Polisieman in hof vir poging tot moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Noordwes het Woensdag in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy vriendin probeer vermoor het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Ditiro Maano (35) sal weer op 17 Maart in die hof verskyn, wanneer die landdros sal besluit of hy op borg vrygelaat kan word.

Maano word daarvan beskuldig dat hy verlede week sy 33-jarige vriendin verskeie kere geskiet en gewond het tydens ʼn argument.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop nie hulle gaan hom op borgtog vrylaat nie. Hoe veilig gaan sy vriendin dan wees? Sal hy haar nie weer probeer bykom nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.