Prasa meer as R360 miljoen kwyt weens diefstal, vandalisme

‘n Uitgebrande trein staan op ‘n stasie in die Wes-Kaap. (Foto: Twitter)

Die Passasierspooragentskap (Prasa) het verlede jaar R364 miljoen verloor weens vandalisme en die sabotasie van sy infrastruktuur en treine.

“Vandalisme, brandstigting en sabotasie het Prasa se vermoë om ʼn doeltreffende diens te lewer, beperk,” het die verkose komitee oor vervoer vandeesweek gesê nadat Prasa hom op die hoogte gebring het van sy planne om die skade wat aan sy stelsels aangerig word, te hanteer.

Volgens Prasa was daar tydens die afsonderingstyd boonop veel meer voorvalle van brandstigting en vandalisme.

Die nasionale tesourie het die afgelope week R900 miljoen goedgekeur sodat Prasa dadelik veilligheidsmaatreëls kan begin verskerp en die komitee sê hy neem kennis van Prasa se planne om ʼn kombinasie van tegnologie en menslike hulpbronne in te span om sy infrastruktuur te beskerm.

Altesaam 556 poste vir veiligheidsbeamptes is reeds geadverteer uit die beoogde 3 100 mense wat Prasa voltyds hiervoor in diens wil neem. Dié beamptes moet meer as 22 000 km se spoorlyne, stasie en ander infrastruktuur beveilig.

Die sentrale spoorlyn in Kaapstad en die Mabopane-spoorlyn in die Tshwane-streek is nie tans in bedryf nie en Prasa sê hy werk aan die herstel daarvan. Volgens die agentskap is werk vertraag deur die afsonderingstydperk wat weens Covid-19 ingestel is, diefstal en vandalisme.

“Die feit dat die spoorlyne nie operasioneel is nie, het ʼn regstreekse uitwerking op die armes en werkersklas wat die treine gebruik om by die werk te kom,” het die komitee gesê.

Onwettige nedersettings langs spoorlyne hou ook ʼn ernstige gevaar in en die komitee het Prasa gevra om nou saam met ander staatsdepartemente te werk om die probleem te stuit.

Treinwaens wat in November uitgebrand is. (Argieffoto)

Die vervoervakbond Untu het intussen ʼn beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, asook die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, gedoen om te verseker misdadigers wat staatsinfrastruktuur teiken, word behoorlik aangekla en vervolg.

Untu sê die Wysigingswet op Strafregtelike Aangeleenthede is spesifiek in werking gestel om as afskrikmiddel te dien vir georganiseerde misdaadsindikate wat openbare infrastruktuur teiken, maar tot dusver is geen swaar strawwe ingevolge dié wet opgelê nie.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, sê die vakbond was teleurgesteld met die onlangse vonnis van tien jaar vir Basarai Chimutanga (27) wat skuldig bevind is aan die diefstal van R300 000 se diesel uit ʼn pypleiding.

Harris sê dit is ʼn swaar straf vir die diefstal van diesel, maar dit sou veel swaarder gewees het as hy ook aangekla en vervolg is vir die skade wat hy aan die pyp-infrastruktuur aangerig het om by die diesel te kom.

Ingevolge die wetgewing sou hy tot 30 jaar tronkstraf opgelê kon word, of in die geval van ʼn maatskappy, ʼn boete van nie meer as R100 miljoen nie.

Transnet het die afgelope jaar miljoene rande weens die diefstal van brandstof verloor en minstens 69 voorvalle is binne net ʼn paar maande aangemeld.

Harris sê hoewel die vakbond dankbaar is dat die Valke in dieselfde tyd 14 verdagtes aangekeer het, sal hy steeds wil sien dat die verdagtes korrek aangekla word sodat hul vonnisse die erns van die misdaad kan weerspieël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jakes ·

Soos dinge die laaste 26 jaar verswak het is ek verbaas dat daar nog enigsins treine, busse en infrastruktuur bestaan. Maar kort voor lank sal dit ook tot niet gaan.

Kokerboom ·

Die oplossing is PRIVATISERING…Staat kry dit in jul koppe!!!Kyk hoe lyk ons paaie.
Kom leer by Namibia: Grondpaaie is in ‘n puik toestand. Tenders word uitgegee aan privaatpersone vir sekere padafstande wat hul moet skraap en onderhou. Inspeksie word gedoen en meeste grondpaaie ry beter as SA teerpaaie

Anel ·

Ek dink die taxibedryf is verantwoordelik vir die toestand waarin ons treine is, sowel as die vandalisme. As die treine loop, wat baie goedkoper is, gebruik mense dit eerder as die duur taxis. My mening

Heinrich ·

Kom EFF, julle spul groot bekke, wat is julle opinie oor hierdie terrorisme? Silence means consent, so julle is seker gelukkig dat hierdie brandstokers hulle demokratiese reg so uitoefen.

Persheks Adri ·

Terrorisme klaar! Waar’s die rooi petters? Nou is hulle stil, maar in Senekal ‘n helse lawaai gemaak mmmmmmm

Hercules ·

TELL US WHY?
White South Africans are often accused that their “sense of superiority”, their “white privilege” is the reason why the multicultural New South Africa and the Rainbow Nation is a failure. It is apparently the unwillingness of the white man to share property and wealth that is the cause of all the misery.
Now, if we look at the recent history of South Africa, we will discover that power was not won by struggle as the ANC and the rest of black South Africa claims.
The apartheid government could easily have hung on to power for at least another 15 years. The hand-over was done voluntarily through a majority “Yes” vote to a referendum by white South Africans in 1992.
And with power, quite a number of other things were wrapped up in the parcel.
26 years later we need to assess what was done with that and with this assessment comes the question:
Tell us: WHY must WE give even more?
Tell us: Why must WE respect what black majority government did with what was given to them?

Karlahari ·

Nou DIT meneer die staats aanklaer is wat jy noem:
TERRORISME

Suzette ·

En so vrot dit voort…. nie meer omdraai kans – so bestuur anc alles in die grond in.

Charles ·

Alles in hierdie land word verniel, kyk hoe lyk die plek. Ek hou my erf en alles daarop mooi en netjies , met die res het ek moed opgegee.

Jacobus ·

Brandstigting – nuwe sportsoort. Elk geval minder vaardigheid nodig as opbou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.