Piet Byleveld se prokureur reageer op ‘ernstige bewerings’

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Oudbrig. Piet Byleveld se regsverteenwoordigers het gereageer op bewerings wat die afgelope paar weke aan die lig gekom het dat Byleveld na bewering familielede van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingeloop het.

Maroela Media het sedert 31 Augustus Byleveld telefonies en per e-pos probeer nader om kommentaar te kry op die bewerings, maar geen reaksie van hom ontvang nie. Maroela Media het uiteindelik verlede week Byleveld by sy huis in Ruimsig in Roodepoort voorgekeer en weer om kommentaar gevra, maar hy het geweier om kommentaar te lewer en gesê hy sal eers sy prokureur oor die saak spreek.

Scholtz Prokureurs het Maandag in ʼn brief aan Maroela Media gesê dat hulle die bewerings in ʼn baie ernstige lig beskou en “op die gepaste tyd en forum dit sal hanteer”. In die brief word ook genoem dat Byleveld se vrou ernstig siek in die hospitaal is en dat hulle Maroela Media daarom versoek om nie weer met Byleveld te probeer kontak maak nie.

Sedert Maroela Media heel eerste die bewerings rondom Byleveld aan die lig gebring het, het Huisgenoot en Rapport ook oor die saak berig. Maroela Media stel tans ondersoek na verdere soortgelyke bewerings in.

Lees alle vorige berigte oor Piet Byleveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Buitestander ·

Dit kan waar wees dat sy terminaal siek is maar waarom die stilswye?
Hy kan mos sê sy aandag is nou by sy vrou om te herstel.
Waarom sy kliënte in afwagting hou en geen verduideliking nie.

As mens geld skuld dan hou jy nie jou skuldeisers in die duister nie maar gaan praat jy met hulle en kom tot ‘n aanvaarbare vergelyking met hulle. Dit net nie aanvaarbaar dat ‘n regsverteenwoordiger sê sal later met ‘n verklaring navore kom nie.

Alida ·

Dis n taai toffie hierdie. Hoe gaan hy hom daaruit lieg? Baie teleurgesteld in hom. Sy vrou het onlangs siek geword en die klagtes kom lankal.

Paplepel ·

Help my reg; is ‘n “moordslagoffer” nie net die persoon wat oorlede is nie?

Sampie ·

Jy is natuurlik korrek. Myns insiens moes die sin lees “familie van moordslagoffers”.

Mariné Lourens ·

Dagsê Paplepel

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

LB S ·

Ek sou dink dat die naasbestaandes eintlik ook slagoffers is, hulle verdriet hou vir baie jare aan.

Kraai ·

Hou op om die man te teister. As mense klagtes het moet hulle dit deur die regte kanale vat.

JL ·

Skelms kan (en moet) maar geteister word. Doen so voort Maroela Media. Ons hou die storie met intense belangstelling dop.

Adpvil ·

As jy met die regte kanale, regstappe bedoel, wag daar ‘n groot ontnugtering op jou. Ek sit op die oomblik in dieselfde posisie met ‘n prokureur en glo my, die regte kanale neem baie tyd en baie geld. Op die ou end kos jou regshulp jou meer as wat die persoon jou skuld.

Adpvil ·

As jy met die regte kanale, regstappe bedoel, wag daar ‘n groot ontnugtering op jou. Ek sit op die oomblik in dieselfde posisie met ‘n prokureur en glo my, die regte kanale neem baie tyd en baie geld. Op die ou end kos jou regshulp jou meer as wat die persoon jou skuld. Hy hoef nie stil te bly nie – hy kan net kommentaar lewer.

ekke ·

Kraai as jy jare sukkel om n klagte deur die regte kanale te le dan is die media seker die enigste opsie. ek ken een van die mense wat piet betaal het en elke dag wat hulle nie die moordenaar opspoor nie is vir hulle erg. Piet kan nie nou se sy vrou is siek as die mense al 2 jaar wag vir antwoorde nie. ja elke saak het 2 kante, maar die klient is altyd reg…

EvW ·

En ou Piettie wat mense pla deur nie te antwoord op sy beloftes nie……wat v dit?

Grassie ·

Op TV kanaal170, ‘n misdaadkanaal, is daar ‘n reeks deur ‘n afgetrede Amerikaanse speurder, ene Kenda, wat sê dat hy ‘n paar honderd moordsake persoonlik opgelos het. Hy wy elke episode aan een van sy sake, en is nie skaam om sy eie vernuf en bekwaamheid te verkondig nie. Ek het dadelik gesien dat hy ‘n jamsteler van formaat was. Snaaks genoeg, hy en die Byl lyk nogal na mekaar, in voorkoms en liggaamshouding.

Se ook my se ·

Maar het Piet nie in een van die vorige artikels gese hy was vir n tyd oorsee nie…? Dalk het hy die TV reeks gaan opneem? Wonder maar net…..

Kat ·

Grassie Kenda se kollegas wat saam met hom aan die sake gewerk het is dan deel van die program, hoe kan jy tot gevoltrekking kom dat Kenda alleen krediet neem vir die speurwerk?

Grassie ·

Kat – Kenda het lankal afgetree en so ook sy kollegas. Die “speurders” wat jy op die program sien is almal akteurs.

Sampie ·

Jy is natuurlik korrek. Ek sou dink die sin moes lees “familie van moordslagoffers” of so iets.

swaard ·

nee n slagoffer kan n geliefde ook wees voel ek
byl…. moenie jou ‘siek vrou’ verskoning gebruik om nou die ding toe te smeer nie
sy het in die geval nie nodig om misbruik te word as n verskoning nie

Hannelie ·

Paplepel ek dink jy is reg. Ek dink hul bedoel die moordslagoffer se families.

Mariné Lourens ·

Dagsê Hannelie

Ons vra om verskoning vir die fout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Mira ·

Kraai. Gee jou uit vir ń toffie dan word jy gekou. As jou vrou siek word dan laat weet jy mos jou werkgewer dat jy nie vir werk sal opdaag nie. Jy bly nie net weg nie. Piet het streng gesproke vir sy kliënte gewerk. Hulle het hom betaal. Dan moes hy hulle mos net laat weet het. Ek is doodseker dat as hulle iets van hom gehoor het, sou hulle beslis nie na die media gegaan het met die storie nie. As my werknemer net wegbly, nie sy foon antwoord nie, nie op e-pos of sms reageer nie, en ek lees na ń rukkie dat sy prokureur op ń aanvaarbare tyd met die saak sal deel….. wel ek kan jou belowe dat ek ook wild sal raak. Een sms gaan nie 100 jaar van sy lewe wegvat nie. Dit gaan wel sy kliënte gelukkig gehou het. Ons praat ook hier van baie geld wat betrokke is, nie net R10 nie.

Manie ·

Die regte ding vir Piet om te doen is om die mense se geld terug te gee.

Rabes ·

Mira ek stem volkome met jou saam hy kon ‘n sms aan sy kliente gestuur het. Dit is baie maklik een standaard sms en “forward” dit aan al die kliente. Baie maklik , maar ‘n klient beweer Piet sukkel so ‘n bietjie om die selfoon baas te raak. Nie baie bright nie!

Henk ·

Die span agter die man wat NOOIT krediet gekry het vir “sy sukses” nie….. En daar buite het hy toe nie dieselfde ondersteuningsbasis nie en die gevolge word in die pers uitgewoed!

Asjas ·

Ek het sy boek gekoop en gelees. Wat ‘n mors van tyd en geld!! Toe gee ek hom nog ‘n kans en kyk ‘n SA misdaad reeks op ShowMax. Hy kan nie enige details verskaf van hoe mense aangekeer is of how hy aan die inligting of bewyse gekom het nie. Ek het toe al vermoed hy is nie wat almal uitmaak nie, maar my mond gehou en net vir almal genoem dat ek persoonlik die boek vervelig gevind het.
Hy is seker betaal vir die boek, opbrengs moes na families gegaan het …

The Truth Project ·

Scare tactics by his Attorneys. Too little, too late. You can’t make people quiet now, the cat is out of the bag. All that is left now is to make arrangements with the families how you are going to repay them.

Albert ·

Hello Mnr Die regsverteenwoordiger. Wat van nou reageer, hoekom wag vir later? Jul beskou dan die aantygings in “n ernstige lig” Komaan ons is nie breindood en moenie die lesers se IK onderskat. Grootste klomp tjol. Kry vir jou jambek

Alida ·

Stem saam Albert. Die Prokureur sal sy “steps” moet ken om sy kliënt uit hierdie een te kry. Te veel mense het gekla en indien sy vrou siek is, is ek jammer, maar haar siekte kan nie gebruik word vir sy streke nie. Dit is onregverdig. Daar is baie siek mense om ons en almal se geliefdes gaan aan met hul lewens.

Buitestander ·

Om ‘n reguit pad te loop is maar altyd die beste.
Vra soos die ander lesers om hulp en moet nie tot misdaad wend nie,

Koos ·

Watse vertroue moet ons in regsverteenwoordigers he as hulle weet dat sulke blatante skelms wat lieg en bedrieg skuldig kan wees en hulle nog probeer los lieg. Of spring hul ook maar net op die geld trein.

Positive ·

Mr.Byleveld het beloftes gemaak, mr Byleveld se vrou is siek en ek het altyd vir elke epos, sms geskryf, ek hope jou vrou word gou beter. Nooit enige antwoord nie. Ek het mr Byleveld vertrou, heeltemaal vertrou. Sy regsverteenwoordiger kom maar met swak kommentaar, dit vir n gestudeerde man/vrou. Ek dink dit is die hoogste tyd vir mr Byleveld om alman van ons te vertel wat gaan aan. Geen liegstories nie, net die waarheid. Nie via die regsverteenwoordiger nie, net mr Byleveld homself. Kan nie so moeilyk wees nie. mr. Byleveld, ek wat jou vertrou het, jy wat met my diepste seer spelletjies speel. Ek gee nie om wat ek vir jou betaal het nie, kom verdyudilik jou self. Moe asseblief nie my hartseer misbruik nie. Kom verduidelik.

Liewe heksie ·

Gaan liewers nie name noem nie maar daar is n paar geleerdes wat hul span holrug ry en al die krediet vir hulself vat ja Piet die hoogste bome kry die meeste wind

Se maar net ·

Maklik hy kan net se hy het nie gese hoe lank kan m saak neem…En dat hy besig is..n saak kan jare neem jy betaal vir sy tyd wie se saak gaan opgelos word ?

dankbaar ·

Dankie Maroela Media. Hierdie is n belangrike leer skool. Dit is met net jammer at ons uit ander se hartseer moet leer.

Johanna Botha ·

Piet jy moet mooi verstaan dat nie al die mense verkeerd kan wees nie en wat is daar in vir hulle om te kla ? Neewat jou reputasie is geskaad en ek stel voor jy verander jou naam en trek ver weg. Nog mense gaan navore kom oor die skelmstreke !

Alida ·

Hy mors meer geld aan regskostes. Hy kan eerder daardie geld gebruik om met sy slagoffers n ooreenkoms aan te gaan en gedeeltelike terugbetalings te maak as hy nie meer alles het nie. Sy vrou is sekerlik op sy medies en hy moet nie nog daaroor ook lieg nie. Betaal die geld terug en leef dan maar op staatspensioen soos duisende eerlike mense..

John ·

Hoekom sake inneem as jy weet jy gaan dit nie opvolg nie. Nee. Dit klink soos een van die stories wat speurders self dikwels hoor. Wees eerlik en vra vir bydraes as iemand finansiele hulp benodig, Agterbaksheid is nie die kenmerk van ‘n eerbare speurder nie. Die mense wat hom genader het, het self hartseer en verdriet beleef. Wie se pyn en lyding is nou groter en gebruik nou uitbuiting?

cj ·

Ek sal Mike Bolhuis aanbeveel. Hy het ‘n passie vir sy werk en sy personeel gaan uit hul pad om te kyk waar hulle kan help.

Columbiana ·

CJ nee wat Mike Bolhuis aka Johny Bravo? Nee genade jy speel seker.

andrea van vuren ·

Wat het van die geld geword wat oorlede Inge Lotz se pa aan Piet Byl betaal het? Geen antwoorde!

Ruben ·

Ek dink daai mense moet vir hom nog geld stuur dit was te min hy moet sy luukse huis in ruimsig eers betaal en sy luukse motors dis mos n celebrity se reg,dan moet piet immers nog eet ook en restuarant kos is maar nou net beter as tuiskos.nou moet hy nog regkostes ook betaal oor die mense nie die goed verstaan nie,ou arme piet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.