Pedofiel wil borgtog vra ná nuwe vonnis

tronkhande

Argieffoto

Die pedofiel Andries Petrus Retief (37) gaan ʼn dringende aansoek bring om op borgtog vrygelaat te word.

Retief is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is. Retief is ook tot verdere tronkstraf gevonnis op van die ander aanklagte. Die regter het egter gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word. Retief moet dus effektief agt jaar tronkstraf uitdien.

Retief het egter intussen aangedui dat hy teen die vonnis wil appelleer en ook ʼn dringende aansoek om borgtog gaan bring. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Retief se borgtogaansoek sou Donderdag aangehoor word, maar gaan nou eers Vrydag aangehoor word aangesien die regter nie beskikbaar was nie.

Landdros Mandy van Leeve het Retief, ʼn siviele ingenieur, in Augustus 2015 in die hof vir seksuele misdrywe in Parow tot agt jaar tronkstraf gevonnis op die voorwaarde dat hy nie binne vyf jaar weer dieselfde oortredings begaan nie. Die vonnis is egter heeltemal opgeskort, wat beteken het dat hy nie tronkstraf moes uitdien nie.

Dit volg nadat Retief skuldig gepleit het op verskeie aanklagte rakende die vervaardiging en besit van kinderpornografie sowel as seksuele aanranding.

Retief, ʼn eerste oortreder, het toe skuldig gepleit op 2 130 aanklagte. Hy het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem. Van sy slagoffers sluit in ʼn sesjarige, ʼn agtjarige en ʼn negejarige kind wat almal seksueel aangerand is terwyl hulle geslaap het.

Die Wes-Kaapse direktoraat van openbare vervolging het egter teen sy “skokkend onvanpaste ligte vonnis” geappelleer waarna hy tot tronkstraf gevonnis is. Daar is ook beslis dat sy naam op die lys van seksuele oortreders geplaas moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blom ·

Maw hy is glad nie spyt of het berou oor wat hy gedoen het nie…? Hy het skuldig gepleit, maar wil nou appelleer teen sy vonnis??

vrikie ·

Wonder waar het Mandy van Leeve haar “regskwalifikasie” gekoop

Andre ·

Die vonnis is, selfs nadat dit nou gewysig is, skokkend onvanpas! Hierdie man moet vir die res van sy lewe toegesluit word, hy is nie net ‘n gevaar vir die samelewing nie hy is ‘n baie groot gevaar vir kinders. En nou wil hy appel aanteken teen die skokkend ligte vonnis … daarom dat dit so gaan dat die voorkoms van hierdie tipe gevalle by die dag toeneem. Die oortreders word gladnie afgeskrik nie.

Ouma ·

Pedofiele oortree weer! So hoekom is hierdie man nie vir altyd in die tronk nie? Kyk net hoeveel aanklagte is daar teen hom! 2,130! Sê dit nie hy het oor en oor oortree nie? En as hy weer binne 5 jaar of net daarna dieselfde doen…..wie ly? Nee dit verstaan ek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.