Polisiekaptein, nog 4 vas oor winkelrooftog

Van die items waarop daar beslag gelê is tydens die inhegtenisnemings. Foto: SAPD

Van die items waarop daar beslag gelê is tydens die inhegtenisnemings. Foto: SAPD

Vyf verdagtes, waarvan een ʼn kaptein in die polisie is, is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn sportwinkel in Louis Trichardt in Limpopo.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf verdagtes het verlede week op die winkel toegeslaan en selfone en klere ter waarde van meer as R100 000 gesteel. Lede van die Makhado-polisiespeurdiens het in samewerking met die misdaad-intelligensie eenheid, die rooftog ondersoek en die verdagtes in die Ritavi-gebied vasgetrek.

“Een van die verdagtes is ʼn polisiekaptein verbonde aan die Ritavi-polisie se speurdiens. Sy het glo twee van die gesteelde t-hemde en ʼn gesteelde rekenaartablet in haar besit gehad,” het Mojapelo gesê. Nog gesteelde items is glo in die ander verdagtes se besit gevind.

Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 44 jaar, sal Dinsdag in die Makhado-landdroshof verskyn op aanklagte van sakeroof en die besit van gesteelde goedere.

“Die ondersoek duur voort, aangesien die verdagtes vermoedelik ook met ander misdade verbind kan word,” het Mojapelo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jakes ·

Hul het mos nie te lank terug als en haar maat bevorder tot vroue-kaptein. Om verteenwoordigend te wees middelbestuur.

Cherokee ·

Ag nee Alida, jy kan nie swart nog swarter verf nie. Wet jou niemand is eers verbaas om dit te lees nie.

PMB ·

Dit is jammer dat n dief (kaptein) nou al die hardwerkende SAP lede se werk tot nuut maak! Ek wil weet hoe de duiwel word n dief n kaptein in ons SAPD? Is die susteem so vrot of is dit die eint resultaat van reg stellende aksie?

Piet Snot ·

Hoe? Op dieselfde manier dat ‘n man met 700 klagtes van korrupsie, president word.

Cherokee ·

Sy het 2 t-hemde en ‘n rekenaartablet as meer waardevol beskou as haar loopbaan.

Oosie ·

Gee bevordering sonder werklike verdienste… Grade sonder verdienste… gratis opleiding sonder verdienste (sonder beurse)… en dit is wat jy kry! Dit beteken niks en kom tot niks.

Columbiana ·

Praat nou van wolf skaapwagter maak ne. Ek dink regtig hierdie land van ons probeer om elke idioom waar te laat word.

Louise ·

Wat n skande. Jitte as sy n hempie wou he kan sy by Mr Price Sport vir haar gaan koop het. Mense die bevorderings is n absolute ek weet nie wat om dit te noem. Nee dankie ek vertrou hulle nie glad nie. Al hoekom mens n huisbraak of wat ookal moet aanmeld is vir versekeringsdoeleindes. Sy en haar vele ander waarvan ons nie eens weet, gee die SAPD ‘n slegte naam. Het hulle nog ‘n naam?

Lance ·

So lees mens byna weekliks dat polisie by rooftogte en baie misdrywe betrokke is …hoe gaan mens dit ooit skoon kry weer

Ouman ·

Weereens was SAPS eerste op die misdaadtoneel. Dit is ‘n skande en ook ‘n teken van die totale wetteloosheid wat nou al deel van die land se kultuur geword het. Daar behoort minimum vonisse te wees vir lede van SAPS wat skuldig bevind word aan misdade en ek dink 10 jaar sonder parool sal die ding doen.

Hennie ·

Uit ‘n lys van kriminele stel hulle polisie aan, uit ‘n lys van suksesvolle kriminele word hulle bevorder tot kaptein. Regstellende aksie . . . !

Wielie Wali ·

En sy is seker nou geskors met volle salaris terwyl die saak “ondersoek” word ….

Adoons ·

Jammer. Dit is deel van die opleiding Hoe gaan sy nou weet as sy nie ondervinding het nie

Theresa B ·

Amazing!! Julle kies julle lede “uitstekend” SAPD. Dan vorder ons nog tot die rang van Kaptein ook en kry goed salaris. Daar is ander wat hul asse af werk maar wat kan vergeet van bevordering ensomeer. You never stop to amaze me!!

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!”? Dit is nou die mense wat jy moet vertrou en jou moet beskerm . Kan hulle nie vertrou nie sluit toe

Jean ·

En dan word daar gewonder hoekom mens nie die polisie vertrou nie, nie die eerste keer die week wat ‘n polisieman vir ‘n kriminele daad aangekla is nie, daar is hordes van hulle, want om by te begin word hierdie mense swak gekeur en net bevorder op grond van demografie, nie bevoegdheid nie, so ja . dit is wat jy op die ou einde kry.

Pam ·

Die kaptein het seker haar pantoffels ingeruil vir n paar duur NIKE tekkies !

Willie ·

Sies, n groot klad op die SAPD se naam, ek dink die is net die puntjie van die Ysberg… Daar is nie n manier wat ek SAPD lid vertrou nie… Jy is gebore polisieman wat Polisie werk doen vir n saak, nie vir geld…of net om deur n party aangestel te word vir BEEE kwotas nie

Christo Van Zyl ·

Moet darem sê daar was ‘n kaptein in die vorige bedeling ook Kaptein André Stander

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.