Polisieman se lyk in veld gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Verdagte is Sondag in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn polisiebeampte in die veld buite Grahamstad in die Oos-Kaap gevind is.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Alby Julius (48), van die Grahamstad-polisiestasie, se lyk is Saterdagoggend gevind. Hy is verskeie kere met ʼn mes gesteek. Julius was nie aan diens toe hy vermoor is nie. Sy selfoon word vermis.

Soci het gesê die 32-jarige verdagte sal Maandag in die Grahamstad-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en roof. Volgens Soci word die motief vir die moord nog ondersoek.

Die bestuur van die polisie in die Oos-Kaap het sy medelye met Julius se familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Altyd jammer om te hoor van onnodige sterftes.
Ook jammer om te hoor dat die ongevoelige moordenaars nie rêrig boet vir hulle dade nie.
Simpatie met die wat agter gelaat word.

jack ·

Waarom noem dit is n polisie beampte. Dit het niks met die moord te doen nie. Hy is nie in die uitvoering van sy pligte vermoor nie. Hou asb die statestieke suiwer.

Christo Pienaar ·

Kry jou feite reg. Jy weet nie eers die motief agter die moord nie. Die polisieman kon ‘n belangrike getuie in ‘n saak gewees het. Net soos ‘n verpleegster; apteker; dokter en onderwys ‘n beroep is. Of ek nou by my skool is of nie bly ek ‘n onderwyser. Mens noem dit ‘n beroep. ‘n Polisieman ‘n beroep. Hy is nie net ‘n werker van die SAPD nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.