Polisiebeampte soek ná hy meisie doodskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Metropolisiebeampte van Boikhutsong naby Brits in Noordwes is soek nadat hy glo sy meisie doodgeskiet het toe hy haar na bewering by die huis met haar eks-kêrel betrap het.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, sê die metropolisiebeampte was nié aan diens ten tyde van die voorval nie.

Volgens Mahamba was die man vir ʼn tyd weg van sy huis toe hy sy meisie en haar eks-kêrel met sy terugkeer na die huis opgespoor het.

Hy sê daar het glo ʼn rusie tussen die drie partye ontstaan, waarna die metropolisiebeampte sy pistool uitgepluk en skote op sy meisie afgevuur het.

Die eks-kêrel het daarin geslaag om van die toneel te ontsnap, terwyl sy meisie dood is.

Mahamba sê die man het gevlug en die polisie kon teen Maandagaand nog nie daarin slaag om hom vas te trek nie.

“Die Tshwane-metropolisie-departement betuig sy medelye met die familie en beloof om die skuldige aan die pen te laat ry,” het hy gesê.

Hy moedig enigiemand met meer inligting aan om die polisie te kontak by 082 891 8625 of 08600 101111 (misdaadnoodlyn).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael ·

Ek neem aan dit is n metro polisie man en indien so is dit al die tweede geval wat ek van weet waar iemand geskiet is , die vuurwapens moet miskien ingehandig word as die lede nie aan diens is nie

Justice ·

Michael ek stem saam – dit kan miskien dalk ook die moorde op polisielede verminder wat veral in townships vir hul vuurwapens vermoor word.

Cindy ·

Nog n persoon wt deur n SAP lid doodgeskiet is. Was dit sy dienswapen wonder ek? Want so ht my sus haar lewe verloor. En ons familie is stukkend.

Domvraag ·

Niemand kan n wapen besit as hy nie bevoegd verklaar is nie maar geld dieselfde tov die polisie?
Aan die lesers wat met n vergrootglas sit en elke sin en woord bekyk. Mis julle nie dalk waaroor die berig gaan deur moderator te wil speel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.