Polisieman vas wat glo sindikaat waarsku

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Port Elizabeth het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy na bewering ʼn sindikaat, wat mense se bankkaarte kloon, ʼn wenk gegee het dat die polisie ʼn lokval vir hulle gaan stel.

Lt. kol. Mhleli Dyonase (55), van die Algoa Park-polisiestasie, het vlugtig in die hof verskyn op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.

Volgens die staat was Dyonase voorheen in diens van Valke, waar hy toegang tot inligting gehad het oor verdagtes wat betrokke was by bedrog, diefstal en ander onwettige aktiwiteite by verskeie kitsbanke. Die verdagtes het onder meer geld uit mense se rekeninge gesteel, waartoe hulle toegang gekry het deur hul bankkaarte te kloon.

Gedurende Oktober 2014 het die polisie ʼn lokval vir die verdagtes gestel en lede van die Valke, insluitende Dyonase, is aangesê om sekere kitsbanke in die stad dop te hou. Die doel was om Marinda Maseti en haar medepligtiges op heterdaad te betrap.

Foto’s van die verdagtes is vooraf vir Dyonase gewys sodat hy hulle by die kitsbanke kon identifiseer. Volgens die staat het Dyonase Maseti geken en het hy haar vooraf gebel en gewaarsku dat sy nie in die stad moet wees wanneer die operasie sou plaasvind nie.

Landdros Lise Keech het die saak tot 1 Maart uitgestel. Dyonase is op waarskuwing vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Dit is die rede waarom die misdaad in Suid-Afrika so hoog is,ek bedoel ‘n lt kolonel wat sy eie mense dwarsboom maak ‘n voorbeeld van hom as hy skuldig bevind word

Willem ·

Gaan hy regtig net vir dwarsboming aangekla word…??? Is dit nie ook bedrog onder andere nie?

martie ·

Seker saam gesgteel en gedeel. Dis hkm ons land is wat hy is

HEVW ·

Sekerlik n baie baie erge oortreding vir n man met so n rang in die polisie. Beslis nog nie sy eerste oortreding nie. Maak n deeglike voorbeeld van die verraaier.

DPJ ·

Dit is sulke geregdienaar wat uit die gereg verwyder word voor hulle aangestel word deur keuring.

Le Roux ·

Ongelukkig gaan hy nou meer verdien, hy gaan nou seker geskors word MET betaling , nadat hy op “waarskuwing vrygelaat is” nou het hy nog meer tyd om te doen net wat hy wil met vergoeding, ek besef almal is nie so nie maar as jy mense se hard verdiende geld wat hy/sy somtyds onder moeilike omstandighede voor moet werk waar werkgewers werkers misbruik omrede werkgewers weet dat jy nie ander werk kan kry nie, as jy kan steel kan jy moor ,hoeveel ander kriminele is al deur hom gewaarsku wat nog steeds eerlike mense se geld steel en vermoor, hoop hulle sluit hom lank toe tussen die wat nie sy fooi wou betaal om vooraf gewaarsku te word nie!

Gert ·

Trek nou sy bank rek leeg en gee terug vir mense wat beroof is .

Pieter ·

Dis sulke voorbeelde wat die gevolg aanhits. Is dit ‘n inherente eienskap of kry hy dieselfde voorbeeld weer van sy baas. Gaan hy berispe word? Vir die daad of omdat hy uitgevang is? Tot watter rang gaan hy nou bevorder word?

Amanda Van Vuuren ·

Met n ‘waarskuwing’ vrygelaat??? ek lag myself id vlg eeu in….ag nee man hene!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.