Plafonne by twee hospitale se kraamsale stort ineen

Argieffoto

Plafonne by twee Gautengse hospitale het Donderdag en Vrydag ineengestort en twee mense beseer.

Khutso Rabothata, woordvoerder vir die LUR vir die provinsie se departement van gesondheid, het gesê die voorvalle het onderskeidelik in die kraamsale van die Tembisa-hospitaal, tussen Pretoria en Johannesburg, en die Pholosong-hospitaal in Tsakane, suidoos van Brakpan plaasgevind.

“ ʼn Gedeelte van die kraamsaal by die Tembisa-hospitaal het Donderdag ineengestort. Geen pasiënte het beserings opgedoen nie, maar ʼn werker het wel geringe beserings aan haar hande opgedoen. Sy is dadelik deur dokters bygestaan en x-strale toon sy het geen frakture opgedoen nie,” het Rabothata gesê.

Hy het gesê die voorval by die Pholosong-hospitaal het Vrydag in die badkamer van die kraamsaal plaasgevind waar nóg ʼn werker geringe beserings opgedoen het.

“Al die personeel wat in die kraamsale gewerk het tydens die voorvalle, sal traumabehandeling ontvang. Ons is ook bly dat geen pasiënt of personeellid ernstige beserings opgedoen het nie.”

Alle pasiënte in die betrokke sale is na veiliger sale oorgeplaas. Albei kraamsale is toegemaak vir verdere evaluering en herstelwerk wat gedoen moet word. Die departement het ʼn gebeurlikheidsplan in werking gestel om pasiënte by te staan.

Die publiek wat navrae het oor hoe dienste by die hospitale geraak word, kan Nothando Mdluli by 083 428 1138 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Cherokee ·

Geboortes in die staat se kraamsale is nou plafon-hoogte.

Tersia ·

Wat van die pasiente gaan hulle nie ook berading kry nie. Dit moes ook traumaties vir hulle gewees het. So val alles in en uitmekaar in SA. Eish

E ·

Een van 2 opsies:
Los dit tot dit breek.
Die goedkoopste kontrakteur kry die werk.

d ·

die goedkoopste kontrakteur? nou dit is net mooi waar jy verkeerd is. n maatjie kry die werk. teen enige koste. werkers wat seergekry vertel my hier kom al weer miljoene rande se skikkings.

Cherokee ·

Sê dit vir die DA-kiesers. Hulle ondersteun die ANC daarmee.

Petro ·

Doen die mense se werkswinkels nie instandhouding nie in my tyd het die werkswinkels se personeel soggens rondes gedoen om te kyk wat reggemaak moet word

Scalla ·

Geen instandhouding word gedoen nie. So val dinge uitmekaar

Johan Fourie ·

Al die Hospitale lyk so ,nee geen instandhouding vind plaas nie meer as die helfde van daai mense is net daar vir n pay, verder voel hulle n veer geen trots of lus om mense te help nie.Het n JAAR met die mense tedoen gekry van Secunda tot en met Johannesburg,EENGROOT GEMORS .Maar wat ek wel kan se die mense in die tronke kry VIP diens daar jy moet net pad gee hulle kom eerste

Moeg ·

Die minister van gesondheid moet begin by die hospitale en dit eers reg ruk voor hy die mediesefondse verplig om vir almal medies te gee

Ina ·

Die minister van gesondheid moet begin by die hospitale en dit eers reg ruk voor hy die mediesefondse verplig om vir almal medies te gee

pappie ·

Jip so kom als tot n val laat dit vir jou n waarskuwing wees Zuma

BEE ·

Die waarheid is die werk word op tender uitgesit maar net BEE maatskapye kry die werk.

Michael ·

Al wat ek gaan sê is dit sal n goeie dag wees as die weskaap n onafhanklike staat in Suid Afrika word.

Riena ·

Ek het self my kraamopleiding ontvang by Tembisa so 25 jaar gelede. Dit was op grond van daardie opleiding (wat baie goed was) dat ek op tuisbevalling besluit het vir myself. As `n baba op `n bankie voor die kraamkamer gebore kan word, hoekom hospitaal toe gaan daarvoor? Nou soveel temeer met plafonne en wat nie nog als nie wat inval.

Johanna Botha ·

Seker n slim ingeneur met n bril wat sy graad gekoop het en gejok het soos die SAUK man en daar het ons net NOG n voorbeeld in SA onder die anc waar dinge om ons inmekaarval. Mens kan maar kyk alles staat en munisipaal is n GROOT gemors. Kan nie eers iets so basies soos die strate vee nie wat nog van n dak bou !

E.K. ·

Sjoe ek sou so skrik ek sou sommer weer geboorte skenk! Aan ‘n tweeling!

w ·

Boeties moet kontrakte kry ongeag hul kennis. Hahaha. Dis nie eers mee snaaks ni

Elsa ·

Tyd dat al die staatshospitale na gekyk moet word om opgegradeer te word, gaan kyk self hoe dit daar lyk, begin by Helen Joseph

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.