Plaasmoorde: Kenners maan politici oor uitsprake

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Die jaar is skaars 50 dae oud en daar het reeds sowat 55 plaasaanvalle regoor Suid-Afrika plaasgevind en 17 mense is dood in hierdie aanvalle. Dit beteken daar was bykans een plaasaanval per dag, en elke vierde dag is iemand op ʼn plaas vermoor. In Februarie alleen is daar reeds minstens 32 aanvalle aangeteken waarin 11 mense wreed vermoor is.

Die statistieke, wat TLU SA daagliks byhou, tref ʼn mens soos ʼn vuishou in die maag. Reken daarby die geweld en grusaamheid wat saam met hierdie misdade gepleeg word en ʼn mens kan sekerlik verstaan hoekom daar soveel vrae oor hierdie misdaad is. Wat dryf dit en hoekom juis nóú hierdie drastiese toename, word gevra? En wat kan tog gedoen word om hierdie wrede aanvalle en moorde te beëindig? Maroela Media het ondersoek gaan instel.

ʼn Verskerpte toename in plaasaanvalle en -moorde

Kenners meen dit is moeilik om wetenskaplik te bepaal hoekom ʼn spesifieke misdaad toe- of afneem neem in ʼn sekere tyd. “Dit gaan dikwels gepaard met eksterne faktore. In die geval van afname kan dit toegeskryf aan iets soos verhoogde polisieoperasies in ʼn omgewing, maar ʼn skerp toename kan dalk te wyte wees aan iets soos die idee dat daar ʼn klimaat geskep is waarin die misdadiger voel hy kan makliker wegkom met sy misdrywe,” meen Rudolph Zinn, professor verbonde aan Unisa se departement polisiepraktyk.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê volgens dié burgerregte-organisasie se navorsing, is daar altyd ʼn toename in plaasaanvalle aan die begin van die jaar, maar die laaste twee maande se syfers is tot dusver uitermate hoog. “Dit was nog altyd ʼn rede tot kommer, maar nou voel dit of dit regtig besig is om totaal en al hand uit te ruk.”

Dr. Johan Burger, ʼn senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), waarsku egter dat daar na die hele jaar se statistieke gekyk moet word voordat daar gesê kan word of daar ʼn besliste toename in dié soort aanvalle was. “Die polisie moet nog sy misdaadstatistieke vir 2016/17 bekendmaak, maar volgens die syfers wat ons tot ons beskikking het lyk dit of gewapende roof weer eens toegeneem het en plaasaanvalle val onder hierdie soort misdaad. Dit sal die tendens van die laaste vier jaar voortsit wat daarop aandui dat gewapende roof of roof met verswarende omstandighede met 31% oor die tydperk toegeneem het.”

Terwyl kenners nie nou al hul vinger op die oorsake vir ʼn verhoogde voorkoms in plaasmoorde en -aanvalle kan plaas nie stem hulle heelhartig saam dat politici versigtig moet wees met die soort uitsprake wat hulle maak.

“Suid-Afrika is in ʼn riskante periode van konflik en ʼn mate van politieke onstabiliteit. Uitsprake soos dié van die president in sy staatsrede oor wit mense en grondbesit, en dié van die minister van landelike ontwikkeling, wat soos ʼn soort dreigement klink om grond te vat sonder vergoeding, kan ʼn gunstige klimaat skep vir mense wat plase en plaasbewoners wil teiken. Die politieke retoriek van wit mense wat grond gesteel het word herhaaldelik gehoor en skep ʼn omgewing waarin plattelanders glo hulle is die slagoffers van wit verontregting. Dit kan ʼn soort legitimiteit gee aan iemand wat ʼn misdaad wil pleeg en hulle oorhaal tot aksie, en dit bekommer my,” het Burger gesê.

Cameron beaam dit en verwys na uitsprake wat al deur lede van die ANC, EFF en die groep Black First Land First gemaak is. “Daar word deurentyd gehamer op radikale sosio-ekonomiese transformasie en ministers meen grond moet gevat word sonder dat daarvoor vergoeding aangebied word. Dit is bitter onverantwoordelik. Ek is ook seker dit vind iewers ʼn neerslag en maak beslis ʼn bydra tot aanvalle.”

Prioriteitsmisdaad

In Mei 2016 is ʼn geskiedkundige ooreenkoms tussen AfriForum en die polisie gesluit waartydens lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, aangekondig het dat dié twee partye met misdaadbestryding wil saamwerk. Hy het ook bevestig dat die SAPD op ʼn proaktiewe wyse dié unieke misdaad sal hanteer.

Plaasmoorde is dus as ʼn prioriteitsmisdaad deur die SAPD verklaar. Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, hoof van die Valke, het ook verlede week ná die inhegtenisname van verdagtes in die Balfour-plaasmoord bevestig dat plaasaanvalle een van die polisie se prioriteite is en daar nie geskroom sal word om teen die misdadigers op te tree nie.

“Dit was ʼn belangrike stap in die regte rigting om die polisie sover te kry om dit weer ʼn prioriteit te maak en dit is jammer daar is nou soveel druk op Phahlane. Nadat hy in Oktober 2015 aangestel is, het hy gesprekke met georganiseerde landbou begin voer en ooreenkomste gesluit om dié soort misdaad te bekamp. Dit het gevolg op ʼn lang tyd waarin beroepe op die polisie om dié soort aanvalle en moorde as ʼn punt van prioriteit te maak op dowe ore geval het,” het Burger gesê.

Burger het egter gemaan dat dit tyd gaan neem om die strukture vir landelike veiligheid op die been kry nadat dit vir solank lam gelê is. “Die nasionale landelike beveiligingstrategie rus op twee pilare, sektorpolisiëring en ʼn reservistestelsel. Ek sal die landbougemeenskap aanraai om aan te dring dat reserviste aangestel en opgelei word. Al wat benodig word, is ʼn polisieman by die stasie om die reserviste te ko-ordineer en dan kan hulle ʼn moderne soort kommando-stelsel vir plaasbewoners word.”

Burger meen sektorpolisiëring is te personeel- en hulpbronintensief as dit kom by landelike omgewings. “Ek dink die polisie besef dit nou – hulle het te min mense en te min voertuie om hierdie soort polisiëring te laat werk, maar reserviste kan help om dit doeltreffend vir hierdie gemeenskappe te maak.”

** Nota: Die menings wat in die artikel uitgespreek word, weerspieël nie noodwendig die mening van Maroela Media se redaksie nie. Die artikel is deel van ‘n reeks artikels oor plaasmoorde. Die artikels het ten doel om bewustheid te skep en verskillende opinies weer te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Francis ·

pleks hul uitwerk statistieks gewyse van die kreet ”Kill a boer kill a farmer ” geskreeu was hoeveel moorde daar aangeteken was !!!
van toe af tot nou het dit eers stelselmatig so een per maand teen vandag 1- 2 per dag gestyg !!!
DOEN IETS !!!!!!!!!

Willem ·

Hoekom vat dit so lank vir mense om te kla oor die uitsprake, en as gevolg daarvan natuurlik moorde.
Na die EERSTE sarsie plaasaanvalle, na die EERSTE uitspraak moes ons leiers die ANC hof toe sleep om die uitsprake en moorde te stop.
Die ANC grond steel deuntjie raak nou te veel, vat hulle hof toe, laat hulle BEWYS waar grond gesteel is, wie EINTLIK grond besit–(Nuwe swart grondeienaars word nie transport aktes gegee nie, so so verdoesel hulle die statistiek..), die Gruwelike moorde word gekategorieseer as HUISBRAAK!.. n man word gebrand en oor 20 keer gesteek met n’ mes–dan is dit HUISBRAAK!..Se dinges man!..
Verdedig jouself, en hulle sluit jou toe vir moord of poging tot moord!.
Vat hulle hof toe, laat die ware stand van sake te lig kom. So kan ons nie aangaan nie.
Vir die Patrollies van plase het ons Kommandos gehad–natuurlik het hulle dit afgeskaf om die boere bloot te le. Dink ons vir een oomblik hulle gaan ons voertuie en wapens voorsien vir ons eie patrollies?. Dink nie so nie.
Al die ou voertuie wat wel behoort het aan die kommandos le en vrot by die basisse.
As ons geld var vir kommandos, is daar blybaar nie geld nie want hulle GRANTS word aan 17 miljoen mense betaal. BROEI, ROOF en MOOR!..

My opinie ·

Ek stem saam met jou. My opinie is dat Afriforum minder tyd en aandag aan Nkandla se skoolprobleme moet spandeer en die ministers moet hof toe sleep en hulle verantwoordelik hou vir indirekte plaasmoorde. Hierdie boere en bejaardes offer hulle lewe op om te sorg dat daar kos op die winkelrakke is. Ek dink dit is ons plig om hulle te beskerm. Dis maklik vir baie oningeligte mense om van mening te wees die boere moet trek en op die dorp gaan bly, maar hulle sukkel om plase verkoop te kry, en as ‘n boer al vir 50 jaar boer is dit in sy bloed, dis al wat hy ken. My man se oupa is baie wreed vermoor. Die moordenaars het kom aanklop en vra vir diesel, en terwyl hy besig was om die diesel vir hulle uittetap toe val hulle hom van agter af aan en steek hom herhaaldelik met messe. Vandag loop hulle vrylik rond na 5 jaar agter tralies. Sy ouma het die aanval oorleef, op die dorp gaan bly en is binne paar maande oorlede aan ‘n beroerte. Sy het gesukkel om aantepas. Basta met net grond weggee. Want dan sit mens met ‘n plase soos in Zim, waar hulle ‘n spogplaas opdeel in klomp kleiner dele en ‘n hele spul gesinne kry ‘n deel en voer ‘n bestaansboerdery met een koei, en een ry mielies. Die staat besit baie grond, kan hulle nie dit vir hulle gee nie?

Dereck Le Roux ·

Ek is al so siek vir die kenners se verduidelikings en verskonings en dat hulle die landbou gemeenskap aanhou mislei omdat hulle weet dit gaan om landelike terrorisme en stedelike terrorisme met die doel om tereur, vrees, dood, verwoestingen ontwrigting te saai om sodoende hul grond te kan nasionaliseer, waar is die kenners terrorisme en waar is die polisie profilers, ons byt nie meer aan hulle verfuidelikings en verskonings nie.

Adri ·

Die skade is gedoen. Die kenners kan eerder hul kinders gaan waarsku om hul kamers skoon te maak.
Die president hits in liedere die Moord op Blankes aan. Wie de hel gaan luister as daar MOENIE gese word, veral as dit ‘n waansinnigheid wakker maak waarin sekere mense floreer?

Skim ·

JA RIGHT. En elke keer wat ‘n sogenaamde ONDERSOEK gedoen is is bevind dit is maar net gewone ROOF wat skeefloop. Dit kom al baie jare. Dit het nou toegeneem, maar dit is al jare wat die regering en ander organisasies beloof om ONDERSOEK in te stel. En dan kom die slim navorsers en ondersoekbeamptes almal met dieselfde resultaat, dit was DIEFSTAL wat skeefgeloop het. Ons is al so moeg vir al die verskonings en die regering se traagheid om op te tree, ons glo niemand meer nie. Die politici EN die Agenda van die ANC loop hand aan hand met die AANVALLE op blanke boere. Dit het ook gestyg vandag NIKS aan haatspraak teen blankes deur Malema en enige ander persoon op FB gedoen is nie. Hulle is untouchable~!

Winston ·

“Kenners kan nie hulle vinger lê op die presiese oorsaak nie”?????Politieke korrektheid?

Santie ·

Jaa goed die ondersoeke en voorleggings aan politici…….en die syfers van moorde is skrikwekkend hoog. Maar……die seer en hartseer is dat nie een vd vermoorde mensies of kinders teruggebring kan word nie. Dit maak ons mense en landsburgers boos verby en dan gaan dit aan en aan want hulle kom letterlik met moord weg. Nee iets moet daadwerklik en vinnig gebeur want arme burgers op plase veral is in vrees en wonder wanneer is hulle volgende
Chaos in ons land en mag die Here ons help en niemand van hierdie barbare sal by God verby kan kom nie. So so hartseer ook die mensies wie aangerand en vermink word en dan kritiek opeindig in hospitaal. Doen asb spoedig en daadwerklik iets grooot aan hierdie barbaarsheid!!!! Ons liewe bejaarde mensies al byna almal afgemaai…volksmoord op die ergste!!!!

John ·

Boere moet nie meer produkte vanaf die voorstoep verkoop nie. Dis sleg, maar plaasopstalle sal nou in forte moet verander soos dorpshuise. Afriforum moet ‘n hand bysit en boere adviseer tov elke plaas se unieke behoeftes. Mense word gereeld deur van hul huis- en tuinwerkers vermoor. Boere word gereeld afgemaak as hartvogtig, maar eintlik is hulle meestal te sagmoedig. Om te heldhaftig en goedgelowig te wees is nie altyd goeie eienskappe nie.

Selfbeskikking ·

Hulle soek ons nie hier nie, selfbeskikking is al uitweg! Kom ons begin NOU daarvoor onderhandel!

johan ·

As daar maar net n manier was om uit hierdie “hellhole” te ontsnap

andrea van vuren ·

Hierdie keer gaan ek die gebooie ‘Jy moet nou naaste liefhê soos jouself’ en ‘jy mag nie doodslaan nie’ bevraagteken. Ek is ‘ vrou en bejaard, maar ek smeek die jong sterk manne en boere om in hemelsnaam die wapen op te neem en te skiet!!!!

Aitsa ·

Miskien mis ek die punt, maar ek begin wonder of die man wat homself nr 1 noem nie met ‘n plan werk om vd boere en wit populasie ontslae te raak nie. Hyself doen niks, maar hou tenspyte van versoeke om dit nie te doen nie net aan met sy tipe uitsprake en opstokery, die res gebeur self. Daarom dat daar geen sigbare vordering is om die aanvalle en moorde te bekamp nie. Dit is regtig onrusbarend. Vandag toe ek my motor vol brandstof maak begin die petrol joggie met my praat oor die ‘goverment’ wat nie ‘n duit omgee vir die inwoners van die land nie. Hy vra my, wat kan ons daaraan doen want hier gaan niks van een van ons oorbly nie.

Zoon ·

Na my mening is selfs een moord op ‘n boer of enigiemand rede tot kommer. Nie net die toename nie!! Wat het van die wêreld geword?

Santie ·

Jaaa en dankie Aitsa…dink ook dis tereg so waar. Maar ons noem dit ook manipulasie en intimidasie in die ergste graad ook. Gaan oor mag en posisies en geld…
Ook mammon waarna die Woord verwys
Jaa hierdie was geskryf in die Woord en word vervul. Jà en dink maar die eindtyd kom ook nader. Mag Abba Vader ons help. Word al hoe moeiliker op aarde

Boland ·

Zuma sal vir altyd bekend staan in die argief as die president wat plaasmoorde aangeblaas het.Dit sal in die geskiedenis boeke opgeskryf staan.Hy sal nie daarvan kan weghardloop nie.Ongelukkig vir hom sal hy verantwoording moet doen eendag.

Steph ·

n Plaas is verseker die gevaarlikste plek om te woon in SA. Politieke uitsprake het n entitlement veroorsaak by n groot deel vd SA bevolking wat nou vas glo hulle is beroof v iets wat hulle nou moet terug vat. Zuma en Malema hits dit aan in elke toespraak om aandag van hulle eie wandade weg te kry. Die voorbeeld van korrupsie en wegkom daarmee het die finale deurslag gegee van n totaal wettelose land. Hoe keer mens dit om vooor alle boere uutgemoor is? Ons regering is goddeloos. Hulle saai net haat. As daar maar vir elke haat toespraak een kon wees wat die teenoorgestelde se….he jou naaste lief soos jouself _ dan sal jy n lang gelukkige lewe he.

Wally ·

Klink amper, wanneer die aanvalle en plaasmoorde min is dit aanvaarbaar is maar nou dat dit hoog is nou is dit n probleem. Wonder maar net.

Therese van Schalkwyk ·

Dr. Johan Burger “waarsku” dat dit te vroeg is om sonder twyfel te praat van ‘n besliste toename in plaasmoorde.

Goeie genugtig, het ek reg gehoor?! Dis verstommend dat die Instituut vir Sekerheidstudies só iets as belangrik beskou in ‘n maand so bloedbevlek soos Februarie 2017.

Asof statistieke vir die 11 slagoffers se hartseer naasbestaandes belangrik is. Dis irrelevant.
Dringende daadwerklike optrede is relevant.

Peet J ·

Die oorsaak van plaasmoorde kan ook grootliks toegeskryf word aan die regering se traagheid om die herverdeling van grond nie te bespoedig nie.
Sommige politieke partye wat teenkanting bied werk ook net vertragings in die hand en kan sodoende ‘n rewolusionêre toestand skep. Die nuwe SA behoort aan die ANC en laasgenoemde het geen ander keuse as om sy belofte wat hy gemaak het na te kom en grond aan sy volgelinge te voorsien nie.

Herman ·

Party mense is reg, Orania is al uitweg. Ten minste vind ‘n mens daar beskaafdheid, ordentlikheid, respek, rustigheid en vrede. Dis alles dinge wat ontbreek in die wonderlike, demokratiese Nuwe Suid-Afrika…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.