Polisieklerk vas oor miljoene se ‘vervalste eise’

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

’n Finansiële administrasieklerk by die Springbok-polisiestasie is in hegtenis geneem nadat hy vasgetrek is vir beweerde bedrog van R3,4 miljoen.

Siyabonga Mangqishi (36) het Dinsdag in die Springbok-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte van bedrog.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê dat Mangqishi na bewering dokumente vervals het om onregmatige betalings van die polisie in sy persoonlike rekening te ontvang. Volgens Nkwalase het die onreëlmatighede al in Januarie 2014 begin en tot Januarie vanjaar geduur.

“Die persoonlike besonderhede van verskeie kollegas is gebruik om vervalste vorms in te vul om kontant te eis, asook terugbetalings vir etes, verblyf en die hernuwing van staatsvoertuie se lisensieskywe,” het hy gesê.

Volgens Nkwalase het ’n senior polisiebeampte die ongerymdhede opgemerk en ná verdere ondersoek vasgestel dat die waarde van die eise altesaam R3,4 miljoen beloop.

Mangqishi is onder streng borgtogvoorwaardes vrygelaat en die saak is tot 24 April uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zoom zoom ·

As ons no 1 dinge kan kook hoekom nie die areme konstabel ook nie.

HANS ·

n Tikkie op die vingers en oor n paar jaar is hy nasionale polisiekommissaris!

Pam ·

En hy doen so voort vir 2 jaar sonder dat enige iemand ingryp ! Hier was verseker n helpende hand as dit vir 2 jaar kon voortgaan.

Skollie ·

Haai nee dis nie hy nie, ek is seker dit is ‘n DERDE mag .. die ondersoek gaan nog lank duur totdat ons van die gesiggie vergeet het. My vraag is net hoe de dinges kry ‘n beampte R3.4 miljoen gesteel, ongeag die verduidelikings hierbo in die berig .. daar moet tog seersekerlik beperkende finansiele maatreëls in plek wees wat hierdie persoon nie magtig om soveel geld te kan steel nie? Hemel het niemand gesien die goed word in sy rekening inbetaal nie? CHECKS AND BALANCES?

Nils ·

3.4miljoen verseker genoeg geld on mee te vlug maar hy is op borgtog.

Alida ·

Ja nee hy word gevang maar die grootste skelm in die land bekoor sy mense met sy gegiggel en danspassies. Bitter onregverdig.

Cherokee ·

Waarom steel die mense nie net genoeg om sy gesin vir ‘n lekker vakansie op Margate te neem en dan dankie te sê dat hy nie uitgevang is, en dan ophou daarmee, nie? Dit blyk egter verslawend te wees want wanneer hulle begin steel, hou hulle aan om te steel totdat hulle gevang word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.