Petroljoggie, veiligheidswag tydens transitorooftog geskiet

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Petroljoggie en ʼn veiligheidswag is Donderdagoggend tydens ʼn gewapende roof by ʼn vulstasie geskiet.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 07:45 na die vulstasie in Azaliastraat in Dobsonville Tuine in Soweto ontbied.

“Verskeie mans het by die vulstasie opgedaag en op ʼn gepantserde geldwa toegeslaan. ʼn 32-jarige petroljoggie is tydens die voorval geskiet en was in ʼn ernstige toestand,” het Dollman gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“ʼn Veiligheidswag is ook tydens die voorval in die arm geskiet en was in ʼn stabiele toestand. Twee ander wagte is aangerand en het matige beserings opgedoen.” Al vier slagoffers is deur die Johannesburgse nooddienste na hospitale geneem.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die rooftog bevestig en gesê die verdagtes het in drie voertuie by die vulstasie opgedaag.

ʼn Volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Waarom is daar GEEN besonderhede oor die voertuie nie?Daar word immers genoem dat die rowers in drie voertuie opgedaag het.Die vulstasie het sekerlik video kameras?

Pastoor ·

Die skelms maak nes hulle wil. Here ek bind daardie gees van mord roof en steel in Jesus se Magtige Naam amen

Pastoor ·

Die skelms maak nes hulle wil. Here ek bind daardie gees van mord roof en steel in Jesus se Magtige Naam amen en amen

Leahim ·

Kinders word by die skool so geboelie dat hulle sterf ,onskuldige mense word doodgemaak en die regering weier om die doodstraf terug te bring

bgj van der westhuizen ·

mense die regering gee nie om vir sy inwoners nie en waar dit kom waar blankes gedood word is hulle glad nie gepla nie en ons moet nie meer staat maak op hulle vir bekerming nie

S ·

@Leahim
Hoe verwag jy dat die doodstraf terug gebring moet word met so ‘n KORUPTE RIGERING??????
Hoeveel wit mense wil jy sien hang??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.