Petrolprys styg weer

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Maandag ʼn styging in die petrolprys aangekondig.

Volgens die departement styg die prys van 95- en 93-oktaan-petrol Woensdag met 12 sent per liter.

Suid-Afrika se petrolpryse word maandeliks aangepas op grond van plaaslike in internasionale faktore.

Die departement het in ʼn verklaring bevestig die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% daal met een sent per liter en dié van 0,005% met twee sent per liter. Paraffien daal met nege sent per liter en LP-gas daal met vyf sent per kilogram.

Volgens die departement is die grootste rede vir die aanpassing in die petrolprys in Mei 2016 die gemiddelde styging in pryse van petroleumprodukte in die internasionale markte (ongeveer 40 sent per liter vir petrol en 20 sent per liter vir diesel). Die verstewiging van die rand teenoor die Amerikaanse dollar tydens die hersieningsperiode het ʼn buffer van ongeveer 25 sent per liter verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Koos ·

Ja met “chinece bookkeeping” kan jy enige iemand n gat in die kop praat

DNA ·

Ek sal graag n afbreuk syfer wil he van diesel, petrol ens. om te weet waar na toe die geld gaan wat die eind verbruiker betaal

Tiger ·

DNA gaan kyk op die webwerf cefgroup.co.za en klik petrol price en klik op dan op Press release 29 April 2016 heel links bo op daai bladsy en “scroll” dan na bladsy 3 .Daar gee hulle ‘n uiteensetting wat moontlik vir jou kan lig werp.Die ander blaaie is ook interessant soos die gas pryse en so aan.Hoop jy kom reg.
Ek sien ‘n lelike ding kom met die ru-olie pryse wat bly styg en ons zuma rand wat so swak is teen die $!Erens sal iemand hier in SA moet kan briek aandraai anders gaan ons eersdags R20 of meer per liter betaal!

Frans C ·

Die cef waarna verwys word is ‘n afkorting vir die ‘Central energy fund’ .Dit dui hoofsaaklik bewegings in die brandstofpryse aan. Ek dink wat jy (DNA) en ek soek is ‘n uiteensetting van hoe die prys saamgestel is. Dus van invoer van olie tot by die petrolpomp.

Hoeveel maak elke deelnenmer in die pyplyn, waarheen gaan en hoe word al die heffings
bereken en wat word van die miljarde rande in belasting, hoe word dit bestee.Ek kry almeer die gevoel dat die opbrengs gebruik word om wanbesteding te verdoesel, want as dit waar is dat die regering meer as R17 biljoen ekstra uit die brandstofheffing gekry het in 2015 moet die totale heffing in die omgewing van R50 biljoen wees, genoeg om om tolpaaie te befonds.

Iemand wat weet moet ‘n artikel oor dit skryf en lesers inlig. Hoe lyk dit Maroela?

Paul ·

Kyk bietjie fyner op die CEF se webwerf, Frans C. Die uiteensetting van hoe die prys saamgestel is, is ook daar. Daar is ook baie agtergrondinligting daaroor op die Departement van Energie se webwerf.

Frans C ·

Reg Paul
Dan kan jy ons almal die moeite bespaar en vertel hoe die storie inmekaar steek.
Ek het die groep Maatskappye se geïntigreerde verslag afgelaai en al wat ek daaruit wys word dat daar mense is wat groot geld maak in ‘n poging om in Suid Afrika se energiebehoeftes te voldoen.

Paul ·

Ek kan maar net herhaal wat Tiger gesê het. Gaan na die webwerf. Click op “Petrol Price” bo-aan. Click dan op “Press Release 29 April 2016 (Change 04 May 2016)” (dis bo aan die linkerkant). Dan maak ‘n PDF-dokument oop. Op daardie dokument, gaan na “Annexure 1” op bladsy 3 van die dokument en daar sal jy die uiteensetting sien.
As van die benamings op die tabel verwarrend is, gaan na die Departement van Energie se webwerf en click op “Petroleum” aan die linkerkant en dan op “Fuel price structure” vir gedetailleerde inligting daaroor. Daar is ook nog meer gedetailleerde (maar tegniese taal) inligting by “Fuel price documents” te kry.

Dis moeite, ja, maar dis die moeite werd.

Frans C ·

Die uiteensetting op die webblad vertel nie vir my wat die gelande koste van die ru-olie is nie,
van wie dit ingevoer word ens.
Dit vertel ook nie wat van die newe produkte word wat van die olie vervaardig word.

Iemand moet dit tog kan verduidelik.

andré barnard ·

Dit gebeur as ‘n 3de werêld rewolusionêre beweging aan bewind kom in ‘n 1ste werêld omgewing. Pleks van vooruitgang is daar agteruitgang.

Marous ·

Oliepryse is laagste ooit…wie bluf julle? Dis om die gate te probeer toestop met belastingbetalers betalers geld. Soos altyd.p

Paul ·

Die olieprys is g’n die laagste ooit nie. Eerstens, jy moet onthou dit wat vir SA relevant is, is die olieprys in rand, nie in dollar nie. Tweedens, selfs in dollar, vergelyk die huidige prys van ongeveer $45 per vat olie met die prys van ongeveer $30 per vat in Januarie. Maak die som en jy sal sien dis ‘n styging van 50%. Die prys is nou reeds 50% hoër as die mees onlangse laagtepunt! Hoe is ‘n prys wat 50% hoër is, “die laagste ooit”?

Chris Ws ·

Wat my woedend maak is die prys van Sasol brandstowwe.Sasol word uit steenkool vervaardig wat naby aan die spul Sasols gemyn word.Maar ingesluit in Sasol se prys is die pypleidings kostes van Durban af tot op die Rand.Hoekom?Verder is die vervaardigings koste per liter brandstof ook BAIE minder as die ander gewone brandstowwe sin maar die prys by die pomp is dieselfde.Hoekom?Hoeveel skep die regering nie hier nie??

Paul ·

Chris, eerstens word Sasol (en alle ander verkopers van brandstof) wetlik verplig om petrol teen ‘n spesifieke kleinhandelsprys te verkoop, en diesel teen ‘n spesifieke groothandelsprys. So selfs al wil Sasol dit goedkoper verkoop, word hulle deur die wet verbied om dit te doen.

Tweedens, Sasol produseer nie naby aan 100% van SA se behoefte aan petrol en diesel nie. Met ander woorde eintlik – hulle is verseker daarvan dat hulle al hul petrol en diesel sal verkoop kan kry te alle tye. Dus, selfs al sou hulle dit goedkoper kon verkoop, hoekom sou hulle? As jy ‘n besigheid het wat 100 hoendereiers per dag kan voorsien, en jy is seker jy sal al daardie 100 elke dag verkoop as jy dieselfde prys as jou mededingers vra, hoekom sal jy jou prys goedkoper maak?

Laastens – onthou Sasol is ‘n private maatskappy. Jy kan aandele in Sasol koop en dan kan jy ook deel wees van die groep wat “skep”. Onthou net dan moet jy ook bereid wees om die pyn te vat soos Sasol-aandeelhouers moes vat in 2014 toe die waarde van hul beleggings met 40% geval het in ‘n tydperk van drie maande! Lekker om ‘n “fat cat” te wees? Nie altyd nie!

Anoniem ·

Ag dis belaglik di flippen stygings, ons moet maar ons grassies laat groei en vir ons donkies aanskaf vir donkie karre

Riaan S ·

Ek kan nie verstaan dat hulle se dis agv die internasionale olieprys nie. Alles gaan oor diee rand en swak bestuur! Ons bly in NZ en die pryse styg nie so aanhoudend nie, dit het opgegaan maar nie te erg nie, en so 2 maande gelede was dit goedkoper elke keer as ek moes petrol ingooi.

Zena ·

Om eerlik te wees, die verhogings is belaglik. Die eintlike prys vir die vervaardiging van petrol vanaf ru-olie is R3.50 per liter. So die res van die bedrag is belasting en en en…. Ons as verbruikers het nie juis n se oor wat die bedrag vir petrol moet wees nie.

Paul ·

Jou inligting is nie korrek nie, Zena. Die prys vir vervaardiging van ‘n liter petrol is ongeveer R5,33 op die oomblik. Dan moet daar ook mos nog geld bykom vir die vervoer, opberging en vulstasie-kostes.
Daar is wel R4,43 se onnodige belasting op die prys van ‘n liter petrol, wat daarsonder R8,01 sou maak, en dan, selfs al sou jy argumenteer dat die vervoer en vulstasies ensovoorts eintlik te veel vra (kom ons sê 20% te veel op hul kostes) sou dit slegs 20% van die R2,68 vir daardie kostes wees. Dit sou dus R0,54 “te veel” wees.
Sonder die R4,43 belasting en R0,54 “ekstra” kostes, sou die prys dus R7,47 wees.

Hannelie ·

What ever? Niks is in elk geval meer snaaks in hierdie land nie. Als sal styg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.