkrag dit verwoes n ouer en kind se lewe mar sy het gekies om n oorwinaar te wees en nie n victim nie sy doen beter as enige iemand in haar skool en is uitstekend in als. Mag hy nooit weer dag lig sien nie en sterkte aan die ouers.

Christelle ·

Hier sit ek en somme maak. Hy was gesodomiseer as kind…en volgens hom het hy eers met die verkragtings en pornografie begin in 2011 toe hy 34 was? Dit maak glad nie sin nie. Ek voel niks vir mense soos hy nie. As hy geweet het hy het hulp nodig waarom het hy nie net ‘n sielkundige gaan sien toe hy jonger was nie? Sluit hom toe permanent of gee sommer die doodstraf.

marous ·

800 klagtes ?As hy nie gevang was nie , sou dit by 800 gebly het???? Hoeveel is daar waarvan die hof nie weet nie? Hy kan bly wees hy is nie in Arabiese hof skuldig bevind nie…..

Sus ·

‘n Manipulerende liegbek pedofiel…….jy hoort agter tralies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.